Só verander Gautrein-skedule weens staking

Argieffoto: Verskaf

Die Gautrein het sy skedule aangepas terwyl die staking van sy werkers voortduur.

Volgens die Gautrein het van sy werkers wat nie aan vakbonde behoort nie intussen teruggekeer werk toe en kon die skedule om dié rede aangepas word. Die Gautrein gaan intussen voort om met die vakbond Untu oor salarisse te onderhandel.

Donderdag 9 Augustus

ʼn Treindiens sal elke 40 minute tussen die OR Tambo- en Sandton-stasie beskikbaar wees en ook by Rhodesfield stilhou. Treine sal van 05:40 tot 09:40 beskikbaar wees en weer van 15:20 tot 19:20. Die middag-spitstydperk word verleng en begin om 15:20 in plaas van 16:00. ’n Busdiens sal elke 20 minute van 10:00 tot 15:00 tussen die OR Tambo- en die Sandton-stasie beskikbaar wees.

’n Treindiens sal elke 40 minute tussen Pretoria- en Parkstasie beskikbaar wees, en sal stilhou by Centurion, Sandton en Rosebank. Passasiers wat van die Pretoria- na Parkstasie ry, of vanaf Park- na Pretoria-stasie sal nie by Sandton van treine hoef te verwissel nie. Die trein sal loop van 05:40 tot 09:40 en van 15:40 tot 19:40.

Vrydag 10 Augustus

Van Vrydag sal die Midrand-stasie van 05:45 oop wees. Treine sal loop tussen Pretoria- en Parkstasie, en sal stilhou by die Centurion-, Midrand-, Rosebank- en Sandton-stasie. Passasiers wat van die Pretoria- na Parkstasie ry, of vanaf Park- na die Pretoria-stasie, sal nie in Sandton van treine hoef te verwissel nie. Treine sal elke 15 minute beskikbaar wees. Die middag-spitstydperk sal om 15:30 begin in plaas van 16:00.

Tydens spitstyd (05:45 tot 09:00 en 15:30 tot 19:00) sal busdienste beskikbaar wees by die Midrand-, Pretoria-, Centurion-, Sandton-, Rosebank- en Parkstasie.

ʼn Spitstyd-treindiens sal elke 36 minute tussen die OR Tambo- en Sandton-stasies beskikbaar wees en by die Rhodesfield-stasie stilhou. ʼn Busdiens sal elke 20 minute beskikbaar wees buite spitstyd tussen OR Tambo- en die Sandton-stasie.

Saterdag en Sondag 11 en 12 Augustus

’n Treindiens sal elke 36 minute tussen die OR Tambo- en Sandton-stasie beskikbaar wees, en sal nie tussen 05:45 en 21:00 by Rhodesfield stilhou nie.

Treine sal nie loop tussen die Pretoria- en Parkstasie nie. ʼn Busdiens sal passasiers elke 60 minute tussen Pretoria- en die Sandton-stasie vervoer en elke 30 minute tussen Sandton- en Park-stasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Spikkels ·

Soos dit nou is, werk dit vir my.. so hulle moet maar lekker staak

Pendelaar ·

Ja wat, baie dankie die skedule werk heel goed ?

(UNTU ek is bevrees julle het julle hand bietjie oorspeel, kyk maar waar julle oor 3j staan mbt julle lede verteenwoordig by die werkgewer)

Marinda ·

Dis nou een ding wat ons land se mense goed kan doen, staak. Darem lekker om hier te bly.

IK ·

Daar is uiteenlopende menings oor Jan Smuts maar ‘Slim Jannie’ en oom John Vorster is die manne wat hierdie tipe van sabotasie al lankal nekom sou gedraai het. Die ‘ten koste van ander’-optrede sou hulle nie geduld het.

Irma van den Berg ·

Kan u asb vir ons n prys gee van wat kartjies kos .Van die verskilenfe stasies af .Dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.