Só maak mens om gehoor te word in onteieningsdebat

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die parlement se ad hoc-komitee oor die verandering van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, het in sy eerste vergadering van die jaar besluit om ten nouste met geloofsorganisasies saam te werk.

Verskillende godsdiensleiers sal dus op 17 Februarie met die ad hoc-komitee vergader om die geloofsgemeenskap se siening oor grondonteiening oor te dra.

Die voorsitter van die ad hoc-komitee, die ANC-LP dr. Mathole Motshekga, het aangekondig dat openbare insetvergaderings weer in alle provinsies gehou sal word, waar alle lede van die publiek welkom sal wees.

Die komitee sal in twee verdeel sodat die proses parallel kan loop (twee provinsies op ‘n slag). Die eerste openbare insette sal in Limpopo en die Noord-Kaap gelewer kan word in die week van 20 tot 24 Februarie. Die presiese lokale sal binnekort aangekondig word.

Die EFF-onderleier, Floyd Shivambu, het versoek dat die komitee nie weer presies dieselfde gemeenskappe besoek as wat die grondwetlike hersieningskomitee in 2018 gedoen het nie, sodat ander gemeenskappe ook ‘n kans kan kry om ‘n inset te lewer.

Die publiek kan ook op verskeie ander maniere hul inset lewer. Een daarvan is om ‘n e-pos te stuur na [email protected]. Nog ‘n manier is om te skryf aan die komiteesekretaris, mnr. V. Ramaano, Derde Vloer, Pleinstraat 90, Kaapstad, 8000 of hom te bel by 021 403 3820 of 083 709 8427. Solidariteit en die DA het veldtogte teen onteiening sonder vergoeding. Solidariteit s’n kan ondersteun word by onteiening.co.za en die DA s’n by protectpropertyrights.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Strandloper ·

Curiously…wat probeer die heidendom nou? Dit is seekerlik nie Christelike geloof organisasies nie? Nee wat ek sal my opinie lig waar my Drie Eenige God herken word naamlik Soldariteit.

Marie ·

Stuur met pos!!!!! Wat daai posstuk gaan nooit daar uitkom nie.

katerinadiekat ·

Dit maak my siek dat daar enigsins n debat kan wees oor hierdie komende diefstal. Want dis wat dit is, Diefstal, en geen fancy terme en benamings sal dit verander van wat dit is nie. DIEFSTAL.

Sokrates ·

Vanaf die vroegste tye, bv antieke Egipte as voorbeeld, heul politiek en godsdiens met mekaar en word godsdiens gebruik om verdere legitimiteit aan die heersers van die dag te gee. En godsdiensleiers staan maar al te graag hand om die blaas met die politieke magshebbers van die dag sonder enige kritiese nadenke. Inteendeel, dis eerder dikwels n onheilige alliansie van die een hand was die ander…… dis alleen n kerk wat vreesloos bly opstaan teen onreg en leuen, ook dié van die heersende politieke mag, wat homself kan ag die draer van die Goeie Boodskap te wees………

Chris ·

Waar kom die storie nou vandaan. Watter geloofsorganisasies praat die mense van. Hulle moet gerus by Esegiël 46 verse 17 en 18 begin, indien hulle aan die Chritelike geloof glo. Die besluit deur die regime om met die grondgrype wetgewing deur te druk is soos gewoonlik nie goed deurdink nie. My opinie is dat dit nie sommer sal plaasvind nie. Ondeurdagte opportunistiese politieke rampokkery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.