Só styg prys van petrol in September

Argieffoto.

Die minister van energie, Jeff Radebe, het Maandag aangekondig die prys van petrol sal net met 4.9c per liter styg. Radebe se aankondiging kom ná die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) verlede week gesê het hy verwag ʼn verhoging van tussen 23c en 25c per liter as gevolg van ʼn swakker rand.

Radebe het in sy verklaring gesê die regering sal die grootste deel van die verhoging absorbeer. “Ondanks die feit dat die verhogings hoofsaaklik deur internasionale faktore veroorsaak word, het die departement besluit om tydelik hierdie maand in te gryp. Dit is ʼn eenmalige tydelike ingryping om bietjie verligting vir motoriste te verseker.”

Die 4.9c per liter sal aangewend word vir jaarlikse salarisaanpassings vir pompjoggies, kassiere en ander administratiewe personeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Marinda ·

Oh please……… Who is now actually benefitting from this increase?

Eish! ·

Maroela, wil julle nie kyk of een van julle joernaliste kan uitvind wat presies met die biljoene wat die staat op petrol belasting maak, gebeur nie? Iets voel nie vars nie.

Chris Ws ·

So deel hulle suigstokkies uit aan almal wat huil oor die buitensporige brandstof pryse.”Dis die swak rand se skuld”.Bollie!Dis die president se skuld dat die rand verswak het van R11.80 met sy inhuldiging tot amperR15 teen 1 Dollar vandag!Dit jaag als se pryse die hoogte in.Dankie Ramaphosa!Jy is ‘n ster.

jaco ·

Eenmalige ingryping. So begin Oktober styg die petrolprys met R1 per liter…

Frikkie ·

Almal vat maar hulle pond orals. One betaal self $1.60 per liter in Australie wat suiwer op wisselkoers van +- AUS $1 = R10 dieselfde is. Wat die waarde van die Rand betref, die Dollar is huidiglik baie sterk. Een aussie dollar is maar 71c Amerikaans werd en die Rand / Aus of Kanadese dollar het skaars beweeg oor die laaste 3 tot 4 jaar.

Chris Ws ·

Frkkie jy vergelyk brandstof pryse russen Australie en SA.Wat van salarisse vergelyk?Jy ka nie.Dan sien mens ‘n heel ander prentjie as wat jy probeer skilder.Ons het baie vriende daar en het daar gaan kuier ook so ons weet wat daar aangaan.Jy kan die twee lande GLADNIE so met mekaar wil vergelyk nie.Wat van motor pryse was + – 40% is teenoor dieselfde motor se prys in Suid Afrika?

Frikkie ·

Nee, jy kan nie direk vergelyk nie maar petrolprys is petrolprys en die Rand Aus Dollar wisselkoers is stabiel wat die punt is wat ek wou gemaak het. Op salarisse, aus se gemiddeld is $65,000 per jaar, maar onthou die gemidelde huisprys is $750,000 in Melbourne en $850,000 in Sydney so geld for petrol is daar nie baie nie . . .

Ruben ·

Die prys van brent ruolie klim ongelukkig en so ook verswak die rand die olie prys was twee jaar terug die 110 dollar n vat so as hy weer daar rond gaan draai sal ons 20 rand n liter betaal…so kla hier soos julle wil niks kan dit verander…verkoop daai double cabs en fortuners en ry n figo

Riaan ·

Ruben
Los die mense uit wat dit kan bekostig om die sulke karre te ry .Jaloesie gaan net jou lewe opneuk.Die regering wil kiesers wen en dit is die begin van dit.

ne ·

Die ANC lieg al weer! Die Petrol maatskappye absorbeer die verhoging. Nou wil hulle beweer die regering is die helde!!!
Julle is belaglik ANC. Ons is nie “monkeys” nie… Hehehe…..

Staak ·

Daar bestaan nie n ding soos n free meal nie, iemand betaal altyd die rekening van n free meal.
Die Rand staan nou op R14.90 en olie verhandel nou teen $78, wie is hierdie weldoener wat n hele land se aanpassing op brandstof dra.
Die regering is reeds in die rooi met sy lopende rekening so waar kom die geld dan vandaan.
Kul jou hier kul jou daar en sien daar, die belasting betaler betaal al weer.

Anoniem ·

Nou maar, die petroljoggie werk mos nie vir die regering nie!!!

CJSH ·

Ingryping? As die 4.9 sent gebruik word salarisaanpassings, beteken dit dat dit ‘n blywende deel van die petrol prys word en nie deel van die wisselende olie prys is nie.

Stuiwer ·

Op gisteraand se nuus op Kyknet, is gesê dat die 5c verhoging per liter petrol gebruik gaan word vir die salarisverhogings van die petroljoggies. Hoekom moet EK betaal vir hul salarisverhogings? Dis mos hul werkgewer se probleem?

Chrisjan ·

Hier kom ‘n brandstof prys verhoging skok soos min begin Oktober.Kyk maar gerus op die cefgroup se webwerf : tot en met 3 September is die onder verhaling van petrol R1.01 c / liter en diesel is R1.19c/liter onder verhaal.Die suigstokkie wat die regering nou uitdeel gaan verander in ‘n draak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.