Só sê LP’s oor Zuma

Prsident Jacob Zuma lewer sy staatsrede op 11 Februarie 2016 Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Prsident Jacob Zuma lewer sy staatsrede op 11 Februarie 2016 Foto: Elmond Jiyane, GCIS

LP’s het Dinsdag in die nasionale vergadering hul stem uitgebring in ʼn mosie om pres. Jacob Zuma in ʼn staat van beskuldiging te plaas.

Altesaam 233 LP’s het gestem dat die mosie nie goedgekeur moet word nie en 143 LP’s het gestem dat Zuma in ʼn staat van beskuldiging geplaas moet word. Alle LP’s wat in die nasionale vergadering teenwoordig was, het gestem.

Opposisiepartye het daarna die nasionale vergadering verlaat. LP’s het “julle is verraaiers!” en “julle het die land verkrag!” geskree toe hulle uitgestap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Lizl ·

Ja, 233 bang hulle verloor hul soustrein poste en die blink vuurwaens waarmee hulle rondry…

Sputnik ·

Nie rondry nie, rondjaag met blou ligte, asof iets hul jaag!!

Rynhardt ·

Destyds met Kodesa is daar geo derhandel dat alles eensydig en tot voordeel moet wees van Anc! Die Anc se oorwinning van 233 teenoor 143 spreek boekdele!Reeds op Maandag4April2016 het Die Burger se voorblad gelees:”Zuma:stem vir n swart leier.Ek is jul herder”.President praat skare bang ! DIT se alles vir jou! Dit bribg my by die volgende.DA kan nie Zuma diskrediteer nie, want hlself ondersteun Anc se Vryheidsmanifes wat teen Afrikaners diskrimineer! Land sit met n siek, sirkus-skouspel!

Wikus ·

Comrad Zumta kos die land alles wat goed kon wees. Hy en sy korrupte maaitjies voel vere vir Suid Afrika. Solank hulle net kan skêp

PJ ·

Gaan seker nou weer baie hoor hoe afgesaag my storie is maar staan by dit die wigte en teenwigte wil nou maar net nie inskop nie

Veritas ·

Marous jy het my dag gemaak. So’n bietjie skerp humor help om die morbiede gevoel te verlig. Moet asb nie daarmee ophou nie.

HEVW ·

Of is dit Bella se spene. Bella is n bulkat van n boklam. Ag ja kom ons bepaal voorlopig ons gedagtes by iets anders. Sal beslis beter vir ons geestesgemoed wees.

humor ·

Alles is nou weer blink en reg en die oorwinnaar z is heerlik selfvoldaan met die opvatting hy is waardig genoeg om nog n ekstra termyn te dien. Baie trots op homself.

Johan ·

Hoe raak mense binne die grondwet ontslae van ‘n korrupte president? Ek dink en dink en dink… Ek kom tot die gevolgtrekking dat’ n papier dokument dit nie kan doen nie. Mense moet dit doen. Maar wie? Mense wat deur die grondwet gemagtig word. Maar die mense word geïgnoreer. So die grondwet word geïgnoreer… Sien daar is nie so iets soos ‘die beste grondwet in die wêreld nie’. Daar is net goeie mense wat ‘n grondwet deurvoer. Ons het dus nie ‘n nuwe grondwet nodig gehad nie. Ons het mense nodig met’ n hoë morele standaarde nodig. Daar is maar min in SA oor… Moeilikheid…

Sus ·

Zuma het dit lankal sien kom en sy parlement volgemaak met redelike onnosele, soustrein-ryers. Natuurlik sal die hele spul bankvas agter hom staan vir een rede: om hulle sitplek te behou.
‘n Mens hoef nie ‘n profeet te wees om al van Kodesa se tyd, te voorspel dat dit wat nou gebeur, sou kom nie.

alida ·

Wees gerus JZ loop op dun ys. Een of ander tyd gaan hy sy agterent sien. Die ander partye gaan nie los nie. Glo my. Veral nie die DA en EFF nie.

Sarie vanheerden ·

Zuma gaan bly tot die einde van sy termyn want hy het verlede Sondag in Kwazulu gese hy is nou al ‘ n ou man met die idee om die “volk” voor te berei dat iemand anders sal oorneem. Buitendien is dit algemene kennis dat elkeen van sy kabinetsondersteuners ‘n geraamte in die kassie het. Hy het homself omring met mense soos hy.

Danie ·

Ek stel voor laat ons as belasting betalers hom uitstem….Ons het mos die reg op ons geld….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.