Só sê EFF oor grondgrype, onderwys en verpligte diensplig

Afgevaardigdes by die EFF se verkiesingskonferensie in Bloemfontein, Vrystaat (16 Desember 2014) Foto: EFF, Facebook

Afgevaardigdes by die EFF se verkiesingskonferensie in Bloemfontein, Vrystaat (16 Desember 2014) Foto: EFF, Facebook

Die Ekonomiese Vryheidsvegters het Dinsdag gesê alle onbesette grond in die land moet oorgeneem word.

“Ons moet alle onbesette grond oorneem en met die regshulpbronnesentrum in verbinding te tree om diegene, wat besette grond het, by te staan,” het partylid Shelly Mokhothu aan die afgevaardigdes by die party se verkiesingskonferensie in Bloemfontein in die Vrystaat gesê. Sy het verslag gedoen oor besluite wat geneem is deur ‘n kommissie oor grond- en landbouhervorming. Sy het gesê Europese setlaars het die grond bekom deur baadjies en fietse vir die mense te gee in ruil vir groot oop stukke grond. “Dit is hoe die grond van ons weggeneem is. Die wet wat sê dat

jy nie die minerale onder jou grond mag besit nie, moet geskraap word.”

Partylid Barnard Joseph het op sy beurt aan die afgevaardigdes gesê die regering moet die Nasionale Studentefinansieringshulpskema (NSFAS) opskort en gratis opleiding vir almal beskikbaar stel tot en met ‘n eerste tersiêre graad. Hy het terugvoer gelewer oor die uitslag van gesprekke oor ‘n kommissie oor gesondheid en opleiding. Hy het gesê die departement van basiese onderwys en die departement van hoër onderwys moet saamsmelt en die minimumslaagsyfer op skole moet 50% wees. Die party moet glo ook ‘n beursfonds op die been bring om lede te help met hul studies.

Joseph het gesê die party wil hê die regering moet ‘n staatsfarmaseutiese maatskappy oprig en die gebruik van privaat farmaseutiese maatskappye kanselleer. “Gesondheidsorg moet gratis wees en beskikbaar wees vir almal,” het hy gesê. “Die regering moet ‘n beleid instel wat staatsamptenare verplig om van staatshospitale en -klinieke gebruik te maak in plaas van privaat gesondheidsorg.”

Hy het ook versoek dat dagga vir medisinale gebruik gewettig moet word.

Nog ‘n partylid, Khotso Morapela, het terugvoer gelewer oor gesprekke deur ‘n kommissie oor justisie en korrektiewe dienste. Die kommissie het glo ‘n jaar lank verpligte militêre diensplig vir jeugdiges en gratis regsdienste vir die armes voorgestel. “Om seker te maak dat die jongmense gedissiplineerd sal wees, sal dit verpligtend wees om ‘n jaar lank in die weermag te spandeer sodra hulle matriek afgehandel het,” het Morapela gesê.

Die EFF sal glo ook veranderinge maak aan die ondersoekproses en voorbereiding vir hofsake. “Niemand sal in aanhouding wees totdat daar voldoende bewyse is nie,” het hy gesê. “Dit lyk of die SAPD en departement van justisie slegs mense in hegtenis neem om hulle later weer vry te laat weens ‘n gebrek aan bewyse. Dit mors belastingbetalers se geld.”

Intussen het Julius Malema, leier van die EFF, gesê sy leierskapstyl is nie diktatoriaal nie. “Niks wat ek gedoen het dui op ‘n diktatorskap nie,” het hy aan die afgevaardigdes gesê. Hy het verwys na ‘n dispuut Maandagaand oor nominasies van bykomende komiteelede. Afgevaardigdes van Gauteng het uitgestap en buite gaan betoog. Hulle het Malema as ‘n leuenaar en diktator beskryf. Hulle voer aan Malema het die lys van genomineerdes op die afgevaardigdes afgedwing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

quintinn ·

Ek voel die skoolgeld moet afgestel word en die onderwyssers wat deur beheerliggame betaal word moet die pad gewys word, of moet in agter gebelewend gebiede ontplooi word ,Daar kan moes 50 kinders in n klas gehou word as die onderwyser dit nie kan doen moet die onderwyser NIE daar wees nie.

Die mediese behandeling moet deur Staathospitale gedoen word en ALLE privaat mediese fonds moet gestop word en DOKTERS moet VERPLIG word om in staathospitale werk Die dokter hanteer mense soos n nommer en as mens nie.

Mathys Doman ·

Lekker om met die belastingbetaler se geld te beloof. Ek wonder watter % van sy party se lede betaal belasting? ek dink < 5%

Gideon Erasmus ·

Hier is nog ‘n paar verspotte voorstelle- een keer per jaar trein of vliegtuigkaartjie na vakansie bestemming vir familie, R5000.00 per maand vir kos by enige supermark vir gesin met een kind, gratis motor per gesin asook brandstof, en dan moet ‘n ma wat swanger is se hele aanloop tot bevalling betaal word met minimum loon wat bygedra word vir die ma vir drie jaar sodat sy mooi na haar kind kan kyk by huis- nou is dit nou nie belaglik om sulke klomp snert kwyt te raak en op so manier sit jy in die parlement en kom ontwrig ‘n hele samelewing, en trek die hele land se ekonomie af tot die laagste moontlike vlak! Ek noem dit sabotasie!!

Dewan ·

Ai tog… n bydrae tot die demokratiese proses maar weereens dwaas en glad nie braaf genoeg nie. Waar is die regte omgee vir die land se mense? Hoekom hulle aanmekaar probeer omkoop met sensitiewe en emosionele sake en beloftes? Bemagtig hulle deur hulle op te lei en en sekerheiid te skep om beleggings aan te moedig sodat hulle kan intussen makliker werk kry. Politici moet ophou om te ‘grandstand’ en nie net in hul eie belang optree ie.

Neels ·

Ons moenie vir die klomp lag nie, hulle is n werklike krag in ons politieke vestel, hoe verregaande hulle idees en voorstelle ookal mag klink. Die EFF speel vir die massas en ons land se stemreg ondersei nie op grond van opleidingsvlak of % belasting bydrae nie. Op stemdag is almal gelyk en net syfers tel. Hierdie ouens se syfers groei daagliks.

petro ·

Quintinn, jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie! Hoop jy het dit sarkasties bedoel!

Riaan Slabbert ·

Petro nee, ek dink nie hy was sarkasties nie. Ek dink hy is rerig so dom.

Andries ·

Hulle praat niks oor die baie sterftes op die pad nie want soos dit nou aangaan met roekelose bestuurders gaan daar nie meer mense oorbly in die land nie.

Jan en Annatjie Karsten ·

Shelly Mokhoto, wat se fiets het jou voorouers in 1652 tot 1838 gekry? ‘n Raleigh? Belaglike standpunte en die mense glo hulle. Pateties en dan sit hulle in die parlement en ontwrig alles.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.