Só vorder e-tol-kwessie

Fikile Mbalula, minister van vervoer. (Foto: GCIS)

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het die versekering gegee dat die e-tol-kwessie voorrang geniet en op ʼn dringende grondslag hanteer word.

Dit volg nadat belangegroepe wat betrokke is by die e-tol-kwessie ná vergaderings met Mbalula meer tyd versoek het om met die lede van hul onderskeie belangegroepe te beraadslaag oor die toekoms van e-tol.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër ʼn taakspan bestaande uit Mbalula, Tito Mboweni, die minister van finansies, en David Makhura, Gautengse premier, aangestel om ʼn oplossing vir die krisis oor die e-tol‑stelsel te vind.

Mbalula meen egter die proses moenie oorhaastig plaasvind nie. “Dit is ʼn ingewikkelde en sensitiewe saak van nasionale belang en moenie aan meganiese prosedures en tydroosters onderwerp word nie.

“Alle idees en opsies moet goed deurdink en versigtig oorweeg word ten einde die bes moontlike oplossing te vind.”

Sodra alle sleutelbelanghebbendes behoorlik geraadpleeg is en die regering sy interregeringskonsultasie gefinaliseer het, sal die verslag aan pres. Ramaphosa oorhandig word, het Mbalula gesê.

Dít volg nadat die VF Plus vroeër die maand gewaarsku het dat motoriste nie hul asem moet ophou vir die afskaffing van e-tol in Gauteng nie.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en leier in die Gautengse wetgewer, het gesê premier Makhura het tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die Gautengse wetgewer aangedui die Gautengse ANC se finale posisie oor die e-tolkwessie is dat Sanral-skuld terugbetaal moet word.

Maroela Media het ook vroeër berig die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) kon slegs R687,7 miljoen van die e-tolskuld vir die 2018-’19-boekjaar invorder, vergeleke met die vorige jaar se R1,87 miljard. Daarom sê die DA die stelsel het misluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Tommie ·

Laat ons maar net saamstaan en nooit betaal nie.
Ek het nog nooit en sal ook nie.
Dit is net baie kommerwekkend dat die sogenaamde AARTO wet kan veroorsaak dat jy nie jou motor se lisensie sal kan uitneem as tolgeld en boetes nie betaal is nie.

Wonder maar net! ·

Duidelik bly jy nie in Gauteng nie. Ek stem saam met die begindsel van “”User pay”. Neem in ag die brandstof heffing , persoonlike belasting, voertuig lisensies, bestuurs lisensies en al die heffings wat ek dalk gemis het. Is dit dan nog regverdig dat 1% vandie totale padnetwerk 32% van die Nasionale begroting vir paaie moet betaal? Ek dink nie so nie!

Seemonster ·

Outoppie, ek betaal ook nie E-tol nie. Ek beplan ook nie om dit in die toekoms te doen nie.
Die e-tol stelsel was net nog ‘n korrupte stelsel om polities-gekonnekteerde individue te verryk.
Weereens melk die regering die middelklas en sakesektor om die korrupsie en onbevoegde staatsamptenare te finansier.
Dis tyd vir die gemeenskap om saam te staan en voet neer te sit en te weier om etol te betaal.
Ek sal baie sterk oorweeg om sonder ‘n voertuiglisensie te bestuur as hierdie klomp skelms AARTO wil gebruik om etol af te dwing.

Johanna Botha ·

Waar die nar ookal gaan word alles omskep in n sirkus !

Chris ·

Vlieg nou, betaal later. Vroeer jare die frase in advertensiese om mense te oorreed om te vlieg.
Hedendags moet dit seker wees: Gebruik tolpaaie nou, betaal nooit. Dieselfde kan seker van elektrisiteit gese word: Skakel die ligte aan, betaal nooit

Niklaas ·

Stem saam Johanna. Hy was mos eers minister van sport. Groot akteur

SjN ·

Wat het van die R10 m omkoop ???? saam met comrade Danny Jordaan geword met wêreld sokker bod.

Lalie ·

Skakel die -toll registrasie af tot daar besluit is wat gaan gebeur. Hoe stupid kan die mense wees.

Lynette ·

Hulle het die skuld aangegaan , nie die motoriste nie dus moet hulle dit maar self betaal. Waarom moet ons altyd pa staan vir al hul nonsens ?

Net ek ·

Hierdie regering sluk reeds meer as die 60% van my inkomste ek wyer om te betaal. Sny hulle salarisse dan is daar genoeg om die skuld te betaal. Hulle wou dit doen nou kan hulle maar betaal.

Lood Kurkprop ·

My ou R68.00 e-tolletjie rekeningtjie van 2013 se invoicetjie kom nog elke maand deur in my posbus by die huis….dan skryf ek in GROOT SWART BLOKLETTERS voor en agter op die koevertjie ” RETURN TO SENDER”…dan as ek weer by die kafeetjie kom gooi ek hom maar net weer in die groot rooi posbussie op die stoep…..so bly die siklus van die lewe aan die gang.

Vissie ·

Ek het vir hulle skuldinvorderaars mooi verduidelik wat hulle met hulle rekeninge en dreigemente kan doen en dat ek e-tol sal betaal nadat hulle vir my kom wys het waar gaan al die biljoene Rande van die brandstofheffing elke maand heen, want hulle bou nie paaie daarmee nie! Hulle AARTO dreigemente is ook ‘n sirkus, wil lankal nie meer my kar lisensie hernu nie, so ek ry maar sonder, en kry maar net nog meer boetes, niks ernstig nie….

Poot ·

Die lisensie owerhede mag jou nie weier om jou motorlisensie te hernu nie. Maak nie saak of jy uitstaande boetes of e-tol het nie. Dan maak hulle hul self skuldig daaraan dat jou voertuig nie gelisensieer is nie.

Belinda Erasmus ·

Waar gaan al die geld heen van die e-tol? Na my wete gaan meer as 90% van die geld land uit na die mense by wie die etol tegnologie gekoop is. Wie het gedink dis n goeie idee? Die deursnee Suid Afrikaner is nie n sot nie.

JohanR ·

Daar moet ‘n Nasionale Dag verklaar word waar almal met ‘n tien pond hamer, of stoot skraper die goed kan gaan afbreek. Dit sal ‘n lekker dag uit wees. Kan almal piekniek mandjies pak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.