Só vorder sport met kwota-teikens

Nathi Mthethwa. (Foto: Ian Landsberg/ANA)

Krieket, rugby en netbal vorder die vinnigste met rastransformasie, maar roei, rolbal, jukskei, swem, tennis en hokkie sukkel maar, het Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns, kultuur en ontspanning, in die parlement aangekondig.

Hy het geantwoord op ʼn skriftelike vraag deur hoofman Bhekiziwe Luthuli, IVP-LP.

Volgens Mthethwa was daar in die tydperk tussen 1994 en 2011 nie juis transformasieteikens met ʼn metingstelsel of strawwe behalwe vir ʼn informele doelstelling om 50% van spanne uit swart (swart, bruin en Indiër) spelers te laat bestaan nie.

In 2011 is ʼn transformasie-handves aanvaar wat transformasie aan die hand van sewe kategorieë meet en van 2015 stel sportfederasies ook hul eie rasteikens in ʼn sogenaamde barometerproses.

Sportsoorte het as volg gevaar met die bereiking van die transformasieteikens:

Sokker 89%
Tafeltennis 67%
Vlugbal 67%
Krieket 61%
Amateurboks 61%
Sagtebal 56%
Basketbal 56%
Netbal 50%
Atletiek 50%
Skaak 44%
Rugby 28%
Bofbal 22%
Gimnastiek 17%
Tennis 17%
Swem 17%
Hokkie 11%
Jukskei 6%
Rolbal 0%
Roei 0%

Mthethwa het begrip uitgespreek daarvoor dat swart Suid-Afrikaners nie juis deelneem aan veral roei, rolbal, jukskei, tennis en hokkie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Milwa ·

En so transformeer hulle die toeskouers by die stadions uit! Ek het lankal opgehou om krieket en rugby te kyk

Ronel ·

Kyk maar net na hul vertoning in die krieketwêreldbeker, om te weet j mis nie veel nie. Die naam CHOCKERS het weer trots gestaan.

Rupert Ashford ·

Mens choke slegs wanneer jy ‘n kans staan om die kompetisie te wen en die druk raak te veel. Lyk of daardie dae gelukkig nou verby is vir die blommetjies.

BMW ·

En so is ons getransformeer dat ons in alles in die wereld(weet nie hoe om die kappie te doen nie) heel onder aan die lys is, maar vir die goed is dit mos 10 uit 10!!!

·

Suig maar lekker aan jou syfers niks Klop nie en die Spanne Se prestsasies ook nie!

Braam Maree ·

Hoe is dit moontlik dat sokker as getransformeer beskou kan word

Tinus Vorster ·

Interesant : hoe transformeer jy tennis en ander individuele sporte? As jy wen is jy seker die sterkste, met die spansporte speel meriete nie meer n rol nie dus is ons waar ons is, bêre net asb die Springbok naam – dit behoort aan n trotse verlede, nie aan vandag se gemors nie, die rugby gaan die krieket volg …

welkom ·

Die transformasie teikens toon duidelik dat waar daar meer van die individu verwag om te presteer, dit stadiger plaasvind as in spansporte waar daar op ander spanlede staatgemaak word om die sterkte van die span te bepaal

Moenieklanie. ·

Ek wil weet hoe vorder die transformasie by golf, proffesioenele boks, stoei, judo, ens. Dan daag ek die minister uit om spanne suiwer op kleur te kies sonder “fear or favour” so dat die werklike sportlui na vore tree. Transformasie is net so belaglik as om gekleurder huwelike af te dwing!

Dries du Toit ·

Milwa jy hoef nie op te hou Rugby en krieket te kyk nie. Verander net jou span vir wie jy ondersteun. Dit is absoluut die lekkerste. Dan hoef jy ook nie meer skaam te wees oor hoe ons sportmanne lyk nie. Kyk bietjie hoe lyk die Europieërs . Netjiese haarstyle, sonder tatoeër merke oor hulle hele lywe. Selfs die Agentyne lyk ordentlik. Ek ondersteun nie meer SA se rugby nie. En dit gaan net erger word

Louis leeu ·

As n span op kwota en nie op meriete gekies word is dit wat gebeur by wêreld beker krieket Kyk wat gaan gebeur by die wêreld beker rugby

Chris Ws ·

Ekstel nie eers belang om Wereld Beker Rugby te volg nie.Nie eers die Super Rugbyreeks die afgelope 10 jaar gevolg nie.

Louis Botha ·

Vorder ???? Watse vordering? Agteruitgaan ja…..Al ons sport se prestasies dui daarop. Die sokker het hulle self verras deur Egipte te klop, so hulle is nou seker die “heros” vir die volgende 10 jaar. Geen tranformasie daar nie…100% gekwota.

Arie ·

Gaan dit nooit einde kry nie? Ons sport is in sy peetjie in en steeds hou hulle aan! Maar hulle hou van afbreek of af brand kyk maar na die land

GM ·

Nou dwing dié wat nie wil roei, rolbal, jukskei, tennis en hokkie wil speel nie, om te speel. ALLE sportsoorte moet afgebring word na rommelstatus – dalk sal die kaders dan oor ‘n paar jaar besef dat als oor meriete behoort te gaan, en nie kleur nie.

In plaas van spanne stig as hul ontevrede is, moet hulle mos altyd iemand anders ontneem van iets. Die ‘entitlement’ in hierdie land tog.

Mudguard ·

Ja swaer. Sodra daar bietjie tegniek by n sportsoort betrokke is sukkel ons maar erg.

PIERRE ·

Stem saam, hoe transformeer jy sportsoorte wat nie spansport is? Vra hulle om tennis te speel, te swem ens.

Samuel Botha ·

Ja so sal dit gaan waar geld betrokke is. Waar nie geld is nie sien of hoor jy nie hulle nie.

fred ·

ja ek stem saam….eers die maklike geldsporte…..moet ons hulle nou dwing om te roei ,perd ry of te swem?

Budgie ·

Ek het besluit om nie eers die jaar se wêreldbekeker – Rugby – te kyk nie. Die hele ding, trui, politiek is nie meer die moeite werd nie. Getalle by wedstryde is baie laag – wanneer die borge ook minder gaan raak, sal ons maar sien.

Huh ·

Net n vragie vir al die slim mense daar buite. Hoe op aarde transformeer iemand n individuele sport soos atletiek waar atlete vorder na n volgende byeenkoms gebaseer op die tye, hoogtes of afstande wat hul behaal het bo n ander?????

Dink Weer ·

Is ek verkeerd as ek dink dat daar geen blanke sokkerspelers meer in een van ons spanne is nie, maar nogsteeds is die sport net 89% “getransformeer”, Kan iemand dalk die tekortkoming uitwys en laat weet wat gedoen moet word om dit 100% te kry!

Edd ·

Want slegs swart word as voorheenbenadeel gesien in hul oë, anders as hul woorde.

Willie ·

Transformeer alles in die grond in…kyk maar na Rugby en Krieket, dis n gemors…kwota hier en kwota siedaar….

J van Rustenburg ·

Sokker 89 Daar is nie 11% blankes in die Bafana bafana nie Die 89 is seker hoeveelste hulle in die wereld is Krieket vorder goed ons is darem 1 plek beter as Afganistan Kan nie wag vir die wereld beker rugby nie Ek is baie nuuskireg om te sien hoe gaan die Springbokke vaar teen Japan Argetinia en Italie

Sirkus ·

In ons huis kyk ons na internasionale sport soorte bv yshokkie en “American Football”. Hierdie tyd in die verlede het Krieket RSA en die Rugby Unie baie geld net uit ons as gesin gemaak met oa truie, pette, serpe en kaartjies. Huidiglik kyk ons nie eers meer RSA sport nie. Net nie die moeite en geld werd nie en ons ondersteun nie Dstv/Multichoice.

Hanna Hoekom ·

Ek ondersteun ook my gunsteling spanne in Amerikaanse football en baseball. Ek is klaar met die RSA spanne en hul kwota spelers!

JDeer ·

Dis wonderlik om te sien hoeveel tyd n mens aan waardevolle dinge kan spandeer as DSTV nie meer deel van jou huishouding is nie. Dit het in elkgeval net meer gemors op die huidige gemors geword.

marous ·

Waarom wil swart afrikane deel neem aan die wit “malungu” sport soorte ? Bestaan daar nie sport uit hul eie kultuur nie ?

piet piet ·

En nog erger ek kan nie glo ons laat dit toe nie boikot alle sportsoorte wat kwotas implementeer.

Salamander ·

Ons hoef nie na die persentasies te kyk nie. Ons kyk net na uitslae, dan weet ons hoe ver getransformeerd die sport is.

Lourens Pieterse ·

My kinders doen slegs sport waar hulle individieel deelneem, waar hoever jy gooi, of hoevinnig jy hardloop of swem nie van jou af weggeneem kan word nie.

Dstv al 2 jaar terug afgesit, hulle is deel van die rede hoekom kinders in sport benaadeel word.

Gert van Wierdapark ·

Die nuwe mini-ster van Sport kan bly wees vir die nie-getransformeerde doelwagter , anders het die Bafanatjies 1 – 3 verloor. Rugby, sokker en krieket se outjies kry in elk geval hopeloos te veel geld, terwyl die netbal en hokkie spelers aan n ou Lee agterspeentjie suig. Die voormalige mini-ster van sport wat nou na die taxis om sien by vervoer, het n paar jaar gelede belowe dat die netbal spelers vergoed sou word as hul voltyds netbal sou wou speel! Die belofte se skuld le nog en wag! Beloftes, beloftes, beloftes!!

Toffie ·

Julle gaan lank vat om die kwotas met roei te bereik. Roei is ‘n watersport….

Moenieklanie. ·

GM, Dankie dat jy my reghelp dis presies wat ek wou se.

Lientjie ·

Hulle sal nie belangstel in Juskei, rolbal en roei nie! Julle betaal nie genoeg nie.

Boertjie ·

Korrek Lientjie, en om ‘n sport soos rolbal te begin, is nogal ‘n aardige kapitaal-uitgawe. Nuwe stel balle, ongeveer R3000-4000. Tas om balle in te dra, ongeveer R1000. Addisionele toerusting, R1000. Aansluitingsfooi by ‘n klub met die nodige affiliasiegelde, ‘n verdere R1000-2000. Kleredrag, ‘n verdere R1000. So, voor jy nog ‘n bal gerol het, het jy reeds R9000 uitgehaal. Wengeld in kompetisies is nie baie nie, en jou kanse om te wen is nie hoog nie. So die sport “betaal” nie, en daarom sal dit moeilik transformeer. Rolbal word gespeel vir die liefde van die saak, nie vir geld nie.

Arno Scheepers ·

Die uitslae van krieket 2019 se reeks wys vir ons hoe goed vorder krieket met raskwotas.

Kosie ·

Hy is verkeerd as dit by rugby kom,uit 63 spelers by elsen craven week was 11 blanke suens gekies.By valke A en B spanne vir craven week is 5 en 6 blanke suens gekies

Ursula ·

Ja en kyk hoe tranform ons spelers oorsee, En die spanne agter uit,
Ek voel ook sterk dat ons swem ook moet stansform asb.

H ·

Ons sport prestasies is n refleksie van wat in SA aangaan. Kwotas en BEE = Uitnemendheid word prygegee en so sal jy niks wen nie. Kyk ons ekonomie en als waaraan die anc se eksperts raak

Magda ·

Geen DSTV – gekanselleer – kyk op my B/Box na al die oorsese sport. Baie meer interessant. SONDER TRANSFORMASIE MAAR GEKIES VOLGENS JOU SPEL EN NIE VEL NIE.

Schalla ·

Ek wonder hoeveel maak verteenwoordigendheid saak? Vat maar bv jukskei…. Ek is seker as jy gaan kyk na die mense wat jukskei as sport beoefen, gaan jy tien teen een vind 99.9% is wit. Ander bevolkingsgroepe stel glad nie in die sport belang en beoefen dit nie, behalwe miskien in baie klein hoeveelhede. En dis die probleem soos wat Flip Buys in ‘n onlangse artikel uitgewys het. Hulle wil alles en almal oor dieselfde kam skeer wat slegs gebasseer is op die persentasies mense wat in die land is, maak nie saak wat hul belang of deelname in ‘n sekere ding is nie of streeksverteenwoordiging ens.

John ·

Mens kan die vordering in die resultate sien…

Kyk maar die krieket…

Koos de Meyer. ·

Te danke aan transformasie is ons sport in sy verstand in. Mooi.

Steyn ·

En dit wat getransfomeer is, is n totale grap. Julle sal nooitweer n noemenswaardige ou bekertjie sien nie. Miskien net op tv

kolla ·

As die kriteria net gaan oor minstens 50% swart dan moet sokker mos 100% wees?

jakes ·

Hoekom noem Nathi nie golf ook nie? Omdat golf, roei, ski, swem en etlike ander sportsoorte slegs beoefen kan word as jy fisies goed genoeg is om kompeterend daaraan te kan deelneem. Maw die atleet moet die kennis en vermoee he om mededingend te kan deelneem en word jy slegs op meriete gekies om mee te ding. Jou velkleur gaan jou beslis nie help om iewers te kom nie.

Veerpyltjie ·

Ja, transformasie vorder goed, wel gedaan om ‘n grap van ons sportspanne te maak! Die resultate sê alles. Ek kan nie meer met ‘n breë bors vol trots enige Springbokspanne enProteaspanne (insluitend netbal) ondersteun nie, want ek weet dit is ‘n klug. Ek praat nie eens van Bafana-Bafana nie. Amper 100% vol kwota, maar wat bewys die resultate? Sodra politiek nie meer ‘n plek in die kies van sportspanne het nie, sal ek dalk weer begin belangstel en kyk. Ek dink ek gaan lank wag……………

cr ·

As ek van kleur was sou ek so minderwaardig gevoel het as daar van kwotas of transformasie gepraat word. Jy moet jou plek in ‘n span verdien deur prestasie en nie deur kwotas en of transformasie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.