Só lyk Wes-Kaapse damvlakke nou

Foto: Departement van water en sanitasie

Die damvlakke in die Wes-Kaap is die afgelope week effens hoër, maar dit is nog nie naastenby die vlakke op dieselfde tyd verlede jaar nie, volgens statistiek deur die departement van water en sanitasie.

Die damvlakke vir die provinsie staan op 25.17%, effens hoër as verlede week se 24.08%. Die damvlakke was verlede jaar teen hierdie tyd op 45.92%.

Die damvlakke was 17.6% op 29 Mei vanjaar.

Anton Bredell, LUR vir omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het gesê die jongste syfers sluit nie die naweek se reënval in nie, en die damme is moontlik selfs effens voller danksy reën van tot 50 mm in sekere gebiede en sneeu op die berge. Daar word steeds van die provinsie se inwoners verwag om water spaarsamig te gebruik.

“Ons moet seker maak dat die damvlakke herstel, so wanneer dit begin reën, moet gebruikers nie weer met die water mors nie,” het hy in ʼn verklaring gesê. Hy het gesê daar is steeds hoop dat die damvlakke teen Oktober op 75% sal staan.

“Ons is steeds in ons reënvalperiode. Die vraag is net hoeveel reën sal ons nog kry en hoeveel sal dit in die opvangsgebiede reën.”

Die jongste damvlakke volgens die nasionale departement van water en sanitasie:

Wes-Kaapse damvlakke (17 Julie 2017) Grafika: Departement van water en sanitasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

johnny_walker ·

Die Here gee die reen aan wie Hy wil , bly by sy Woord en die reen sal kom , hou jou hoogmoedig , eiewys en skeinheilig en jy sal swaar trek , dit is nou maar so

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.