Die minister van energie, Jeff Radebe, het Maandag aangekondig die prys van petrol sal net met 4.9c per liter styg. Radebe se aankondiging kom ná die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) verlede week gesê het hy verwag ʼn verhoging van tussen 23c en 25c per liter as gevolg van ʼn swakker rand.
Radebe het in sy verklaring gesê die regering sal die grootste deel van die verhoging absorbeer. “Ondanks die feit dat die verhogings hoofsaaklik deur internasionale faktore veroorsaak word, het die departement besluit om tydelik hierdie maand in te gryp. Dit is ʼn eenmalige tydelike ingryping om bietjie verligting vir motoriste te verseker.”
Die 4.9c per liter sal aangewend word vir jaarlikse salarisaanpassings vir pompjoggies, kassiere en ander administratiewe personeel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
???. Vertel ons eerder van die lekker weer.
Oh please……… Who is now actually benefitting from this increase?
Maroela, wil julle nie kyk of een van julle joernaliste kan uitvind wat presies met die biljoene wat die staat op petrol belasting maak, gebeur nie? Iets voel nie vars nie.
Agggg wat n klomp bollie!!!!
So deel hulle suigstokkies uit aan almal wat huil oor die buitensporige brandstof pryse.”Dis die swak rand se skuld”.Bollie!Dis die president se skuld dat die rand verswak het van R11.80 met sy inhuldiging tot amperR15 teen 1 Dollar vandag!Dit jaag als se pryse die hoogte in.Dankie Ramaphosa!Jy is ‘n ster.