Só sê hof oor Nkandla

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die konstitusionele hof het Donderdag beslis president Jacob Zuma moet die Openbare Beskermer se aanbevelings uit haar Nkandla-verslag volg en binne die volgende 45 dae persoonlik ‘n gedeelte van die geld, wat aan nie-sekuriteitsopgraderings spandeer is, aan die staat terugbetaal.

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het bevind dat luukshede op staatsonkoste bygevoeg is tot die eiendom, soos ʼn swembad, hoenderhok, beeskraal en amfiteater, en dat dit nie as bykomende veiligheidskenmerke beskou kan word nie. Sy het Zuma aangesê om ʼn redelike gedeelte van die R216 miljoen terug te betaal.

Zuma het meer as ʼn jaar lank geweier om die geld terug te betaal, en die EFF en DA het hom en Baleka Mbete, speaker van die parlement, hof toe gesleep.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Loeis ·

Wonderlike nuus, en ‘n oorwinning vir die oppergesag van die reg!

Kyk nou mooi, die Rand gaan ook (vir eers) so bietjie verstewig.

m ·

Die nar het lekker op die soustrein gery. Laat hy maar hoes daar kan baie met daai geld gedoen word. Hierdie mense het ook geen gewete nie.

NetSo ·

Stem saam Stof. Ek wonder net ook oor die sg ‘redelik bedrag’!

N ·

Hy moet ‘n “redelike bedrag” terugbetaal. Hoeveel is dit? R10.00 or R 10 000 000 .00

WL ·

As ek reg verstaan , moet die Minister van Finansies (Gordhan) die bedrag bepaal.

NET EKKE ·

Redelike bedrag terug betaal kom ons kyk redelik hoelank gaan hy vat om dit terug te betaal indien ooit

apie ·

Dink julle nou regtig dat Zuma daai geld gaan terug betaal? Hy gaan net weer die wet aanpas soos dit hom uitkom.
Moenie bly word van ‘n dooie voëltjie nie

Apie ·

Baie goeie nuus. Hy gaan seker daardie geld iewers vanuit die Staatskas steel, want hy is n skelm!!

Lewies ·

Maar hoeveel gaan Tesourie vasstel moet betaal word?
En sal die terubetaling eenmalig wees, of sal hy dit kan afbetaal?

marga ·

Wel, hy moet dit binne 45 dae terugbetaal…..as dit ooit sal gebeur maar ten minste 60% sal ek sê……die onnodigheid van skelm mense tog…….skuus skelm staatspresident!!!

smurfie ·

Ek persoonlik dink hulle moet ondersoek instel by al die ministers en so ook die mense wat hoë posisies bekleê in die staat.

Ek meen daar is minsters wat in staats huise bly en opgradeerings aan die huise doen wat ook nie nodig was nie. sommige van die huise staan net vol meubels sonder geen sig van enige mens daar of beweeging nie.

Die rede hoekom die land so geplunder word is dat mense wat goeie geld verdien in staats huise bly waar hulle kan bekostig om hul eie huise te koop en in te bly. ek meen hoeveel RDP huise kan opgerig word as dit regestel word dat minster vir hulle eie eiendom verantwoordelik is. Daar sal dan nie nodig wees vir enige plakkerskap van enige ras nie.

Die rand se waarde is ook groot deels die mense wat nie in hul eie land wil belê in ons produk nie. Die feit van die droogte speel n groot rol, maar ek weet vir n feit dat wanneer daar meer voorbereidings was en so ook meer in ons eie land se produk belê was sou dit omstandighede beter gemaak het. Ek hoop die affêre maak deure oop om plaasmoorde beter te ondersoek en om ook so mense beter te ondersoek wat moontlik korupsie pleeg. Die hele ANC gespuis is saam in die. Dit is nou tyd dat ons saam staan en saam die lewe aanpak vir n beter toekoms vir ons en ons kinders!!!!

johan ·

Volgens die begrote bedrag wat kabinet goed gekeur het in 2008 is daar R16000000.00 te veel spandeer. Sy 21 kinders het elk n vakansie huisie by gekry.(Sekuriteits huise). So hy het volgens my baie om te betaal. Dis nou te sê as die Min van Finansies kan somme maak

Banie ·

Hoeveel is ‘n redelikke gedeelte. R5 Miljoen. Vir my is dit R200 miljoen want dit kon onmoontlik soveel gekos het om die werk te doen.

Elize ·

Hy sal seker nou op Gordon se nek lê sodat die bedrag wat betaal moet word verdwyn. Gin wonder hy is so vinnig nader geroep om die land van ondergang te red nie, juis toe Zuma besluit het hy gaan gedeelte van die geld terug betaal. ‘n Gunsie vir ‘n gunsie

johan ·

Zuma se plan was Des van Rooyen maar toe dop hy n toets. Nou gaan hy moontlik nog meer braai na die hekse jag van die Valke

Zelda ·

Ons gaan daai geld terug betaal. Sonder dat ons dit besef. Hoe gaan ons werk like weet of hy die bedraggled betaal. En wat die bedrag geld is wat Hy werklik gaan betaal.

Johann Smith ·

Ek dink nie die oorwinning is die bedrag wat hy moet betaal nie. Wat dit ookal is ,sal die Guptas dit vir hom betaal. Dit natuurlik as hul die sekerheid het dat hy nog gaan aanbly as president. Ek glo nie die ANC leierskap wat baie dikvellig is sal hierdie skoot hul geld op ‘n perd sit wat nie kan wen nie. Hul besef dat die gebeure wat nou in die land afspeel fyn deur die wereld dopgehou word. Hul is nie meer die vryheidsvegters wat teen die “wit oorheersers ” beskerm moet word nie, maar die regerende party wat in 20 jaar ‘n vlorende ekonomie afgebreek het, en ‘n land op die pad na rommelstatus gely het. Zuma moet besef dat sy aandeel in die wapenskandaal nog nie verdwyn het nie, en as hy sy presidensieele beskerming verloor is die tronk sy voorland. Die ANC was nog nooit bekend dat hul openlike skandes van hul lede wat nie meer magsposiesies het nie ,steun nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.