Só sê FW De Klerk-stigting oor transformasie by universiteite

Skermskoot uit die Luister-video (YouTube)

Skermskoot uit die Luister-video (YouTube)

Almal wat belang het in die toekoms van Suid-Afrika se universiteite en die toekoms van Suid-Afrika as ʼn multikulturele samelewing, moet kyk na die video, Luister, wat onlangs deur die Open Stellenbosch (OS)-beweging gemaak is, het die FW de Klerk-stigting gesê.

Dave Steward, uitvoerende direkteur van die stigting, het in ʼn artikel op fwdeklerk.org gesê die video verteenwoordig 32 onderhoude – hoofsaaklik met swart studente – wat betref hul siening van rasse-uitsluiting by die Universiteit Stellenbosch. Hulle kla oor subtiele en openlike rassisme tydens hul interaksie met wit Afrikaanssprekende studente, insluitend beskuldigings van rasse-mishandeling in studentekroeë en op die internet.

“Volgens hulle is een van die grootste probleme die feit dat nie al hul lesings in Engels is nie,” het Steward gesê. “Swart studente wat slegs Engels praat, kan nie die lesings volg nie en het gemeld dat die tolkdienste wat die universiteit verskaf, nie voldoende is nie.”

Hy het gesê Open Stellenbosch vorm deel van ʼn toename in rasse-mobilisasie by sommige van Suid-Afrika se universiteite.

“Die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit is verlede jaar gekasty oor inisiasieseremonies wat na bewering ‘Nazi’-salute geïnkorporeer het (alhoewel die bewering nie gestaaf is deur ʼn video van die seremonie nie),” het hy bygevoeg. “Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het nietemin onmiddellik ʼn hoëvlakondersoek beveel wat vinnig gebruik is om verdere druk op die kampus se oorwegend Afrikaanse identiteit geplaas.”

Steward het bygevoeg die Rhodes Must Fall-beweging het vroeër vanjaar by die Universiteit van Kaapstad eise gemaak – soortgelyk aan dié van OS – dat die universiteit se “koloniale kultuur” afgeskaf moet word en “snel vordering” gemaak moet word wat volle demografiese verteenwoordigheid betref in die studentekorps en die fakulteit. “Tydens hul betogings het hulle ʼn raadsvergadering ontwrig, geboue van die universiteit beset en anti-wit rassistiese aanmerkings gedreunsing. Talle van die persone wat op 1 September aan die OS-betoging deelgeneem het, was nie studente nie, en hulle is met busse na Stellenbosch vervoer. Die organiseerder het deelnemers bedank dat hulle aangesluit het in ʼn poging om ‘witheid’ te onderbreek.”

Volgens hom het AfriForum gesê swart betogers het in Xhosa gesing hoe hulle die wit mense gaan ‘slaan’.

Swart studente, een wat ʼn deelnemer was in die Luister-video, het verlede week wit studente met sambokke gejaag by die Elsenberg-landboukollege.

Volgens Steward is daar ʼn gemene deler in al hierdie voorvalle:
– om enige poging om minderheidstradisies en kulturele identiteit te behou, te vergelyk met ‘apartheid’ of ‘kolonialisme’;
– ʼn toename in die eis vir volle demografiese verteenwoordigheid in die studenteliggame en fakulteite;
– goed-georganiseerde veldtogte wat goed gefinansier is (“Wie het vir die 33 minuut lange Luister-video en busse vir die betoging op 1 September betaal?”); en
– vinnige en empatiese regeringsondersteuning vir swart studente se eise.

“Die OS se sin van uitsluiting het sy wortels in die feit dat hulle ʼn minderheid by ʼn universiteit is wat nie hul kultuur reflekteer of ten volle opleiding in die taal van hul keuse aanbied nie,” het Steward bygevoeg. “Maar, sou Afrikaanssprekende minderhede dan nie dieselfde gevoel van taal- en kulturele uitsluiting beleef het waar slegs Engels aangebied word nie? Die verskil is dat daar twee universiteite in die Wes-Kaap is waar enigiemand wat dit graag wil doen, uitsluitlik in Engels kan studeer – terwyl die Afrikaanssprekende meerderheid in die Wes-Kaap nou slegs een universiteit het waar Afrikaans (op ʼn gelyke vlak met Engels) steeds ʼn onderrigtaal is op voorgraadse vlak.

“Daar is geen grondwetlike vereiste vir universiteite om die nasionale demografie te weerspieël in hul studenteliggame of fakulteite nie, op voorwaarde dat hulle nie onregverdig diskrimineer teen enigiemand nie. Daar is egter ongetwyfeld ʼn grondwetlike vereiste vir opleiding by openbare onderwysinstellings in die taal of tale van jou keuse waar dit prakties moontlik is.

“Dit is duidelik prakties om universiteitsopleiding in Afrikaans te bied in ʼn provinsie waar Afrikaans die hooftaal is en waar daar ʼn universiteit is met ʼn lang tradisie van onderrig in Afrikaans,” het Steward bygevoeg.

Hy het gesê minister Nzimande aanvaar dat Afrikaans ʼn onderrigtaal op universiteitsvlak moet wees, maar ervaring het regdeur die wêreld, en in Suid-Afrika, gewys dat daar, waar ʼn wêreldtaal soos Engels op ʼn gelyke vlak in dieselfde instansie as ʼn streekstaal (soos Afrikaans) aangebied word, die streekstaal uiteindelik verdoof.

“Daar was bitter min teenstand teen die erosie van Afrikaans by Stellenbosch van studente, alumni en fakulteitsvlak – vermoedelik op die basis dat dit steeds gelyke status saam met Engels op voorgraadse vlak sal geniet. Universiteitsleiers is, heel verstaanbaar, hoofsaaklik besorg oor die bevordering en handhawing van akademiese uitnemendheid en om ʼn inklusiewe omgewing te skep vir studente uit al Suid-Afrika se gemeenskappe – eerder as om een of ander taal of kulturele agenda te bevorder.

“Hulle het aanvaar dat hulle hul instansies moet distansieer van hul ‘apartheid’ en/of ‘kolonialistiese verlede en so gou as moontlik na demografiese verteenwoordigheid moet beweeg.

“Prof. de Villiers het verlede week kritici verseker dat Stellenbosch so gou as moontlik transformeer. Hy het verklaar dat 50% van Stellenbosch se studente teen 2020 swart sal wees en dit benadruk dat die universiteit ontslae raak van oorblywende verbintenisse met die verlede, soos name wat met voormalige Afrikaner-leiers vereenselwig word.

“Dit sal ongelukkig nie genoeg wees nie: OS, Rhodes Must Fall en minister Blade Nzimande sal uiteindelik slegs tevrede wees wanneer studenteliggame, fakulteite en administrasies van al Suid-Afrika se universiteite ‘ten volle verteenwoordigend is’, of, om dit kras te stel – wanneer dit bestuur word deur, en die kultuur reflekteer van die swart meerderheid.

“Soos die laaste swart deelnemer in die Luister-video opgemerk het: ‘Die universiteit moet soos ons lyk – Suid-Afrikaners’, maar wat hy duidelik bedoel is dat dit moet lyk soos die meerderheid van Suid-Afrikaners.”

Steward skryf voorts dat, aangesien dieselfde argumente geldig is, die debat by Stellenbosch verreikende gevolge inhou vir die toekoms van Afrikaans-medium-skole – en vir die toekoms van enige openbare opleiding in Afrikaans (aangesien Afrikaans uiteindelik in parallel-medium-instansies deur Engels in die skadu gestel sal word).

“Dit laat vrae ontstaan oor die toekoms van Suid-Afrika as ʼn multikulturele samelewing. Die vraag is of, in multikulturele lande soos ons sʼn, daar nie openbare opleidingsinstansies moet wees waar ons minderhede – uit watter gemeenskap ook al, hul kulture en tale op ʼn nie-uitsluitingsbasis moet kan beoefen nie? Of moet hulle uiteindelik, in meederheidsgedomineerde instansies, uiteindelik dieselfde gevoel van kulturele en taaluitsluiting deurstaan waaroor die OS nou kla? En as dít so is, wat word van hul grondwetlike reg tot menswaardigheid en gelykheid?

“Wat word van die ideaal van Suid-Afrika as ʼn multikulturele samelewing?” wil Steward weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

anita ·

Solideriteit het die beste colleges vir net afrikaanse studente! My vriendin is engelssprekend en haar seun is nie goed in afrikaans, en hul het hom mooi gehelp..hy het studeer vir n milright.rerig mense stuur jul kinders soontoe!daars verblyf ookbeskikbaar…

Johan 2 ·

Lyk my die Kaap begin ook nou die vrugte van hul swak besluite pluk, dis dalk hoogtyd…nie dat ons n verskoning kan verwag van enige linkse nie…FW en hul “stigting” bly n vloekwoord net soos Transformasie n vloekwoord is.

helena malan ·

ASSEBLIEF!
As ‘n mens skryf oor sake wat ‘n belangrike invloed op iets soos Afrikaanse skole gaan he, kan die betrokke joernalis tog net die verskil tussen verRYKende en verREIKende naslaan? Dit is nogal die laaste plek waar ‘n verantwoordelike joernalis/subredakteur hierdie fout moet maak…???

Sune van Heerden ·

Dagsê Helena

Ons vra groot om verskoning vir dié fout wat ingesluip het!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

I was born and raised in Afrikaans. And, only received English as a medium of instruction during my final year at varsity also against my will and wishes but passed it with flying cokors. And, as a direct result of my good marks the lecturers had actually referred most of the Xhosa speaking students to me to assist them with their studies and they were all pretty successful. I used both Englisg and Afrikaans in my lectures with the result they were also forced to learn another language coupled with English. So fifty 50% of the lecturing time should be English and Afrikaans in order to include all students. Lecturers should be like our language practitioners in our courts of law be able to switch between languages in a split second when lecturing.

Jas Blanche ·

Mnr de klerk se stigting moet nie bekomerd wees nie daar is wigte en teen wigte

Johan 2 ·

Dankie vir dit Jas! Hoekom probeer daai mense nig iets sê, al wat ek hoor is nonsens.

Johann Marx ·

FW het ook gesê: Suid Afrikaners wat JA stem, stem vir:
1. ‘n Veilige toekoms vir ons en ons kinders.
2. Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede.
3. Ordelike hervorming en redelikheid.
4. Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming.
5. Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking.
6. Sterk en doelgerigte leierskap.
7. ‘n Eendragtige en weerbare Suid Afrika.
8. Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.
9. Die handhawing van ordelike regering en standaarde.
10. Veiligheid, Vryheid en Voorspoed deur geregtigheid.

Dit wil voorkom asof hy gelieg het.

Dave ·

Dit is wel dat hy gesê het soos jy aanhaal maar die HNP het vanaf lank voor die referendum verduidelik dat vir die land gelieg word. Die HNP het op eie koste ‘n koerant (Die Afrikaner) uitgegee en kleurvolle plakate gedruk en uitgestal. Daar is nie werklik ruimte vir die Ja-stemmers om nou hulself te probeer verontskuldig en die blaam te probeer skuif nie. Meeste van hulle stem buitendien nou vir die (destydse) Progresiewe Party wat hulself herdoop het as die DA.

Jacques ·

Ja toemaar hy het het geweet hy lieg, ek dink hy is n helse glomp geld in die sak gesit vir wat hy gedoen het. Die ouens wat nou die toutjies in die land trek het geweet ons ou goverment sou nie alles toelaat wat nou gebeur in land nie. Hoe kan mens nou n toekoms opbou vir jou self as jy kan sien daar is nie meer plek vir jou Iin die land nie.

Albert ·

Johann Marx – Dit wil nie ‘voorkom’ dat hy gelieg het nie hy het blatant ons mense mislei en belieg. Een voorbeeld is reeds oor die voortbestaan van afrikaans.
Op minstens twee geleenthede op Fokus met Kobus Robbinson op TV het FW de Klerk verduidelik dat die grondwet dmv PANSAT, ‘n artikel 9 instelling, van die grondwet bepaal dat geen taal se status wat dit in 1994 gehad het afgeskaal mag word nie en dat alle tale slegs bevorder en uitgebrei sal mag word – veral die agtergeblewe tale.
Hy het die Afrikaners die versekering gegee dat hulle nie bekommerd hoef te wees dat afrikaans bedreig of afgeskaal sou word nie.
HIerdie voorwaardes was dan ook so in die 1993 grondwet vervat. Met die rugraatlose Roelf Meyeris is hierdie klousule egter stilletjies uit die 1996 grondwet uitgelaat sonder dat FW de Klerk ons daaroor ingelig het. Is dit nie die ergste graad van misleiding, lieg en bedrieg nie ??
Die probleme wat ons met die behoud van Afrikaans vandag ervaarkan direk voor die deur van FW se geleig en bedrieg en Roelf Meyer se rugraatlose verraad gelê word.
Dis was al lankal tyd dat hulle tot verantwoording geroep moet word en aan die volk moet verduidelik hoekom ons so mislei is – die skade en gevolge is onherroeplik en onberekenbaar groot.

Michelle ·

haaaaa….en toe ry hy van die toespraak weg met sy blink nuwe slap voertuig na sy yslike nuwe paleis van n woning en sit toe en kyk hoe die judas fooi die bank inrol

Pieter van Zyl ·

Nou kom gee FW se stigting sy 10c? Praat oor Afrikaans? Nee Mnr. de Klerk niemand wil jou 10c hoor nie. Jy het die land in die gemors gedompel.

Nemesis ·

Miskien is dit tyd om 30 silwerstukke vir die stigting en sy baas te gee… in die openbaar

Johannes Meintjes ·

Ek sou wou aanbeveel dat daar opleidings instansies teweeg gebring word waar kulture hulself kan uitleef (en opvoed as hulle regtig wil). Die wie lankal reeds onderwysinstansies soos Stellenbosch tot stand gebring het moet die Afrikaanssprekende op stigtelike wyse dien. Die taal en kultuurgroepe wie verkies om te toyi-toyi, eise stel, op “entitlement” aanspraak maak en wanordelik wil optree, verdien hul eie instellings waar hulle dommer kan word, die personeel afwesig kan wees en die plek of mekaar kan afbreek. Sou jy verkies (met goeie rede) om by Stellenbosch te swot, dan is daar streng voorwaardes.

AH ·

Wat is die moonlikheid dat die kommetare na die p//p/l se sigting gestuur kan word

Fanie ·

FW het inderdaad ‘n gemors van die onderhandelings gemaak- maar die vorige bedeling wás in ‘n onvolhoubare doodloopstraat. Ons regse leiers se planne was ook belaglik. Kom ons beoordeel mekaar nie wie’t waar in ’92 gestem, maar wie doen wat in 2015. Laat ons nie vassteek in ’94- al voel ons verbitter oor hul ons waarskuwings as verregs afgemaak het. Daar’t intussen ‘n nuwe geslag grootgeword vir wie ‘n toekoms geskep moet word.

Dave ·

Jy sien, dìt is presies wat ek bedoel wanneer ek sê dat julle julself probeer verontskuldig en die blaam probeer verplaas. Julle probeer nou jul eie hande was en derglike stories probeer voorhou. Nou Fanie, sê jy dat die ‘verregse’ leiers se planne belaglik was èn jy praat bedriegklikheidsgewyse van ‘ons’ waarskuwings asof jy deel van ons was maar in dieselfde asem noem jy dit belaglik en soek verskoning daarvoor. Jy praat bedrieglik. Waarom sê jy nie presies wat belaglik was aan ‘ons’ verregse leiers se planne nie? Ek dink jy gaan nie antwoord op hierdie uitdaging nie.

Dave ·

Fanie, 18 ure later is die slotsom dat ek reg was toe ek gesê het dat jy nie gaan antwoord nie.

Mica ·

wel, Sanksies het ons gehad en raai wat na 20+ “we are heading there again” hulle leer verseker nie uit ander se foute uit nie nê? Mmm….. Maar at least is Al bashir veilig en ons oppad uit die wêreld hof….. Hoor ek n hiep hiep hoera?? Het niemand nig nooit gesê nie

Anita ·

Fanie se daar het intussin `n nuwe geslag grootgeword, ek stem, maar dis `n nuwe geslag wat nog steeds apartheid en transformasie in ons kele afdruk, op die einde van die dag gaan Afrikaans heeltemal onderdruk word, wat het dan van ons sogenaamde regte geword. Die meeste Afrikaans sprekendes is te bang om enigiets te se want dit beteken hofsake en koerant opskrifte, so hulle vloei maar saam met die stroom en wys altyd die vinger na ander en wat kon gewees het. Hoekom word daar aangedring om Afrikaanse skole en Universiteite te transformeer net sodat daar `n gemors daarvan gemaak kan word, soos bewys is in die res van die land. Gaan na `n skool of Universiteit wat klasse in jou taal aanbied, elkeen is geregtig om te studeer in `n taal waarmee hy gemaklik is. Sodra die oorskakeling gedoen word begin almal eise in te stel- dan kan ons maar totsiens se aan ordentlike opvoeding op enige vlak, die standaard is al klaar in sy peetjie in. Ek wil graag sien waar gaan ons “opgevoede” kinders enige werk dan gaan kry in die res van die wereld.

Pieter V ·

Anita , ons moet inderdaad optree en Solidariteit en andere ondersteun wat besig is om afrikaanse instellings op die been te bring soos om een te noem Akademia .laat ons Afrikaans sprekendes saam staan en en kinders na CVO skole en Soltech stuur vir opleiding,hoe meer mense hulle steun kan hoe vinniger kan hulle groei,ek is seker baie afgetrede akademici ,dokters, engineers en ander wat deur regstellende aksies geraak is sal sal daarby betrokke raak

Albert ·

Sune,
Kan Maoela media assebleif verduidlik waarom my kommentaar wat ek sopas gestur het nie geplaas is nie daar dit slegs suiwer die waarheid bevat het en geensins kwetsend of enige iets bevat het wat ‘n rede kan wees dat dit nie geplaas behoort te word nie.
Ek veneem graag van julle.

Albert ·

Sune,
Kan Maoela media assebleif verduidlik waarom my kommentaar wat ek sopas gesuur het nie geplaas is nie daar dit slegs suiwer die waarheid bevat het en geensins kwetsend of enige iets bevat het wat ‘n rede kan wees dat dit nie geplaas behoort te word nie.
Ek verneem graag van julle.

Sune van Heerden ·

Dagsê Albert

Kommentaar beland soms in ‘n mandjie waar dit per hand goedgekeur moet word. Dit neem dan soms ‘n wyle voordat dit op die webwerf verskyn.
Jou kommentaar is nou goedgekeur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Albert ·

Sune
Dankie vir die terugvoering en plasing – word waardeer.
Groete
Albert

Fanie ·

Dave, ek kan sien jy’s woedend oor die NP se optrede van die verlede. Ek ook. Maar ek laat nie toe dat dit my verhoed om aan die toekoms van die nuwe geslag Afrikaners te werk nie. Daarom steun ek al die projekte van die Solidariteit Beweging prakties deur bydraes. My verwysing na die regse leiers se belaglike planne het hoofsaaklik daarop betrekking dat dit nie rekening gehou het met die demografiese rewolusie wat destyds al gewoed het nie. Daar was wel enkele uitsonderings soos Prof Boshoff se Orania, wat venynig deur regse leiers aangeval is. Party wou die hele land behou, ander die Boererepublieke wat oorweldigend swart was ens. Daar was idees genoem soos Konfederasie ens, maar dis nooit tot werkbare staatkundige modelle uitgewerk nie, en was ekonomies nie deurdink nie. Daarom het die mense soos stemvee agter De Klerk aan gestem- in die misplaasde hoop dat hy ‘n plan gehad het.

Dave ·

Fanie, jy verras my deur wel te reageer (selfs al moes ek jou herinner). Jou antwoord is hierdie keer op ‘n interessante wyse meer deurdag en sinvol.

Miskien sal ek jou op my beurt verras deur te sê dat èk, ultra-regsgesind soos ek is, nie ‘n bewonderaar is van die Orania-doene selfs al het hulle ‘n pragtige getuigskrif. Dit klink vir my totaal en al sinneloos om ‘n onafhanklike staat te stig met ‘n swart kring daar om. ‘n Staat waarvan al die doanehekke lei vanuit swart state maw as hulle wil kan hulle bloot die hekke toe maak. Ek sou slegs veg vir onafhanklike grondgebied as dit kusgebied sou insluit met moontlikheid van ‘n hawe.

Een van die redes vir my voortdurende aanvalle teen nie slegs die huidige regering maar ook diè wie se ogies na 2 dekades oopgaan, is wanneer ek terugdink en onthou hoe ek selfs persoonlike vriende verloor het asgv my ‘reggesindheid’. Hoe ek by die ‘Nee-Tafel’ geignoreer was deur die ja-stemmers wat persoonlike bekendes was, in ‘n woordestryd geraak het met my onmiddelike bure wat die ‘Ja-Tafel’ was en bereid was om ter wille van my beginsels vriende te verloor. Wat het julle ons genoem? Herzogiete! Én Fanie, toe draai ‘n hele groep van die Ultra Linkse Nasionale Party se ondersteuners uit as ultra verraaiers en ondersteun die destydse KP (wat myns insiens gestig is deur De Klerk, Meyer, Botha & kie) en ondersteun Andries Treurnicht en Ferdi Harzenbergh in hul opposisie teen die HNP! So, toe veg ons teen diegene wat maak of hulle òns ondersteun maar hulle het hulself bloot beywer om die reggesinde stem te opponeer met ‘n identiese grondbeleid.

Pieter ·

Dis koddig hoe party lesers soms eise aan Maroela stel en ruimskoots kritiek lewer, terwyl hul dit gratis kry en self geen bydra lewer nie. Help bou aan Maroela voor jy jouself aanmatig om te kla soos die wat welsynstoelaes kry en dan klippe gooi omdat hul huise nie mooi genoeg is nie.

Fanie ·

Dave, nee ek’s nie verras dat jy wat jouself as ultraregs beskryf, nie Orania steun nie. Dit sal die dood in die pot vir Orania wees om ‘n ultra-regse beeld te kry. Ons is gematigde mense wat nie in vyandskap met ander mense wil leef nie, maar deel van die oplossing wil wees. Ons is nie vir onderdanigheid gebore nie. Groete.

Christie Joubert ·

Wat FW en sy “Afrikaan” maatjies vergeet, is dat al daardie universiteite gebou is deur die Boere. Afrikaners. Nou wil die afrikane dit net eenvoudig oorneem. Iets waarvoor hy nie gewerk het nie. Onthou net, ons het hoeveel keer al opgestaan en aan gegaan. Ons sal dit weer en weer en weer doen. TOT JESUS KOM! Sit dit in jou pyp en rook dit FW. Jy is en sal altyd n verraaier bly. Jy, Meyer en die hele gespuis wat vir ons gelieg het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.