Só sê Jacques oor roofkopie van nuwe boek

Omslag van die boek (NB Uitgewers)

Jacques Pauw het op sy Facebook-blad laat hoor hy word oorval met versoeke van mense wat hom wil betaal vir roofkopieë van sy pas uitgereikte boek The President’s Keepers.

Dit volg ná ʼn roofkopie van dié boek soos ʼn veldbrand op sosiale media begin versprei het.

“Ek gaan geen geld aanvaar nie. As jy die .pdf-boek het en jy kan bekostig om ʼn boek te koop, doen asseblief dít. As jy nie nou ʼn boek in die hande kan kry nie – lees die .pdf, maar bestel nog steeds die boek. As jy nie ʼn boek kan bekostig nie, lees dan die roofkopie, jy het my blessing,” het Pauw laat hoor.

Pauw sê verder dat dit nie vir hom oor geld gaan nie, maar oor die feit dat mense se ondersteuning hulle in staat sal stel om wettig die stryd met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) aan te knoop.

Volgens hom staar verskeie regsuitdagings, siviel én strafregtelik, hulle in die gesig.

Volgens Pauw het Exclusive Books alleen nóg 15 000 eksemplare van die boek bestel.

Maroela Media het vroeër berig die SVA het die boek se uitgewery, NB Uitgewers, versoek om die veteraanjoernalis Jacques Pauw se boek te onttrek en sekere dele van die boek te verwyder.

Die SVA voer aan dat sekere inligting in die boek strydig met die Wet op die Intelligensiediens is en dat die boek talle onakkuraathede bevat.

Die SVA se regsverteenwoordigers dreig voorts om hof toe te gaan om ʼn interdik te verkry wat NB Uitgewers verhoed om die boek verder te druk, versprei of te bemark.

Die boek was teen Vrydag reeds in talle boekwinkels en aanlyn winkels uitverkoop, maar is steeds as ʼn e-boek beskikbaar.

NB Uitgewers het Saterdag in ʼn verklaring bevestig ʼn roofkopie van die boek word wyd op sosiale media gedeel en het die publiek versoek om dit nie verder te versprei nie en eerder die skrywer te ondersteun deur ʼn eksemplaar te koop.

“Ons verstaan dat baie Suid-Afrikaners die roofkopie onskuldig deel en glo dit is uit protes teen die SVA se poging om dit te onttrek,” lui die verklaring. “Ons verseker egter die publiek dat die boek nie verban is nie. Ons druk meer eksemplare om aan die oorweldigende vraag te voldoen en sal dit so gou moontlik weer aan winkels verskaf.”

Die uitgewer het ook gesê hy beveg die SVA se pogings om die boek te laat onttrek.

“Die roofkopieë benadeel hierdie moedige skrywer wat alles op die spel geplaas het om te verseker dat Suid-Afrikaners weet van die waarheid wat daarin onthul word. Dit maak ook die uitgewersbedryf seer en is onwettig. As mense nie die boek in hul plaaslike boekwinkel kan kry nie, koop dit asseblief as ʼn e-boek op Amazon.”

Pauw se boek is op 29 Oktober vrygestel en onthul hoe belastingbetalersgeld ter waarde van miljoene rande glo in die bankrekeninge van valse spioene ingevloei het, asook dat Zuma ’n “salaris” van R1 miljoen per jaar van ’n omstrede tendermagnaat ontvang het sonder om dit aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

jan_alleman ·

ek is besig om die boek te lees , dit is ongelooflik hoeveel geld gesteel word in die land , die regering stel net in een ding belang en dit is steel , hulle beloftes aan die armes in die swart gemeenskap beteken niks , die apartheid regering het meer vir die swart bevoling gedoen as die anc

Callie ·

Mag SA opstaan soos een man en die skrywer op alle gebiede help as die SAID ooit so ver kom om te dagvaar.

Hennie Cloete ·

Lord, wat is nou eintlik jou probleem? Wat presies verstaan jy nie?

Boer ·

Dag maar net ek se, die skrywer was mos in die ou bedeling n vuurige vegter vir die NSA.
Hoe is dit moontlik dat hy daai tyd nie slim genoeg was om die rigting te kon sien wat SA loop en al die waarskuwings geignoreer maar vandag slim genoeg om al die vergrype te erken en die publiek wil inlug.
Ek sien dit so, jy sien die dwelim wet gaan verslap word en dan ondersteun jy die drukgroepe om net later n boek te skryf oor jou afkeur n dwelms, sien daar n lekker oudag pensioen.

Die waarskuwings was daar gewees vir almal wat wou weet en geen boek sal nou dit kan regstel nie.

Cherokee ·

Boer, ek vind dit wat jy sê heel interessant. Om ander redes as wat jy sou dink. Ek vind dit interessant omdat jy waarskynlik die waarheid praat want ons weet wie hy is maar jy en ek gesels met gebruikersname. Interessant omdat ek lank lank gelede al gesê het dat die DA-kiesers net so geheim gaan word soos die NP oftewel ja-stemmers van wie daar slegs 1 oorgebly het, by name FW de Klerk of miskien De Klerk en gesante by name Botha, Meyer en kie. Ek is een van die min mense wat kan bewys dat ek Nee gestem het omdat ek die voorsitter van ‘n HNP-tak was en die Nee-tafel hanteer het. Almal wat nou in forums skryf het nee gestem. De Klerk en kie was die enigste ja-stemmers maar hulle het gewen.
Askies soos in ‘n boere-askies vir die laaang relaas maar somtyds raak ek lus om af te wen.

Willa ·

Boer, tog het hy ontsnap uit die web van Diktator Zuma. Ek is dankbaar hy lig die mensdom met feite in wat miljoene nie besef het nie. Ek dink die skrywer het ten minste die balls om te praat

Johanna Botha ·

Die boek moet dadelik vertaal word in al die res van die amptelike tale …sluit chinees ook in !

Frikkie Geld en huis ·

Goeie idee, Johanna, maar hoeveel mense in die land kan lees?? Zuma self kan net hoofletters lees.

Ouvrou ·

Mnr Paul of uitgewer se bankbesonderhede asb. Het e-book ongevraag Ontvang en betaal graag. Ek het nog nie die link oopgemaak nie.

Liesie ·

Die skrywer het reeds gese hy wil geen geld he nie. lees die berig hier bo. as jy die pdf weergawe ontvang het, koop dan die boek ook en sodoende is jy nie n “roofleser” nir.

Ekke ·

Waar kry ek roofcopy? Ek is ook bereid om te betaal. Op plattelant gaan ons lank wag vir n boek

Kiepie ·

Ekke, jy bestel die boek op Take-a-lot en indien dit in voorraad is word dit binne 2 dae by jou voordeur afgelewer maak nie saak waar in die land jy bly nie.

Andries ·

Zuma, naas die Nasionale Party, is een van die grootste tragedies wat die land getref het. Beide het hulle self bokant die wet gehou en geskuil agter staats sekerheid. En natuurlik sal die staat bedreig wees as dit die staat is wat die land bedrieg. Want sonder die land, het die staat werklik waar geen bestaansreg nie – tensy mens glo aan ‘n diktatuur.

As hulle die boek verban, is dit elke persoon in die land wat nog omgee vir die mense wat hier moet bly, se plig om die boek te versprei.

Anti-Zumpi, ·

Hallo Andries, daar was darem n verskil tussen die ou NP en zuma se regime. Destyds was daar orde, n lewendige ekonomie, meeste goed het gewerk, self die meerderheid anderkleuriges was tevrede, hospitale en polisie was tops, en nou? Hoe kan jy die twee regerings vergelyk? Staats sekerheid. Wat beteken dit. Waar is die staats sekerheid vandag? Nee man. Ek stem saam, Mnr Pauw se waarheid moet versprei. Kyk net hoe be k.. ou Zumpi en Sars hulle self nou. KPMG was n vulletjie in vergelyking. O ja, die ou NP se mense was ook nie so arogant soos die huidige regime nie. Sies man, hulle is vrot en stink al. Die k– is nog warm, wag dat dit koud word. Oe wat n riller wag op ons.

Robert ·

Ek het ‘n ongemagtigde kopie (PDF) van hierdie boek. Sal met graagte die gedrukte kopie gaan koop om te verseker dat Paauw sy regmatige geld kry

Ada ·

Ek gaan ook koop want ek het dit ook op sosiale media ontvang

Boekwurm ·

Waar kan ek ń hardcopy koop? Sukkel verskriklik! Daars ń waglys

Dana ·

Sover ek kan onthou was hierdie skrywer ‘n voorste kampvegter vir die nuwe Suid Afrika. Hulle het gekry wat hulle wou gehad het en soos ek verstaan moet hulle tone nou omkrul van lekker kry…ek verstaan nie wat is groot ding agter die boek nie. Almal was al in die laat 80’s gewaarsku dat die swartes die land gaan plunder en ons mense gaan uitmoor. Om nou ‘n boek daaroor te skryf is van nul en geener waarde nie. Die vraag is hoe kom ons hier uit en verseker ons ‘n toekoms vir ons nageslag. Ek sal eerder van die slim Ja stemmers die boek daaroor wil sien. Ou FW, Paauw, Max du Preez en al hulle maats behoort koppe bymekaar te sit en ‘n bruikbare boek skryf oor hoe hulle die haas uit die hoed gaan haal en wanneer ons kan verwag dat die wigte en teenwigte so gaan werk sodat die land die voorspoed kan geniet wat hulle aan die mense belowe het. Toe mense soos ek gesê het dat die dinge wat in die land aangaan gaan gebeur as ons dit so goedsmoeds aan die swartes gaan toevertrou is ons uitgemaak as regses, vekramptes en doemprofete. As ek die boekie so bekyk kan Mr Paauw nou vir die HNP se koerant gaan werk want hy skryf nou wat hulle in die 80’s al voorspel het.

Andre ·

@ Dana – ek moet met jou saamstem. Ook met Cherokee en Boer se kommentaar. Pauw is soos Steve Hofmeyr wie die NSA se lof besing het, en toe “omgedraai” het omrede dit hul sakke gepas het. En ja, die spul ja-stemmers is nou kamstig dood en vol klagtes. Die probleem bly dat die kanker in ons eie geledere is. Moenie dink dat die liberaliste en die ja-stemmers hul deuntjie verander het nie. Enkeles het, die oorgrote meerderheid is steeds op dieselfde koers ongeag hul klagtes en wag steeds vir die beloofde utopia van de Klerk.

Kiepie ·

Dit, Dana, is juis wat Mnr Pauw merkwaardig maak. Hy het in die verlede opgestaan teen dit wat nie reg was nie (nl apartheid) en nou staan hy weer op teen dit wat nie reg is nie (nl korrupsie). Dit Dana, is hoe mens optree wanneer jou waardes in beginsels gesetel is en nie in lojaliteit nie.

Asjas ·

Ons weet al die dinge. Hoe gaan jy die boodskap by die massas (wat nie kan lees of skryf) of nie toegang het tot Internet (nuus), wat uitgelewer is aan zanc se leuns, tuisbring???

Awie Opperman ·

Ek moet eerlik wees, ek het baie van die details nie geweet nie. Jy kan gerus die boek lees, dit is skrikwekkend waarmee die regering wegkom. My enigste probleem met die boek is die deurgaanse verwysing na demokrasie, ons is defnitief nie ‘n demokratiese land nie, want in ‘n funksionerende demokrasie sal hierde magsvergrype tot die ANC se ondergang lei, helaas.

John ·

… ja, en dan is daar ook die Britse lord wat nou die Gupta’s & kie aanvat; dieselfde kerel wat haat en nyd gesaai het toe hy nog in SA gewoon het. Hoekom het hy nie ook gesien wat kom nie? Daar is vele sulke wyse gryses wat nou ‘wolf’ skree… te laat. Diegene moet ook nou maar soos ons versigtig loop, want verkeerde vriende gebruik jou net en pas net hul eie rug op.

Ondersteun hom! ·

Mense KOOP die boek dis al wat ek kan sê. al sê hy dit gaan nie oor geld, ondersteun hom. So ‘n bek moet jêm kry – in die geval Rrrr’e!

Domvraag ·

Die geskiedenis van Afrika het duidelik gewys wat gebeur wanneer massa oorneem. Talle voorbeelde in verlede soos Mau mau in Kenia Mugabe Zimbabwe ens. maar die wyse manne en kampvegters wat nou teen dit wat gebeur skreeu, het julle oogklappe aangehad en waar is die leiers wat almal so verkeerdelik ingelig het???

Oom Doug ·

Eerste wereld wet en standaarde sal nooit in die derde wereld werk nie. Stam reels werk en die meederheid van Suid Afrikaners verstaan net dit.
Soos vroer genoem ons het dit in 1980 geweet.

pieter ·

SUID AFRIKANERS KAN MAAR NET NIE SAAM STAAN NIE.DIE MAN PRAAT DIE WAARHEID OOR ZUMA NOU WORD HY AAN GEVAL.ZUMA IS HIER DIE PROBLEEM NIE DIE BOEK NIE ASB.

Carel ·

Dankie Pieter die hele spul sit die pot mis
Lees net die boek

Helene ·

Lyk my die reste van die HNP wat hier uitspoel is steeds nog net so onkundig as destyds :)))

Johan ·

Pieter, Carel,
Stem saam – maar een byvoeging. Dit is nie net Zuma wat die probleem is nie. Sy “cronies” (meeste ANC NEC lede) is ook die probleem, want hulle is eerstens kop in een mus met Zuma en tweedens as hulle nie is nie, hou hulle hom nog in sy amp as President.

Johann cb ·

Ek sou net graag wou weet hoe die boek in hierdie formaat op sosiale media beland het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.