Só tref poskantoorstaking liefdadigheidsorganisasies

Argieffoto

Argieffoto

Liefdadigheidsorganisasies het miljoene in donasies verloor as gevolg van die voortslepende staking by die poskantoor, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Fondsinsameling Saterdag gesê.

“Die staking oor die afgelope ses maande kan moontlik vir nie-winsgewende organisasies, wat noodsaaklike maatskaplike dienste aan die land lewer, ʼn verlies van R55 miljoen beteken,” het Ann Brown, president van die SAIF, gesê. “Talle organisasies het ook die kwessie rakende voortslepende poskantoor-sekuriteitsprobleme soos diefstal, verlore posstukke en vertragings in aflewering aangeroer.”

CHOC, die kinderkankerliefdadigheidsorganisasie, moes in Augustus sy pos-veldtog kanselleer weens die staking. Die organisasie ontvang glo miljoene rand in donasies danksy dié veldtog.

Die Melaatsheidsending moes ʼn September/Lente-veldtog kanselleer wat tot ʼn verlies van R300 000 gelei het. Die organisasie is ook onseker of sy Kersfees-veldtog kan voortgaan, waartydens hy gewoonlik minstens R500 000 ontvang. “Die staking het ook ʼn groot impak op die verspreiding van medikasie aan afhanklike pasiënte,” het Peter Laubscher, direkteur van die Melaatsheidsending, gesê.

Yvonne Stiglingh, fondsinsamelingsbestuurder van SOS Children’s Villages SA, het gesê na raming het hulle reeds ongeveer R600 000 in skenkings verloor weens die staking.

Teboho Nkoana, bemarkingsbeampte van Girls and Boys Town, het gesê die briewe wat hulle in Augustus na meer as 30 000 donateurs gepos het, kom nou eers by hul bestemmings aan. “Mense reageer nie op ou briewe nie. Dit was ʼn mos van papier, posgeld en tyd,” het Nkoana gesê.

Die Heilsleër het sedertdien nog nie enige reaksie op sy Augustus-nuusbrief ontvang nie, ʼn inisiatief wat gewoonlik ongeveer R700 000 vir die organisasie beteken en gevolglik tot ʼn vermindering van dienste gelei het.

ʼn Aantal ander liefdadigheidsorganisasies, onder andere Hospice, die Salesian-sending wat na hawelose kinders omsien en die SA Federasie vir Geestesgesondheid het soortgelyke verliese gely en probleme ondervind.

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Poskantoor het verlede week vrywillig bedank. Siyabonga Cwele, minister van telekommunikasie en posdienste, het verlede Vrydag in ʼn verklaring gesê die raad het aangebied om te bedank om hom die geleentheid te bied om in te gryp en die probleme by SAPO aan te spreek. Die staking het ook die finansiële situasie van die Poskantoor, wat reeds ʼn tekort van R400 miljoen aangemeld het, vererger.

Vakbonde eis ʼn verhoging van 8% en die permanente aanstelling van alle tydelike werknemers.

LP’s het vroeër vandeesmaand gehoor die Poskantoor is op die randjie van ineenstorting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boesman ·

Hoekom is die stakers nie al in die pad gesteek en vervang met mense wat wil WERK nie???

susan ·

En die opswepers sit saans dik geëet by hulle huise terwyl die stakers nie hulle finansiële verpligtinge kan nakom. Alles ANC se skuld. Hulle wil mos in beheer wees en dan hardloop hulle weg wanneer die stoele te warm raak.

SNEL ·

Ek stem, Boesman, laat die werk wat wil werk. As jy nie tevrede is met die salaris nie; soek ander werk, maar stakings rig net skade aan en elke keer val almal daarvoor, staak, kry meer geld, staak kry nog meer geld en so gaan dit aan. Geen firma kan so aangaan nie en die een klomp het skaars opgehou staak, dan gaan die volgende klomp aan.

Elizabeth ·

Mense dis die heel maklikste om direkte skeninkings met behulp van EFT betaling te doen – sodoende weet jy dis veilig en, indien dieselfde bank as die organisasie dadelik beskikbaar, andersins binne ‘n dag of twee. Mens kan GEEN staatsdiensinstelling vertrou nie en die poskantoor werkers het nou weereens bewys hoe sleg dinge hier in SA is. Ook dat die werkers wat hierdie gemors veroorsaak het GEEN gewete, GEEN selfrespek (as jy selfrespek het sal jy NIE sulke goed doen) en GEEN lojaliteit teenoor die publiek (wat hul salarisse help betaal) of hul werkgewers het nie. Ek sou baie graag wou hê dat die pers die voorbokke en belhamels van hierdie stakings met bogenoemde feite konfronteer en hul antwoord daarop wou hê – voel hulle goed deur wat hul staking aan andere, onskuldiges gedoen het ens!

Sollie ·

O terloops, die regering wil mos nou weer blankes aanstel want hul het die “regstellende aksie platform in staatsdiensinstellings bereik” – nou-ja, stel nou blankes aan en sien hoe die poskantoor weer regkom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.