Só steel en verloor soldate wapens, ammunisie

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging (Maart 2017) Foto: GCIS

Besonderhede oor die wapens en ammunisie wat die afgelope drie jaar deur personeel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gesteel of verloor is, is in die parlement deur die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, bekend gemaak.

Sy het ook die strawwe aangekondig wat die skuldiges opgelê is in die sake wat reeds afgehandel is. Sommige van die vervolgings duur egter lank en is nog nie afgehandel nie.

Die inligting is verskaf in antwoord op ’n skriftelike parlementêre vraag deur dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Vir die geldjaar 2016/’17 is elf pistole, tien gewere, vier masjiengewere en 36 handgranate gesteel of verloor.

Die syfer vir die 2017/’18-boekjaar is nege pistole, vyftien gewere en ’n verskeidenheid ammunisie, te wete 155 rondtes R5-patrone, vier LMG-rondtes en 60 rondtes R4-patrone wat op uiteenlopende wyses verloor of gesteel is.

Die bevestigde syfer vir 2018/’19 is tot dusver merkbaar laer, met vier pistole en drie gewere wat tot dusver verloor of gesteel is. Die ammunisie betrokke is sewe rondtes 9 mm-koeëls en 330 rondtes R4-patrone. Die patrone betrek twee afsonderlike gevalle.

Die strawwe wat die skuldige SANW-personeel opgelê is, wissel en is in sommige gevalle baie omvattend. Vir die diefstal van ’n R4-geweer is ’n soldaat twaalf maande detensiebarakke (DB – die militêre tronk) toe gestuur.

In die geval van die 36 handgranate is twee SANW-personeellede elk 42 jaar tronk toe, terwyl die twee wat vier Uzi-masjiengewere gesteel het, ook elkeen 42 jaar tronkstraf gekry het. Die koper van die Uzi’s is vir ’n jaar tronk toe gestuur.

Vir die verloor van ’n 9 mm-pistool is R4 000 boete en tronkstraf vir twee jaar, opgeskort vir drie jaar, opgelê, vir ’n verlore R4 was daar in verskillende gevalle en omstandighede tussen R1 000 en R5 000 boete, ’n gesteelde R4 het twee jaar tronkstraf beteken.

’n SANW-personeellid wat ’n Star-pistool gesteel het, en ’n ander een wat R4-ammunisie verloor het, is albei afgedank, het Mapisa-Nqakula gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Heinrich ·

Moet erken, ek vind dit vreemd dat hulle sulke akkurate syfers kan gee van presies watter soort ammunisie, soos ek enige staatsdepartement se administrasievermoë glad nie vertrou nie. Miskien kan hulle tog beter wapenstore bestuur as wat hulle kan marsjeer, maar ek dink daar is baie meer wat niemand van weet nie…

Nic ·

Ek stem 100% saam met jou Heinrich. Die syfers is beslis uit iemand se duim gesuig.

lewies ·

Wonder wat word gedoen om die wapens en ammo op te spoor. Hulle gaan seker wag totdat dit in ‘n rooftog gebruik is.

Ruaan ·

Jy is reg Willie. In ons tyd was daar beheermaatreëls wat streng toegepas was. Vandag vat die ouens op pad werk toe in Bloemfontein sommer kortpad deur Tempe. Ek en my skoonseunhet eendag na Tempe gery: die “boom” het oopgestaan, ons het deurgery en die wag het vir ons gewaai. Anderkant deurgery. So maklik soos dit.

Gert J ·

EN SO WEET DIE WERELD WAAR DIE WAPENS VANDAAN KOM WAT IN PLAASAANVALLE GEBRUIK WORD. STRAWWE IS TE LIG WANT DIT WORD GEBRUIK OM ONSKULDIGES TE MOOR.

Speedguard ·

Hoe beroubaar is die Stats, geen stelsel werk huidiglik nie, ek betwyfel die stats ten sterkste! Dit is ‘n skande, om die minste van dit te se!!

CJ ·

Speedguard ek stem saam. Daar is geen verskil tussen R5 en R4 ammunisie nie,
En as hulle elke patroon tel, kan hulle nie baie hê nie – LoL

JohanL ·

Onthou net die SANW sal nie erken dat hul voorraadstelsel nie werk nie – dit sal darem eers sleg lyk :)

Buite Stander ·

Ek is seker ‘n paar Ratels, Rooikatte, Olifant tenks, Grippens, ‘n Rooivalk en ‘n duikboot is ook AWOL. Om nie eens van missiele te praat nie. Gelukkig is die kernbomme na bewering vernietig.

Dries ·

Betroubaar of nie, die vervolgings moet verwelkom word!

Di SAPD verloor duisende wapens en mens hoor ni van enige optrede/aanklagte en of skuldigbevindings ni…

honourable member ·

Ja en wat word daaraan gedoen. Word dit ooit ondersoek. Twyfel want dis die wapens wat vir hierdie transito rooftogte gebruik word…. So val die land maar uitmekaar.

Michael P ·

Ek lees hier die koper is vir n jaar tronk gestuur Wat wou hy met die uzies doen TRANSITO ROORTOGTE ?. In my dae as hulle jou met een R1 patroon gevang het het jy nie gou die buite lig gesien nie Die ou manne sal weet waar van ek praat.

CJ ·

Michael P. Jy is doodreg. Jy kon nie sommer net ammo vat nie. en as jy klaar geskiet het en jy verklaar” geen skerp punt ammunisie aan my nie” en hulle kry dit by jou is jy kas toe en vandaar DB toe.
Nou moet hulle die wapens ook bright rooi verf sodat hulle dit ook kan opspoor as dit weg raak

Saint ·

Van al die duisende wapens in omlooop in die weermag is dit gewoon ongelooflik dat die syfers so laag is.
Hier is n slang in die gras.

K ·

“verloor” nah, verkoop, of gebruik dit self in rooftogte en moorde.

Chris ·

Ek glo nie haar statistieke nie. Kyk maar hoeveel militere vuurwapens is in omloop by plaas aanvalke, transito rooftogte en politieke moorde. O ja dit word seker net geleen of gehuur vir elke geleentheid dit is hoekom daar so min vuurwapens en amunissie weg is . Daar is geen beheer by die weernag basisse nie

B-man ·

Moet dit nie R-4 (die wapen), met koppelteken, heet nie? R4 lyk soos geld en is verwarrend wanneer dit saam met die boetes (R4 000) gelees word.

Anja van der Merwe ·

Dagsê B-man

Dankie vir jou kommentaar. Dit moet inderdaad R4 sonder ‘n koppelteken wees.

Groetnis!
Anja
nms Maroela Media

Pieter ·

Nou wat op dees aarde is die verskil tussen n R4 en n R5 rondte? Net die feit dat dit so gedokumenteer word skyn n groot lig op die vlak van onkunde in die weermag

Alfred ·

Diegene wat hierdie statistieke glo is waarlik naief. Duisende wapens en ammunisie van die weermag verdwyn jaarliks-praat met hulle wat self daagliks daar is. Die weermag het geen idee wat hulle het en wat hulle nie het nie. Die minister sal nooit ooit die werklike statistieke gee nie-eerstens omdat dit onmoontlik is om met die weermag se chaotiese administrasie enige statistieke korrek te vind en tweedens omdat hulle weet dis duisende en nie ‘n paar wapens en ammunisie nie.

LOL ·

As jy nie weet wat jy het nie, kan jy nie tel wat jy verloor nie. Die minister moet maar weer probeer.

Waneer val ons Lesotho weer aan en die “medics” moet die bakleiwerk doen want die soldate het gevlug?

Jerry ·

Die statistiek wat die minister bekend maak is maar net die oortjie van die seekoei, veral wat ammunisie aanbetref. Diegene wat gedink het hulle is goed bewapen vir enige gewapende konflik moet maar weer mooi gaan dink!

Anoniem ·

Grote genugtig, die 9m Star Pistole en 9m Uzzi’s is alreeds in die vroeë 90’s uitgefasseer. Hou die SANW die goed as aandenkings?

DB Jaeger ·

Daar was ‘n tyd toe ons nog ‘n Weermag gehad het…lank,lank gelede. Nou het ons die room van die skuim….

Johanna Botha ·

Die weermag en polisie is net PATETIES ….N JOKE !

BlinkStephaans ·

Lyk dit vir julle of dié tannie enigsins ñ idee kan hê waaroor verdediging gaan? Ek kan nie help om te wonder wat was die vereistes vir die pos. Kan sy ooit ñ 9mm en ñ R4/5 rondte uitmekaar ken? Ek voel sommer baaaaie veilig noudat ek weet sy is in charge van verdediging… eish!

Oujongvrou ·

Hulle ruil n boks rondtes vir n bottel brandewyn. En dit is nie opgemaakte storie nie. Hulle dra die weermag se amunisie weg.

marous ·

Waarom is die wet op minimum vonnisse nie op hulle van toepassing nie ? Want hulle is nie wit nie !

Alida ·

Mens kan niks anders verwag nie. Disipline in AL die departemente het verdwyn net soos wat miljarde rande elke dag verdwyn. Hulle skep werk en gee dit aan die werksoekers en NIE aan mense met die nodige vaardigheid, ondervinding en integriteit nie. Die wapens word seker op die swartmark verkoop want elke jan rap en sy maat het ‘n wapen waarmee hulle verwoesting saai. Ai CR maak tog oop jou oë.

J ·

Wonder wie bluf sy, vra eerder hoeveel wapens het hulle na 94 gekkry by ou weermag en hoeveel bestaan nog vandag, statestieke suig hierdie een uit haar duim, want sy weet nie eers hoeveel wapens weermag het nie, wet haar daar is nie eers n oordentlike stelsel in plek om dit na te gaan nie

Jerry ·

Johanna wat sou jy gemaak het as die eff en afriforum jou rolle as soldaat en polisieman probeer oorvat? Hoekom dink jy versuim die polisie om hulle pligte uit te voer en gaan hou eerder lekker vakansie, nie stress verlof nie, vakansie? Want afriforum doen hulle werk sommer namens hulle! n Mens kan seker ook daaroor debatteer oor hoe effektief afriforum dan nou ook eintlik in hulle rolle as wetstoepassers is gegewe plaasaanvalle, rooftogte statistiek ens!

Lord Oom Piet ·

n Rondte en patroon is een en dieselfde ding. Die weermag gebruik feitlik uitsluitlik die term “rondtes” ipv patroon.

R4 en R5 gewere gebruik dieselfde 5.56 mm ammunisie en n LMG (Ligte Masjiengeweer) gebruik dieselfde 7.62 mm ammunisie as die R1 en FN.

Gys ·

Hulle bedoel seker kaste ammo en nie net enkele rondtes nie. Het al teveel hehoor wat weg gedra word. Glo ook nie die tronk straf is reg nie.

Lord Oom Piet ·

Ek dink die artikel bedoel “kiste” ipv “rondtes”.

rondtes =koeëls=patrone.

1 kis bevat 1000 rondtes/koeëls/patrone vir n R4/R5 geweer.

Omdat R4 en R5 gewere beide 5.56mm rondtes gebruik, moet die 2017/18 boekjaar verliese eerder 215 kiste 5.56mm ammunisie, as 215 rondtes/koeëls/patrone wees.

Dis 215 000 rondtes verlies/diefstal en klink meer geloofwaardig as 215 rondtes, wat baie maklik tydens een dag se groot veldoefening in die sand en bosse verloor kan word sonder dat enigiemand daarvan kan rekenskap gee.

215 kiste 5.56mm ammunisie is meer as genoeg vir n klein oorloggie.

Thelsa ·

Julle moet besef dat die boorraadbeheer baie goed is. Vir 2018/19 het hulle op rekord dat 7 x 9mm payrone weg is. Sjoe. .dis verstommend akkuraat. Give that man a Bells

Sue ·

42 jaar???? Vir iets wat vervangbaar is??? Maar vir moord, aanranding en verkragtings word baie lae vonnisse opgelê? Selfs die ma wat haar seuntjie verwaarloos en vermoor het – het maar net 20 jaar gekry? Hierdie storie en stats klink bietjie soos ‘n baie sleg uitgedinkte storie vir my,

George in Bloem ·

Enige iemand wat die nar se syfers glo glo seker ook in die Tandemuis,Kersvader en Klaasvakie ensomeer…..

Pieter ·

Ten minste is die uitgevang is tronk toe. Of die aantal jare reg is weet ons nie. Die Polisie is egter `n ander saak waar honderde wapens verloor word terwyl hulle sit en slaap in die aanklagkantore.

Schalk ·

Die een wat die syfers glo net so onnosel soos verslag skrywer aan minister en minister.Wil sy regtig vir mysê dat miljoene rande sedert 1994 wegraak deur die amptenary en sy doen verslag oor 3 patrone.As dit waar is moet sy president raak want sy kan regte mense aanstel.ASSEBLIEF.

En nou? ·

As ek so na daardie gevreet kyk, dan kan ek sien sy/hy weet presies waarvan hulle praat!

Steve ·

I call bs on these figures… More R4s and R5s have been retrieved from CIT suspects than what they say have gone missing… More rounds have been shot in shoot outs than they say they have lost… These figures are bs…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.