Só vorder Gerrie Nel en sy span se sake

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum en Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum. (Foto: Christel Cornelissen)

Terwyl AfriForum vandeesweek aangekondig het dat Julius Malema, leier van die EFF, steeds in sy visier is oor drie sake van korrupsie, aanranding van ’n polisiebeampte en die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar, het die organisasie se privaat vervolgingsgesag dramatiese vordering in agt ander sake gemaak.

Saak 1: Duduzane Zuma

Die seun van oudpres. Jacob Zuma staan tereg op aanklag van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur in die Randburgse landdroshof. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het hom aangekla ná AfriForum se ingryping. Maroela Media het berig dat Duduzane Zuma Vrydag in die Randburgse landdroshof onskuldig bevind is op ’n klag van strafbare manslag en ’n klag van roekelose en nalatige bestuur teen hom.

“AfriForum se doel was om seker te maak dat Zuma Jr. soos enige ander burger teen wie ’n prima facie-saak bestaan, sy saak vir beoordeling in ’n hof moet stel. AfriForum het in hierdie doelwit geslaag en berus by die hof se besluit,” het Elias Maangwale, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, in reaksie op die uitspraak gesê.

Saak 2: Grace Mugabe

AfriForum het betrokke geraak nadat Gabriela Engels die organisasie genader het toe sy ’n klag van aanranding teen dié oudpresidentsvrou van Zimbabwe ingedien het. Die NVG het aangedui dat ’n proses begin is om haar uit te lewer om in Suid-Afrika tereg te staan.

Saak 3: Verkragting

’n Man sal Maandag (15 Julie) in die streekhof in Ga-Rankuwa buite Pretoria op ’n klag van verkragting gevonnis word. Die klaer, Reneiloe Motsepe, het AfriForum om hulp genader.

Saak 4: Kol. Patrick Karegeya

Daar is uiteindelik hoop vir die familie van dié vermoorde voormalige intelligensiehoof van Rwanda wat in 2013 deur sluipmoordenaars in Sandton vermoor is. Die hof het ná ingryping deur AfriForum gelas dat die NVG die moordenaars moet vervolg. Die NVG het aangedui dat hy met ’n uitleweringsproses vir die skuldiges begin het.

Saak 5: Alexis Bizos

Dié seun van adv. George Bizos, wêreldbekende menseregte-advokaat, sal ook ná druk deur AfriForum deur die NVG vervolg word op klagtes van aanranding van sy vrou, Monique van Oosterhout. AfriForum vermoed die NVG wou aanvanklik nie vervolg nie weens Bizos jr. se politieke verbintenisse.

adv-gerrie-nel-en-renisha-jimmy

Adv. Gerrie Nel en Renisha Jimmy, die suster van Reshall (regs agter) het Maandag in die Wes-Kaapse hoë hof verskyn in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall. Foto: Verskaf.

Saak 6: Ford

Die saak waarin AfriForum die familie van Reshall Jimmy , wat in 2015 in sy Ford Kuga doodgebrand het, bystaan, is in ’n baie gevorderde stadium en AfriForum verwag ’n gunstige uitspraak voor die einde van die jaar.

Saak 7: Thandi Modise

Die speaker van die Nasionale Vergadering sal op 22 Julie in die landdroshof in Potchefstroom verskyn op aanklagte van dieremishandeling. AfriForum en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het met ’n privaat vervolgingsaak teen haar begin. Die saak kon uiteindelik voortgaan nadat getuies in die saak se volledige verklarings bekom is.

Saak 8: Julius Malema

Die leier van die EFF het bloedneus gekry toe sy aansoek om die Wet op Oproerige Byeenkomste (Wet 17 van 1956) ongeldig en onwettig te verklaar, van die hand gewys is. Hy het die aansoek gebring hangende twee hofsake waarin hy en die EFF aangekla is dat hulle mense aangemoedig het om grond onwettig te beset. Hy het in landdroshowe in Newcastle en Bloemfontein verskyn nadat AfriForum klagtes van aanhitsing tot geweld teen hom ingedien het. Die bloutjie wat Malema geloop het, beteken nou dat die saak in die konstitusionele hof verder gevoer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Robert ·

Goed so, maar hoekom is hulle nie betrokke by die doodskis saak en die een wat dood is nadat hy van ń bakkie afgegooi is ?

JO ·

@Robert, privaat vervolging kan eers plaas vind na dit uit die NPA is.

Cherokee ·

Robert, is jy ‘n bydraende lid van AfriForum? Vir my lyk dit asof mense wat geen bydraes doen graag venynige kommentare stuur soos diè van jou, sonder om ‘n gedagte daaraan te skenk dat dit geld kos. My persoonlike mening is met reg natuurlik, dat slegs bydraende lede die reg het tot vrae soos die van jou.

Robert ·

Afriforum het wel die saak gevat van die 2 mas wat vals beskuldig is dat hulle n seun van die bakkie af gegooi het. Hulle het betrokke geraak nadat dit aan die lig gekom het dat die staat se enigste getuie gelieg het.

Siener ·

Ek is ‘n opbetaalde Afriforum lid en ek stem saam met Robert. Nie een van die groepe of lede wat Afriforum verteenwoordig is lede nie.
Vra jouself die vraag hoekom verdedig Afriforum nie-lede met ledegeld ?????

Gaitsigubib ·

Robert, Afriforum het wel die manne se saak gevat, wat daarvan beskuldig was dat hulle ‘n persoon (eintlik ‘n dief wat die plaas betree het) van ‘n bakkie gegooi het. Hulle apel is geweier, wat natuurlik n skande is, maar Afriforum sou na n hoer hof toe appeleer. Of hul suksesvol gaan wees is nog ‘n ope vraag.

Gaitsigubib ·

Bygese sou ek nie Zuma se saak vat nie. Dis van kardinale belang dat jy kan staat maak op jou getuies (ooggetuies) teen n persoon wanneer jou forensiese getuienis nie oorweldigend is nie. Die rede daarvoor is omdat die getuies sy storie sal verander na gelang die deigemente teen hom of die vergoeding wat hy onder die tafel gaan ontvang. Die geval waarvan ek bo praat is seker een van die beste gevalle waar n getuie sy storie verander en n regter moes dus apel toestaan. Hierdie regter wat apel geweier het, het n baie donker agenda.

Fanie ·

Robert, AfriForum help wel die 2 Coligny-mans, omdat daar prima facie bewyse is dat hul nie aan moord skuldig is. Adv Barry Roux is aangestel, en Gerrie Nel sal bystaan. Hul kan nie alle sake doen nie- is mos nie ‘n goedkoop regspolis nie! Die doodskis manne het buitendien dommer as dom drooggemaak.

Dries du Toit ·

Wat van al die korrupsie sake waarby hierdie Zuma betrokke was

humor ·

Robert daar is baie wat saam met jou op hierdie 2 sake wag.

Msp ·

Baie dankie Afriform. Julle werk is fantasties en die feit dat alle Suid Afrikaners teen hul deur kan klop maak nulle bobaas.

GP ·

Gaan slaap maar verder Joes. Twyfel of jy enigiets doen.

Dankie Afriforum, trots om lid te wees.

Jerry ·

Hierdie sake regverdig net n verslae stilswye! “white man, you are on your own”!

Rudi ·

Is dit net ek of kom julle ook agter dat al die sake wat Afriforum mee besig is, hulle slegs mense van kleur bystaan. Die persoon wat in die Taxi dood is, is swart, Gabriella Engels (gekleurd) Die verkragtings saak (Motsepe) ens, ens. Dit alles word met ons bydraes gedoen. Ek vra maar net. Gaan dit oor reg en geregtigheid of om die massas te beindruk

Venter ·

Snaaks- hul word meestal beskuldig dat hul net wittes help!

Netso ·

Rudi stem 200% saam jou, tyd dat lede hulle oe oop maak voor dit telaat is!! Daar is elke keer hope verskonings as dit by ons mense kom, en intussen word ons lede se geld verkwis op ander.

Z ·

Waar is die KFC en Spur en Sparrow en doodskis en boer wat `n man in sy mielieland gekry het. Ons betaal Afri-Forum elke maand om na ons mense te kyk, maar as ek daardie sake in die berig so bekyk, wonder ek oor my bydrae…

Ellisras ·

Ons bedank vir Julius Malema vir sy gereelde groot bydrae aan AfriForum. Sonder Julius se bydrae was al dié nie moontlik nie.

Jaco ·

Zuma onskuldig :-) en so bly hulle geld mors baie erger as die ANC as jy my vra.

sweis ·

Waneer word die wettigheid in die hof getoets vir diskriminerende wette teen wit minderhede gebaseer op ras en velkleur na 25 jaar van demokrasie het dit tyd geword om hierdie wette te skrap.

Fanie ·

Solidariteit en AfriForum het dit al baie reeds getoets- was die koerante vol. grondwethof sê uitdruklik hul steun die ANC se radikale transformasie. Dis hoekom AfriForum talle ander projekte as hofsake het.

bantam ·

As ek na die sake kyk wat voorkeur kry is ek bly ek behoort nie meer aan die organisasie nie

Avokado ·

Almal wat vra hoekom sekere sake nie ondersoek word nie: private vervolging kan eers ingestel word as die NVG geweier het om te vervolg (nolle prosequi). In meeste van die sake wat julle noem het die staat vervolg.

Gaitsigubib ·

Pawpaw ek sien nie juis voorbeelde van mense wat nie vervolg word in die skrywes bo nie, die probeem wat almal uitlig is dat Afriforum in baie sake nie verdedig nie. Hulle kan in alle bogenoemde sake gehelp het as hulle wou, maar soos Cherokee bo se, ouens soos ek wat nie n lid is nie het geen reg om hulle voor te skryf nie.

Liana Barrett ·

Wil weet of Afriforum sal kan betrokke raak in nog n saak.
Die feit dat n man nie onderhoud van kinders betaal dan kan familie aanspreeklik gehou word vir kinders se onderhoud.
Nie een van familie het ouers van die kinders gedwing om kinders te kry nie en skielik is dit grootouers en familie se probleem.
Die ergste is die ouers van die kinders kan nog kinders kry al kan hulle die kinders nie versorg maar dit bly familie se probleem. Afriforum doen asseblief ondersoek na die regverdigheid van so n wet.

THYS MULLER ·

Toe ek sien watter rigting afriforum inslaan het ek my lidmaatskap gekanselleer

Louis ·

Dis goed so. Loop jy maar alleen in jou eie rigting. Jy’s die enigste een wat reg is.

O Wee ·

Louis as ek die kommentare so kyk, lyk dit my tog Thys loop nie alléén in sy eie rigting nie……

Cherokee ·

Hy mag dalk ‘n enkeling of selfs twee aan sy sye hê, maar soos Louis dit duidelik maak, hy sal nie vergesel wees van massas nie. Daar is selfs mense wat lede word met die hoop op regsverteenwoordiging vir die minimale koste van ledegeld, en wanneer hulle uitvind dit werk ook nie so nie, dan bedank hulle hul lidmaatskap.

Abe ·

Dis vir my verblydend om te sien dat daar n aantal kommentators is wat wel die waarde van die werk wat Afriforum se Vervolgingseenheid doen, in te sien, en wat waardering daarvoor het. Miskien sal die kommentators wat nog nie verstaan wat n Private Vervolgingsgesag is – en wil wees nie – mettertyd insien en verstaan wat die waarde van so’n instelling is. Wat my betref, is ek aangenaam verras om te hoor hoe baie Afriforum se Vervolggingsgesag alreeds aangepak het en susesvol deurgevoer het of verbete aan werk en ek wil dankie se aan Afriforum en Gerrie Nel. Dit moet een van die waardevolste bewegings wees wat onlangs in ons groter gemeenskap toegevoeg is.

Anoniem ·

Ek vra ook die vraag hoekom soveel sake aangevat word van anderskleuriges maar toe ek hulp vra net my seun se moord, doen hulle dit kamma nie, en ja ek was ‘n betalende lid maar het my lidmaatskap gekanselleer.

Cherokee ·

Dit is Fanie wat doer bo gesê het ‘dit is mos nie ‘n goedkoop regspolis nie!”.

Abe ·

Reg, Cherokee,
Dis tyd dat van die kommentators leer verstaan wat n Private Vervolgingseenheid NIE is nie. Miskien sal hulle geleidelik agterkom wat dit WEL veronderstel is om te wees. Dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.