
‘n Lugfoto van die Bergrivierdam tussen Franschhoek en die Paarl. Die foto is geneem in Junie 2016. Foto: commons.wikimedia.org.
Damme in die Wes-Kaap is nou meer as die helfte vol; heelwat voller as verlede jaar dié tyd.
Volgens die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkeling, is die gemiddelde damvlakke tans 51,9%. Dit is vyf persentasiepunte hoër as die 46,6% in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Die damme wat water aan die stad Kaapstad voorsien, is 69,9% vol.
In ʼn onlangse verslag deur die minister van water en omgewingsake, Lindiwe Sisulu, is die Wes-Kaap aangewys as die provinsie wat die meeste water bespaar en ook die betroubaarste is wat betref watervoorsiening aan inwoners. Luidens die verslag bespaar munisipaliteite hier 24,6% water. Die Wes-Kaap het ook ʼn groendruppeltelling van 83,1% behaal, die beste in die land. Dit beteken dié provinsie se water is die minste besoedel van al nege provinsies.
Volgens die departement se statistiek is die Bergrivierdam die volste (83%) van alle groot damme in die Wes-Kaap. In 2018 was dié dam 81% vol. Die Voëlvleidam is 71,2% vol; effens minder water as 2018 se 73%.
Die Theewaterskloofdam is 63,2% vol, teenoor 45% in 2018. Die Clanwilliamdam is 44% vol. Dié dam het minder water as in 2018, toe dit 50% vol was.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
welgedaan!!