Só vorder inentingsveldtog vir die SAPD

Johnson & Johnson se entstof teen Covid-19. (Foto: Unsplash)

Meer as 20 000 polisiebeamptes en personeel van die SAPD is reeds teen Covid-19 ingeënt.

Kol. Athlenda Mathe, woordvoerder van die polisie, sê lede wat operasioneel blootgestel is, insluitend veiligheidspersoneel, word geprioritiseer. Die SAPD se inentingsveldtog het verlede week begin.

“Planne word beraam om seker te maak dat beamptes, wat ontplooi is om openbare geweld en onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng te beheer, dringend ingeënt word. Die inentingsveldtog het nog nie in KwaZulu-Natal begin nie omdat die planne ontwrig is deur onrus in die gebied.”

Die bestuur van die SAPD wil sy beamptes gerusstel dat almal ingeënt sal word om hul gesondheid, veiligheid en welstand te verseker. “Die bestuur wil ook van die geleentheid gebruik maak om beamptes in KwaZulu-Natal te bedank vir hul geduld en begrip tydens dié moeilike tyd.”

Die SAPD sal steeds beamptes prioritiseer wat ʼn hoë risiko staan om aan die virus blootgestel te word en seker te maak dat hulle eerste in die ry staan om ingeënt te word. Diegene ouer as 60 en persone met komorbiditeite ontvang ook voorkeur.

“Altesaam 23 375 dosisse van die Johnson & Johnson-entstof is reeds toegedien aan polisiebeamptes en ondersteuningspersoneel in agt provinsies en by die nasionale hoofkantoor. Sedert die begin van die pandemie het 34 021 beamptes die virus opgedoen. Altesaam 31 786 het herstel, maar 698 beamptes het ongelukkig weens die virus omgekom.”

Mathe sê alhoewel die inentingsveldtog bespoedig word, word beamptes daaraan herinner dat die entstof nie Covid-19 genees nie, maar slegs voorkom dat jy ernstig siek word of sterf weens die virus.

Beamptes word gemaan om steeds aan alle gesondheidsprotokol te voldoen by alle dienspunte en 1 154 polisiestasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek verstaan nie hoekom die saps voorkeur kry nie, pleks kry die arme burgers wat nou in tyd van nood die polisie se werk moet doen en dan nog polisie moet aresteer wat hulself skuldig maak aan diefstal die inentings

AndrewL ·

Jasper. Jy het jou eie persepsie. Gaan kyk gerus waar polisielede daagliks moet beweeg, met wie en wat hul in aanraking kom.

Daar is in alle beroepe en sfere slegte mense.

Min van ons iu volkie se klakouse is bereid om die ure en onder die omstandighede te werk waaraan polisielede blootgestel word. Baie is alreeds dood van Covid. Baie van hul het al die siekte na hul huise geneem en so familie infekteer. Hul kan nie, soos baie ander, by die huis wegkruip nie.

Jaada ·

Die sekuriteit firmas moet saam met die SAPD ingespuit word!

Anton ·

Minister Cele moet met sy kop in skaamte bedank. Meer as 190 000 polisiebeamptes in diens. Waar was die meerderheid hierdie week? Geen of te min strategiese beplanning, skarebeheer, opleiding en toerusting! Ons het gereeld ” violent service delivery protests”
Het hulle nie die week se gebeure voorsien nie? Swak, swak, swak.!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.