Só lyk Wes-Kaapse damvlakke ná onlangse reën

Theewaterskloofdam se watervlak styg. Foto: Henk Kruger/ANA

Die nasionale departement van water en sanitasie het Maandag gesê damvlakke in die droogtegeteisterde Wes-Kaap staan het gestyg na 53% ná die onlangse reën wat die provinsie ontvang het.

Die departement het in ʼn verklaring gesê die Theewaterskloofdam, die grootste dam wat water aan Kaapstad voorsien, se watervlak staan tans op 38,55% waar dit verlede jaar dié tyd op 19,61% gestaan het.

Rashid Khan, die departement se streekshoof, het gesê met meer reënval wat gedurende die res van die wintermaande verwag word, is die stygende damvlakke “ʼn merkwaardige” verbetering vir die werksekuriteit in die Wes-Kaap.

Khan het egter gewaarsku dat huidige waterbeperkings van toepassing bly en nie opgehef sal word voordat die damvlakke op 85% staan nie.

“Ons watersekuriteit is nou gesonder as wat dit ʼn jaar of twee gelede was tydens die verlammende droogte wat ons die laaste paar jare ervaar het. Ons gesamentlike pogings as een regering is om teen selfvoldaanheid te waak en saam te werk om hoër vlakke van watersekuriteit te verseker,” het Khan gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hoopvol ·

Watter water beperkings is nog van krag? Nog steeds net 40L per persoon per dag of iets in daai lyn? dis daarom bietjie rof. Die water vak is 2x so veel as laasjaar! Ook os die reen seisoen nog nie verby nie. So vlakke kan nog klim. Ek sal glo dat verslapte water beperking nog toegepas kan/moet word maar ten minste kan hulle tog bad en stort met meer as 40L per persoon? K’wonder maar net!

Anton ·

Mens stort maar vinnig so elke 48uur en die kinders 1keer per week ?

Wonder ·

Dit is goed dat beperkings nog geldig is. Om mense en dier deur die somer te dra is dit nodig dat damvlake eers behoorlik styg.
Erder spaarsamig nou te wees as later spuit.

Gemelk ·

Nog altyd gedink dat water ‘n reg is maar in die Kaap is dit net beskore vir die wat nie betaal nie (die sogenaamde armes wat meer as ons verdien) en die rykes, die gewone man op straat kan al lankal nie meer die water in die Kaap bekostig nie

Liedie Odendaal ·

Al die Eer kom God toe, Prys sy Naam. Damme sal 100% vol wees einde van die winter, want ons God is groot.

Magda ·

Ek stem dit is nie die regering wat bedank moet word nie. Ons moet vir Jesus dankie sê

SjN ·

Baie om voor dankbaar te wees, die Vader is goed vir sy kinders.

Flip Nothling ·

Ek is baie bly dat die damvlakke styg, maar ons moenie dat die foto’s van damvlakke ons mislei nie.
Damme wat enkele meters onder die volwatermerk is , is heel moontlik minder as 50% vol. ‘n Dam se oppervlakte en volume word buite verhouding groter hoe nader dit aan die volwaterhoogte kom. Die dam op die foto is maar 40% vol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.