Só vorder ingryping in Noordwes

(Argieffoto)

Die ad hoc-komitee oor artikel 100-ingryping in Noordwes het inligting ontvang oor die ondersoek na bedrog en korrupsie wat met die ingryping verband hou.

Die komitee het Vrydag met die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), die spesiale ondersoekeenheid (SOE), Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die batebeslagleggingseenheid vergader oor verskillende sake wat tans ondersoek word oor bewerings van bedrog en korrupsie wat daartoe gelei het dat die regering die Noordwes-regering in 2018 onder administrasie geplaas het.

“Die sake is intens, ingewikkelde goed, soos ʼn rillerfliek. Dit is ongelooflik dat dié goed gebeur waar mense net steel en hulpbronne van die staat op só manier plunder,” het China Dodovu, voorsitter van die komitee, gesê. “Dit is skokkend en kommerwekkend dat ons tot só vlak gedaal het.”

Dodovu sê die wetstoepassers moet die land red van kriminaliteit deur seker te maak dat diegene wat staatshulpbronne plunder, aan die pen ry.

Die komitee is egter besorg oor die pas waarteen die ondersoeke in Noordwes gedoen word en die kapasiteit van die wetstoepassersagentskappe.

Hy sê die Zondo-kommissie beweeg al nader aan afsluiting en daar is ʼn verwagting dat daar nog baie sake ondersoek sal moet word. “Met die pas waarteen julle tans beweeg in die ondersoeke in Noordwes, sal julle die kapasiteit hê om al die sake te kan hanteer?” wou hy weet.

Die leeftyd van die ad hoc-komitee kom op 24 Junie tot ʼn einde en die komitee sal sy verslag voorlê aan die nasionale raad van provinsies. Sy aanbevelings sal voorstelle insluit om die kapasiteit van wetstoepassers te versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Tyd dat ons blankes standpunt in neem en vat die sleg anc se geld weg. Praat gaan ons niks help nie.

Kokerboom ·

Sedert 1994 en die ondergang van die ou Bophthatswane is die Noordwes Provinsie een rillerve-haal van bedrog, wanadministrasie, vergrype, onbevoegdheid en kaderontplooiing. Die ANC het provinsie letterlik gekaap en status quo gaan voort

Rian ·

Eers was dit mangope, toe molefe, en toe supra whatever wat in beheer was toe al die onderduimsheid daar plaasgevind het.

Kanjynoumeer ·

Noordwes Provinsie:
* Munisipaliteite in totale verval. Meeste munisipaliteite onder admininstrasie.
* Dienslewering bestaan nie.
* Veediefstalle n groot probleem
* Paaie infrastruktuur hopeloos. Slaggate.
* Water vir baie nie beskore nie.
* Vuil strate in dorpe
* Misdaad is buite beheer.
en die lys gaan aan.
Totale chaos in die Noordwes Provinsie.
Dankie ANC!!

Nie Verbaas ·

“Dodovu sê die wetstoepassers moet die land red van kriminaliteit deur seker te maak dat diegene wat staatshulpbronne plunder, aan die pen ry.” Met ander woorde die meerderheid ANC lede in die staatsdiens moet toegesluit word want letterlik orals het hulle vingers in die cookie jar.

jzjz05 ·

Jammern met n lam regering en polisiehoof is dit nie haalbaar om die land te red nie. (Hoop dit is nou sag genoeg gestel)

Di ·

Al wat die kaders in belang stel is self verryking, verder dien hulle geen ander doel nie. Raak net al hoe meer arrogant met diefstal, onaantasbaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.