Só sê politieke analis oor Nkandla-terugbetaling

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Met net meer as ‘n week oor voor sy staatsrede en presies ‘n week voor sy verskyning in die grondwetlike hof, het staatspresident Jacob Zuma ʼn opskudding veroorsaak deur aan te bied om ʼn gedeelte van die Nkandla-skuldlas terug te betaal.

Na uitgerekte parlementêre samesprekings en debatte, asook veldtogte van die ANC se opposisiepartye om die skuld te delg, is die verklaring Dinsdagaand laat vrygestel. Die president stel voor dat die grondwetlike hof die Ouditeur-Generaal aanstel om ‘n bedrag te bepaal wat hy sal moet terugbetaal vir opgraderings aan sy Nkandla woning wat nie met sekuriteit te make het nie.

Politieke analis en senior dosent aan die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU Vaal), dr. Ina Gouws, voel nie dat hierdie aankondiging die president se lewe enigsins makliker sal maak nie. Terwyl vele spekuleer dat die verklaring gemaak is met die oog op die Staatsrede wat volgende Donderdag plaasvind, dink Gouws dat hierdie aankondiging nie op die dag van veel waarde vir pres. Zuma sal wees nie.

“Hy hou dit voor as ‘n oplossing vir die probleem. Dit word egter nie so gesien nie,” het Gouws gesê. “Dit word gesien as ‘n manier om homself uit ‘n situasie in die grondwetlike hof te kry: uit ‘n konstitusionele krisis wat hy vir homself geskep het. Die EFF het weereens gedreig om die dag se verrigtinge omver te werp. Hierdie aankondiging en enige addisionele sekuriteitsmaatreëls sal die president nie help wat dit aanbetref nie. Ons is op ‘n punt waar die president se geloofwaardigheid net te veel skade gelei het.”

Gouws voer aan die rede vir hierdie aankondiging lê eerder by die president se verskyning in die grondwetlike hof. “Die EFF se regsaksie teen die president is geskeduleer om homself volgende week in die grondwetlike hof af te speel,” het sy verduidelik. “Die beslissing hiervan sal die Openbare Beskermer se woord, wet maak. ʼn Uitspraak van die grondwetlike hof teen die president, sal beteken dat die Openbare Beskermer se bevindinge in die toekoms bindend sal wees en uitgevoer sal moet word. Daarom het die EFF en UDM reeds verklaar dat die twee partye nie tevrede is met die president se aanbod nie en dat die regsproses sy gang moet gaan.”

Gouws meen wat hierdie aankondiging interessant maak, is dat dit daarop dui dat die druk uiteindelik so groot geraak het, dat die president maar moes toegee. “Dit beteken dat daar geledere binne die Nasionale Uitvoerende Gesag is wat wil hê dat hierdie saak dringend opgelos moet word. Veral met die verkiesing wat voorlê. Hulle is op verskeie vlakke, in verskeie areas, in die moeilikheid. Die ANC sal ten alle koste wil vermy om nog ‘n president te moet herroep,” het sy bygevoeg.

Volgens haar is daar binne die party verskeie onderstrominge en dit gaan nie goed met die party nie. “Na die laaste lekgotla is daar duidelike faksies binne die party,” het sy gesê. “Sommige vir die president, vir Cyril Ramaphosa, die Jeugliga en Matthews Phosa wat weer terug is in die party. Dit word al hoe moeiliker vir diegene wat lojaal was aan die president, om so te bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Barend ·

Hoeveel kontant het hy in die Dollar in gedruk voodat hy die Rand belemmer het met sy “dom” keuses en uit latings? So het hy miljoene rande in gesamel en nou skielik kan hy betaal. Seker maar n conspiracy maar dis my mening. Sit R10 in terwyl hy R10 werd is, gebruik elke trick in die boek om jou R10 na R17 rand toe te kry, cash uit en sit met n groot beloning. Dink dis slim gespeel.

johan ·

Mense dink net vry behuising vir sy kinders 21 polisie kwartiere= 21 kinders

Ben ·

Die skrif is aan die muur vir hom. Die EFF het hulle mes in vir hom. Die DA en ander is lankal [email protected] eie kaders raak so bietjie dik vir sy speletjies. Hy maak nou benoude spronge want hy probeer red wat te redde is. Het hom lanklaas gesien lag – seker so bietjie bekommerd. Ja nee Zumpi, “it’s payback time “. Hierdie Nkandla uitstappie gaan uiteindelik jou geld, waardigheid en jou cosy joppie kos.Shame.

maritz ·

As hy se hy gaan betaal dan is hy mos skuldig . Kla hom aan en kry hom in die trok .

Oom Boer ·

Nou-ja toe Nr 1 het darem besef die komende munisipale verkiesing is belangrik om hom en Kaders in die goue stoele te behou. O’ja wat sou die die huidige beleggings rente koers deesdae gewees het op die geleende geldjies – wonder net?. Dalk moet Nkandla vakansie oord opgeveil word om Jan Tax en Jan Publiek te vergoed. Dankie aan die Gupta’s en onlangse petrol verhoging vir die aangename bydrae tot terugbetaling.

Johannes Meintjes ·

Die Nkandla debakel strek veel wyer. Waarom ‘n Zulu tuiste eenkant skep as die President eerder ‘n groot dak-suite op ‘n gebou in multi-kulturele en tussen die sub-kulture van Hillbrow kon gebou het? Is Nkandla nie ‘n reuse manifestasie van rassime, of die behoefte aan kulturele vryheid binne die reenboognasie se gedrang nie? Terugbetaal is die regte ding om te doen vir die verkeerde ding.

Sarie ·

Die groot uitdaging gaan wees hoeveel hy bereid is om terug te betaal. Dit gaan niks help as hy byvoorbeeld net bereid is om R1 miljoen terug te betaal nie. Daar is reeds ‘n bedrag in die openbare beskermer se verslag voorgestel en die belastingbetalers en die ander politieke partye moet met niks minder tevrede wees nie. Ek voel hy behoort nog meer terug te betaal as wat voorgestel is neem maar net die 21 lee huise in die kampong!!

alida ·

Ag mense hy se hy gaan terugbetaal. Hoe gaan ons gewone mense ooit weet of hy iets terugbetaal het. Die hele spul is skelm en ek se julle hy sal nie ‘n sent terugbetaal nie.
Hy doen net wat hy wil en sy kaders beskerm hom !!! Glo my.

Christo Pienaar ·

Maak nie saak watter kant toe nie – betaal hy die geld terug gaan dit in elkgeval belastinggeld wees. Betaal hy nie terug nie, dan het ons belastingbetalers betaal. Eindig dit in die betaal die belastingbetaler sy regskoste. As hy ‘n Japanees was, sou hy geweet het wat die regte ding gewees het om te doen natuurlik met sy assegaai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.