Só sê departement oor uitgelekte vraestel

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van basiese onderwys het Maandag gesê die Graad 12-wiskundevraestel wat aan leerders in Limpopo uitgelek is, gaan nie herskryf word nie.

Die departement het gesê ʼn ministeriële span wat aangestel is om die voorval te ondersoek, het bevind dat minder as 100 leerders van 10 skole in die Giyani-omgewing die vraestel in die hande gekry het.

Die misdryf het by Giyani High School aan die lig gekom.

Alhoewel die vraestel nie herskryf gaan word nie, duur die ondersoek voort en behoorlike stappe sal gedoen word teen die betrokke leerders, het die departement bygevoeg.

Tinyiko Elphas Khosa (52), wat daarvan beskuldig word dat hy die vraestel uitgelek het, se aansoek om borgtog is verlede week in die Giyani-landdroshof afgekeur. Khosa, wat ʼn onafhanklike kollege in die omgewing bedryf, is aangekla nadat hy homself aan die polisie se taakspan oorgegee het.

Die departement het bygevoeg die ondersoek sal bepaal of die geloofwaardigheid van die eksamen benadeel is. Khosa se bedryfslisensie vir sy New Era College word ook hersien.

“Ek wil almal bedank wat aan die eksamenstelsel deelgeneem het om seker te maak dat daar nie enige ander groot uitdagings aangemeld is tydens die 2016 nasionale senior sertifikaat-eksamen nie. Moderators, beamptes en diegene wat by die veiligheid en vervoer van die vraestelle betrokke was, het almal bygedra tot die sukses van die eksamen,” het minister Angie Motshekga gesê.

Nasienwerk begin op 1 Desember. “Ons bedank almal wat deur die Desember-vakansie gaan werk om seker te maak dat ons die uitslae op 4 Januarie 2017 kan bekend maak.”

Matrieks van 2016 kan registreer om ‘n SMS te ontvang sodra hul uitslae gratis op Maroela Media beskikbaar is. Klik hier om te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jaco ·

Skoolstandaarde is lankal so laag dat almal selfs sonder uitgelekte vraestelle sal slaag. Ek het ‘n jaar terug n matriek geskiedenis vraestel gesien en ek was verbaas oor hoe maklik dit was. En kon meeste vrae sommer net daar beantwoord. En ek was 31 jaar laas in matriek.

andrea van vuren ·

Probleem is, daardie kinders gaan wel slaag. Vraestelle word mos “opgemerk”. Hulle is ons volgende betogers by universiteite waar kinders wat hul punte eerlik verdien het, sal moet studeer. Ai hoe tragies…Andrea van Vuren

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.