So naby, maar tog so ver in Townsville

Duane Vermeulen en Kie. stuit ’n All Blacks-aanval op hul doellyn. Die Springbokke het baie beter as verlede week gespeel, maar steeds 19 – 17 verloor. Foto: Twitter.

Dêmmit man!

Vir die tweede keer in hul Australiese avontuur het ’n suksesvolle strafskop in die doodsnikke van die wedstryd die Springbokke se drome gekelder.

Hierdie keer het Jordie Barrett se skop in die 78ste minuut van die wedstryd gesorg dat die All Blacks die honderdste wedstryd teen die Springbokke met 19 – 17 in Townsville gewen het.

Was die Kiwi’s vir die volle 80 minute die beste span op die veld? ’n Mens weet darem nie so mooi nie.

Die Suid-Afrikaanse voorspelers het die wedstryd oorheers – hulle het dinge moeilik vir die Nieu-Seelanders in die skrums gemaak, terwyl hulle ook ’n hele paar lynstaanballe gesteel het.

Dan het die All Blacks – wat wyd en syd as die beste aanvallende rugbyspan ter wêreld beskou word – soms lekker harde bene teen die Springbok-verdediging gekou. Hulle het ’n hele paar keer die bal aangeslaan, terwyl hulle ook net een drie in die wedstryd kon druk.

Tog het die Bokke ook ’n spul ongedwonge gemaak; om sewe strafskoppe in die eerste 20 minute van die tweede helfte af te staan sal enige span kniehalter. Dan kan daar ook meer op die aanval gedoen word as om die bal te skop. Maar hulle het rugby vir die volle 80 minute gespeel en die Nieu-Seelanders kon glad nie na hul gebruiklike hoër rat oorskakel nie.

Siya Kolisi het glad nie sleg gespeel nie en hy het met ’n paar baie goeie duikslae en lopies vorendag gekom. Foto: Twitter.

Natuurlik was daar ook ’n paar sê-nou-net-oomblikke.

Sê nou net Handré Pollard se doelskop ná S’bu Nkosi se drie was suksesvol? Sê nou net Herschel Jantjies het kort ná Barrett se suksesvolle strafskop eerder besluit om die bal na groot voorspeler te laat loop as om dit in lug te skop?

Daar is altyd dinge waarna ’n mens kan terugkyk, maar die All Blacks het oudergewoonte ’n rugbywedstryd teen die Springbokke gewen.

Ná verlede week se vernedering teen die Wallabies in Brisbane het die Springbokke inderdaad na Duane Vermeulen geluister; hulle was vandag ’n baie beter span.

En bogenoemde feit – om vinnig ’n sêding uit ’n sepiedraaiboek te leen – maak dinge seker selfs moeiliker om te verwerk.

Baie het gedink dat die All Blacks vandag die een drie na die ander sal inryg, maar Bok se kind het beslis nie vir die Kiwi’s teruggestaan nie.

Dit was so naby, tog terselfdertyd so ver. Vir Siya Kolisi en Kie. moet daardie twee punte eintlik soos 20 voel.

  • Puntemakers:

All Blacks: Drie: Will Jordan. Doelskop: Jordie Barrett. Strafskoppe: Jordie Barret (4).

Springbokke: Drie: S’bu Nkosi. Strafskoppe: Handré Pollard (4).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Corne123 ·

Gaan dink weer ons was baie gelikkig met n maklikenpad wereldbeker toe sederdien kon hulle niks doen nie tyd vir nuwe afrigter wat kon hy beryk sover?

casper ·

Weereens die verskil tussen wen en verloor is die skoppe na die pale wat mis is — Wat gaan hulle doen ???

mattk ·

Ja, so naby maar tog ook nie. Ons kan sê net wat ons wil, Handré Pollard se skopwerk het die Bokke al baie wedstryde gekos.

piet ·

Ek gaan nie veel se nie behalwe om die opskrif te verander na: Breinlose Bokke verloor soos gewoonlik teen aardsvyand met dom-rugby. Tyd om ‘n verandering te maak op losskakel. Goosen vir die jaareind-toer. Steyn sal ook beter vaar dink ek.

MakersMark ·

Bok voorspelers het met tye die All Blacks oorheers. En die bok verdediging het die “beste aanvallende span in die wêreld” pap geduik. In sulke wedstryde is leierskap en dissipline die uiteindelik bepalende faktore en met tye, veral laaste 10 min het die bokke dit gekort. Te veel besit weggeskop en iemand het laas week gesê “met Willie in die span sal die bokke definetief verloor”. Profetiese woorde. Hardste realiteit is die Bokke kon die een gewen het en kan enige dag met die beste in die wêreld kompeteer. Doemprofete wat hul so verlekker het laasweek in ‘n “reuse telling teen die bokke” – willempie, gewete, en al die all black waanabee’s – bokke het verloor ja. Maar somtyds jul rugbygode na baie gemiddelde spelers laat lyk.

piet ·

Kon gewen het as hulle bietjie slimmer gespeel het (soos om besit te hou in die laaste 3 minute en nie weg te skop nie). Dis nie dan tyd om risiko rugby te speel nie. Hierdie is dinge waarna gekyk moet word, maak dit maklik vir die spelers. As daar 3 minute of minder oor is en jy voor is op die telbord, mag jy slegs in een geval skop en dit is as jy binne jou eie 22 is (en dan moet jy die bal uitskop op so ‘n wyse dat die bal nie vinnig ingegooi kan word nie). Op enige ander plek op die veld behou jy besit en gee dit nie weg nie. As die opposisie die bal by jou afvat en punte aanteken, goed en wel, dan het hulle dit verdien. “Let them make the play”, hulle is agter.

Samuel ·

Verloor is verloor. Is die Springbokke regtig net “once off” kampioene?

piet ·

Ons het ‘n toernooi gewen, dis al. Nie die beste span in die wereld nie. Te veel klem word geplaas op een toernooi wat eintlik maar gewoonlik ‘n “gamble” is want enige van die top-spanne kan op die dag verras.

MakersMark ·

Ja in 1995, 2007 en 2019. Selfde hoeveelheid wêreld kampioenskappe as jou helde maar 2 minder toernooie (1987 en 1991) gespeel. Ook die B&IL geklop twee toere in ‘n ry die AB’s sleg die reeks teen hul kon deel. Definetief “once off”…….

Harley Davidson ·

Die Springbokke is gelukkig dat New Zealand nog teen hulle speel met hulle rasistiese kwota sisteem.

Pieter9 ·

Soos dit altyd is… Ons wen amper. Die Bokke het nie die ‘killer instincnt’ nie en geen ‘game management’ vaardighede. Ons is gelukkige darem nommer 3 in wereld rugby…tot November.
.

Willempie ·

“Sê nou net ….” wen nie wedstryde nie. Dissipline wel. Dit kon die AB’s wel doen. Bokke bly steeds “flash in the pan ” kampioene.

Kokkie ·

Die Bokke sal nie maklik weer so ‘n kans kry om die All Blacks te klop nie. As hulle dalk met die helfte van die balle wat hulle sonder sukses weggeskop het, met hulle agterlyn aangeval het, kon hulle die wedstryd gewen het. Die All Blacks was vandag hulle eie grootste vyand met al die ongeforseerde foute. Hulle gaan volgende week beslis verbeter.

Werner ·

Glo nie ons het eers teen hulle sterkste span gespeel nie.Hulle het vroer die week klomp veranderinge aan hul span gedoen.Hulle het hul swakker spelers ook n beurt gegee om te speel.Net n baie naiewe persoon sal dink dat ons ooit n kans gestaan het om te wen.

JN ·

Jy meet jouself teen die All blacks!

Hul is die beste, hul was nog altyd een van die beste so ver ek kan onthou..
Hul leef, hul eet hul bloei rugby met trots!
Sou die Basterbokke die All blacks gespeel het in die wereldbeker twyfel ek hul sou die wereld kampioene genoem geword het..
Die All black/ Basterbok wedstryd kon enige kant toe gegaan het.

Die manier van speel wat die Bokke toepas indien reg deur gevoer word is seker een van die min maniere hoe jy die All Blacks ooit sal wen! So wel gedaan basterbokke dit was naby in ag geneem
die” handicap”…

Net een of twee keer die bal weg skop minder op die regte tyd en een strafskop oorskop meer en die wedstryd was Suid Afrika sin….
So wel gedaan Basterbokke.. Nie te bad teen die eintlikke wereld kampioene nie..
In teen deel hul die Basterbokke speel met n gebrek in die eerste helfde veral..
Twee helfde was die skrum beter vra hoekom? Dit maak n verkil!!!!
Dis maar die handicap wat die Basterbokke mee sit…

Politikus ·

Handre Pollard se swak skopwerk kos die Bokke baie wedstryde. Met Morné Steyn op No 10 sou die Bokke gewen het

Leroux ·

Nee, met Johan Goosen het ons dalk ‘n kans. Met Morne sal hulle nog meer skop as wat hulle tans doen – as dit moontlik is. Morne veels te stadig vir rugby op dié vlak. Eerste stap, raak ontslae van Faf.

piet ·

Definitief ‘n meer kreatiewe losskakel kry en ek sal die skrumskakel kies wat die bal die vinnigste kan wegkry na sy losskakel. Herschelle Jantjies het in my opinie die vermoe om dit te doen, die akkuraatheid van sy aangee het ook baie verbeter. Ek dink Faf kan dit ook doen maar hy is nou al so vasgevang in die skoppery ek twyfel of hy kan verander.

Philip ·

Met alle respek ek het my belangstelling in bol/bol totaal en al verloor .Ek kon baie jare terug die spelers en hulle speel posisies in my slaap opse maar die nuwe VIVA ouens staan my regtig nie aan nie die hele ou spulletjie is te veel verpolitiseerd met die anc in beheer van alles.

piet ·

Ek sien Nienaber verdedig die skoppery teen die einde (en die res van die wedstryd). Se dis hoe hulle speel en dat daar spasie agter was vir ‘n skop. Ek dink 99% van mense wat iets van rugby weet, dink beslis jy moet die bal in hand hou as daar 2 minute speeltyd oor is, jy hou besit en al kom jy nie deur nie is die kans goed dat die opponent iewers ‘n fout gaan maak en jy ‘n kans het om die wedstryd met ‘n skop te wen. Sodra jy skop verminder jou kanse drasties om weer besit te kry. Dis eintlik logies maar ons afrigter stem nie saam nie. Hierdie Bok-span speel op geluk dat iets fout gaan met die opponent se vang van die bal met die hoe skop. Dit het baie keer gewerk vandag maar dit bly steeds vir my ‘n groot vermorsing om net die bal weg te skop. Ons speel hoop rugby….

Tubac ·

Ek wonder maar nou net. Is die Ref nie weer die sondebok nie?

jou gewete ·

nee die slag is dit Pollard, hyt mos alleen foute gemaak

jou gewete ·

wat saak maak is soos die sa ondersteuners so graag se looks at the score board. as die hond nie n bol gemaak het, het hy die haas gevang

Baardman ·

Jy kan nie n wedstryd wen sonder die bal nie. Weereens die meeste van die besit doelloos weggeskop. Skop en hoop vir die beste, dis SA se spelpatroon. So sal hulle maar teen min spanne wen

Johann ·

Verskonings Konings. Gelukkig voldoen hulle seker aan n “vol transformers” status? Is mos al wat saak maak.

Leroux ·

Flou kommentaar. Swakste speler op die velf was Faf, gevolg deur Pollard, Willie en Kwagga. Am en Nkosi moet meer bal kry. Sit vir Reinach in Faf se plek. Marcel Coetzee op 7, Johan Goosen op 10 en Cheslin op 15 en speel ‘n slag met die bal. So hard soos jy probeer kan jy nie transformasie die skuld hiervoor gee nie. Verander die spelpatroon. Kan nog steeds ons voorspelers gebruik, maar hou ten minste die bal.

Snowball ·

Stem saam Le Roux, elke keer dieselfde ou kool net met ‘n ander sous. As daar fout is met ‘n span, is daar fout en moet dit aangespreek word, ongeag die kleur van die spelers, maar dieselfde gehamer op dieselfde ou deuntjie (wat in elk geval vals is) is nou al soooo voorspelbaar en vervelig.

Chrisp ·

So waar Johann.
Wat die transformasie aanbetref besef jou kritisie nie dat die vrugte van die virus(transformasie in skole ) juis nou homself openbaar vir almal met verstand om te sien nie. Jy sien dit neem etlike jare vir die program om te misluk aangesien die kinders ophou speel en dit dan eers gesien kan word wanneer die kinders groot word in die provinsiale en internasionale kompetisies
Die kwota stelsel in skole gaan net aan en daarom sal die spansporte in die reenboog mite aanhou verswak.

Maar so baie sien die klere aan die kaal keiser……

Kobus ·

Sê nou net; FAF het nie so baie geskop nie. Sê nou net: FAF het het nie so baie tierlanteintjies agter die scrum nie. Sê nou net: die afrigter kies in vorm spelers. Sê nou net: Reinach en Goosen was skakelpaar met Polard op senter. De Elendig sal nooit n gaping kan sien nie want as / wanneer hy die bal kry laat sak hy sy kop. Hy sal n beter flank wees. Ek sien ook nie ons kaptein praat met sy span nie. Ref was uitstekend.

piet ·

Pollard kan definitief OOK nie ‘n gaping slaan nie, te stadig. De Allende is een van ons beste rotsvaste spelers en beste stormram senter (maar jy kan net een stormram in die agterlyn bekostig). Ons het ‘n skrumskakel nodig wat vinnig skoonmaak, ‘n kreatiewe losskakel en ware spoed aan die buitekant van De Allende. Om die rede sal ek definitief vir Kriel op buitesenter kies. Kolbe sal natuurlik terug wees op vleuel. Fassi op heelagter. My beginagterlyn: Herschell Jantjies (ek sal Faf kies as hy speel soos in sy Leeus-dae en nie net skop nie maar dit gaan nie gebeur nie), Goosen, De Allende, Kriel, Kolbe, Mapimpi, Fassi. Am is nie sleg nie maar te stadig vir buitesenter in my opinie.

Sênet ·

Dis die telbord wat tel die res van die wedstryd is bysaak

Snowball ·

Daar verloor die Bokke! Met 2 hele punte. Tot groot genot van die anti- Transformasie profete wat voorspel het dit sou met ‘n massiewe telling wees. Kon maar enige kant toe gegaan het. Die groot All Blacks was nou glad nie so oortuigend soos hulle aanhangers glo nie. Net terloops as dié wat die Bokke so slegsê en haat (wit, swart en bruin lyk my word darem ewe veel verafsku, sodra hulle die bok-trui aantrek) omdat politieke inmenging transformasie afdwing, moet asb onthou om te bedank uit hulle poste by maatskappye wat aan BBEE vereistes voldoen, want dis mos wat julle van die sportmanne verwag – boikot transformasie, so sit JOU geldjies waar dit tel en sorg dat jy niks ondersteun of jou brood en botter verdien daar waar transformasie afgedwing word nie.

Vrijburger ·

Strooipop argumente.

Meeste ex-ondersteuners is nie anti-transformasie nie. Maar, tranformasie is veronderstel om ‘n proses te wees aan die inset kant wat plaasvind omdat daar hulp verleen en geleenthede geskep word. Nie ‘n proses wat as kwota’s afgedwing moet word nie, want dan is dit diskriminasie. ‘Transformasie’ word net gebruik as kode woord vir diskriminasie.

Die bokke “haat”, verwag dat die bokke uit hul poste “bedank” ens het ek nog nie eenkeer raak gelees op hierdie forum nie? En dan die argument voer dat ex-ondersteuners daarom uit hul werke moet bedank opgrond van hierdie strooipop! Rerig?

Snowball ·

As jy ‘n ex-ondersteuner is, beweeg dan aan. Gaan gesels dan oor jou nuwe span en hulle prestasies in plaas van gal braak oor die bokke. Meeste van die All Black – aanhangers wat hier kommentaar lewer praat glad nie oor hulle spelers se prestasies, of noem eers hulle name nie, hulle wei net graag uit oor die mislukkings van die Bokke. Ondersteuners my agterent.

Vrijburger ·

Ek is jammer, ek kan myself weereens nie help nie – ‘Triggered’!

Vrijburger ·

Ek braak nie gal oor die Bokke nie, ek braak gal oor kwotas in SA rugby en sport. Ek boikot die Springbokke en alle SA spanne aktief. En waar ek ookal in die wereld gaan vertel ek vir die wat met my sport wil gesels as hulle hoor ek is van SA, dat ek alle SA nasionale spanne boikot agv die diskriminasie (in die geval rasse diskriminasie dmv kwota’s) wat op alle vlakke in alle sport soorte in SA bedryf word. En nee, ek sal nie aanbeweeg solank die ongeregtigheid voort duur nie.

Vrijburger ·

Ek is jammer, maar ek kan nie myself help nie – ‘Snowball is having a meltdown’.
Hie-hie.

Snowball ·

Eintlik net moeg vir mense wat transformasie beskou as die rede vir die Bokke se laaste swak vertonings. Is daar ‘n groter strooipop redenasie as dit? Die manier waarop die Bokke sleg gesê word is redelik intens – lyk vir my soos haat, maar as dit verskuilde liefde is, is ek seker verkeerd. As jy dan die Bokke uitskel vir ” teen gediskrimineer’ of getransformeer, moet jy alles boikot waar diskriminasie plaasvind, die maatskappy waar jy werk ook – maak dan jou standpunt oor BBEE, transformasie, kwotas of watookal jy dit wil noem, doen dit net konsekwent, nie soos ‘n skynheilge strooipop wat ‘n salaris ontvang van ‘n maatskappy wat blankes laat gaan om ander rasse bevoordeel nie.

Vrijburger ·

‘Transformasie’, BEE, kwota’s, AA ens is juis die rede vir die agteruitgang van SA in alle fasette en vlakke, ook sport. Kwota’s op skoolvlak wat reeds ‘n uitsifting proses is en talent verlore laat gaan, oa om eerder in die buiteland hul sport te gaan beoefen. Gebrek aan ondersteuning aan sportmense, finansieel en ander ondersteuning , soos nou bv gesien aan ons olimpiese atlete.

Met die spelers (ongeag ras) van die bokke het ek geen probleem nie. Maar die bokke is verteenwoordigend van die diskriminerend stelsel van kwota’s in SA rugby. So ja, ek geniet dit as hulle verloor. Net soos ek dit geniet as die ANC nie hul werknemers se salarisse kan betaal nie, of nog ‘n BEE korrupte nes oopgevlek word. Vir my ‘n vorm van geregtigheid.

En ja, ek het my baadjie gevat en geloop – so ja, ek het my geld gesit waar my mond is.

En gepraat van skynheilig – nou die vraag – hoe rassionaliseer jy jou ondersteuning aan ‘n diskriminerende stelsel?

MakersMark ·

Lyk my die kolonie ondersteuners haat nou sommer die bokke. Maar wat het in Italië gebeur ?

Lorna ·

Jong ek dink natuurlik uitstekende game
Baie groter pakslae verwag
Net probleem met daai dogtertjie ( FAF)
KAN NIE VERSTAAN HKM DAAI BAL SO WEGGESKOP WORD NIE
maar nou ja wat weet ek

Casper ·

Ek sê weer wat ek gesê het.Niksnaber het in die skadu van Erasmus afgerig en op sy eie gaan ons nêrens kom nie.Die agterlynafrigter was saam met Alister Cietzee ‘n totale mislukking en is nou weer.Ons kan maar nie leer dat die man met die fluitjie die laaste sê het nie.Ons staan te veel strafskoppe af maar dit pas my dan weet ek die bokkies gaan verloor.

SjN ·

Skeidsregter het goed geblaas, doelloos balle weggeskop en besit afgestaan,voorspelbare wedstryd plan het ons weereens die spel gekos.

Kokkie ·

Ek lees elders aangaande die twee kapteins in die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks: ………the sides will be led by leaders of colour for the first time…….. Nou wonder ek maar net: hoekom moet ras dan nou by alles ingesleep word. Sal alles altyd op grond van ras beoordeel word ?

Snuffelgids ·

Kyk maar reg oor SA rugby, ons het n skop pandemie op ons hande…of is dit op ons voete ???

Martie Smartie ·

Hulle n behoort games te beoordeel aan die hand van aantal driee gedruk. As dit gelykop is, behoort die span met die grootste persentasie gebiedsvoordeel, skrums/ lynstane/ losgemaal gewen, behoort te wen. Om te wen op skoppe is belaglik. Dis dan tot n groot mate n uitslag van watter skopper die beste is, nie span nie. Of van enkelinge wat strafskoppe afstaan, wat die res vd span se spel nie slegter maak nie. Wereldrugby behoort die hele stelsel te heroorweeg en meer regverdig en verteenwoordigende vd wedstryd in geheel te maak. Skoppers speel al donkiejare n bepalende rol in n game en dis tyd dat dit verander en die res vd span se spel die uitslag bepaal eerder as die skoppers.

Harley Davidson ·

Die All blacks speel die 15 beste spelers sonder om voorgeskryf te word deur hulle regering oor hoeveel spelers van ‘n sekere ras in die span moet wees ,nou wat verwag julle?

Snowball ·

Die mighty All Blacks span het verloor teen die Engelse in die vorige wêreldbeker, die dag toe dit sáák maak toe maak hulle dit eenvoudig nie tot by die finaal nie (maar dit word vergeet en vergewe) en die einste getransformeerde span wat teen al die pessimiste en doemprofete se voorspellings die wêreldbeker wen word uitgekryt as hulle 2 slegte wedstryde teen Australië het. . . Bwhahaha.
Dalk sukkel die Springbokke vir nog 2 jaar en dan dalk, net dalk werk dit so uit dat ons die chokers weer raakloop in die wêreldbeker en hulle weer wen. Want wat verwag jy van ‘n span wat roem op no 1 in die aanloop tot die wêreldbeker, maar OP die dag gaan verloor teen iets soos die Engelse?

Niklaas ·

Dit was naelbyt amper. Ons kon dalks gewen het. As Willie nie daai laaste strafskop afgestaan het met bal vashou nie. As Franco nie, soos gewoonlik, die bal verloor het in die laaste beweging, As Henchell nie sy laaste dom skop uitgevoer het nie. As Pollard net weer sy selfvertroue kan herwin. Hy het die kluts kwyt. Die Allblacks het ons dalks onderskat en het nou groot geskrik. Nou gaan hul beter voorbereid wees. Maar ons weet nou dat Bokke hul kan klop.

Linda ·

Hulle is geFaf! Weet hy dat sy spanlede die bal moet hê om punte aan te teken?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.