Só werk nuwe belasting vir ekspats

skuld-krediet-afbetaling-belasting-sakrekenaar-rekenaar-boekhou

Foto: FirmBee/Pixabay.com

Van 1 Maart 2020 tree hersiene wetgewing in werking rakende die belasting van Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk.

Volgens Fanus Jonck, ʼn belastingpraktisyn van Kaapstad, was Suid-Afrikaners se inkomste wat hulle in die buiteland verdien voorheen van belasting vrygestel indien hulle vir 183 dae of meer (60 dae hiervan moet agtereenvolgend wees) in die buiteland werksaam is.

Jonck het gesê die vrystelling is steeds geldig, maar die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het aangedui die vrystelling sal van volgende jaar net op ʼn maksimum van R1 miljoen (sowat $75 000) per jaar in verdienste van toepassing wees.

“Dit is die enigste verandering – daar is nou net ʼn perk op die vrystelling ingestel,” sê hy.

“Indien jy dus in die buiteland werk en R100 000 per maand (of R1,2 miljoen per jaar) verdien, sal die maksimum bedrag wat moontlik belasbaar word R200 000 wees.”

Volgens Hilary Dudley, besturende direkteur van Citadel Fiduciary, is daar soveel angs rakende die veranderinge in die belasting vir ekspats dat die tesourie op 6 Maart ʼn werksessie aangebied het om dit te bespreek. Daar was veral kommer oor die praktiese probleme wat die nuwe belasting vir werkgewers én werknemers kan inhou omdat sommige lande nie ʼn jaarlikse belastingopgawe vereis of dit aan personeel beskikbaar stel nie.

Dudley het gesê die tesourie het egter voet by stuk gehou dat hulle nie ʼn beleidsverandering sal maak nie en die R1 miljoen-kerf vir vrystelling van die belasting sal ook nie verhoog word nie.

Die nuwe wetgewing het talle ekspats in die duister gelaat terwyl talle van die buitelandse werkers steeds dink die wet sal nie op hulle van toepassing wees of afgedwing kan word nie. Daar is nou ook vrae oor of jong Suid-Afrikaners wat vir ʼn kort tyd in die buiteland werk, wel belas kan word.

Dudley glo egter die bekpraatjies oor die voorgestelde verandering doen afbreuk aan die billikheid van die nuwe belasting.

“As ʼn ekspat geld verdien buite Suid-Afrika, maar steeds hier eiendom besit, ʼn gesin het wat hier woon en as ʼn Suid-Afrikaner beskou wil word, is dit realisties dat daar van so ʼn persoon verwag kan word om ʼn mate van direkte belasting te betaal. Die drempel van R1 miljoen is redelik met inagneming van die belastingdrempels van werknemers in Suid-Afrika,” het Dudley gesê. Sy het bygevoeg dat mense die emosie uit die saak moet verwyder.

Weliswaar verdien die meeste belastingbetalers wat hierdeur geraak word in ʼn geldeenheid soos die dollar en met die verswakking van die rand sal dit tot sekere mate die vrystelling van R1 miljoen weerlê. Sy glo egter ekspats moet op die een of ander wyse belas word.

“Indien ʼn ekspat reeds direkte belasting in ʼn ander land betaal, kan die uitwerking van die nuwe Suid-Afrikaanse belasting verminder word ingevolge ʼn dubbelbelastingooreenkoms,” het Dudley gesê.

Sy meen egter die mense wat waarskynlik die nuwe belasting die meeste sal voel, woon in lande wat nie fokus op direkte belastingheffings soos loonbelasting nie, maar wel meer indirekte belasting hef soos BTW.

Nuwe inkomstebelasting teiken hulle

Dudley het gesê die tesourie teiken met die nuwe belastingheffing veral olieboorwerkers en vlieëniers wat in Suid-Afrika woon, maar vir buitelandse maatskappye werk.

Sy glo dit sal beslis ʼn uitdaging wees vir iemand wat tot dusver nie belasting betaal het nie om dit nou te begin doen, maar die uitwerking daarvan behoort nie so groot te wees soos wat aanvanklik berig is nie.

“Onthou, dit is belangrik om te besef die eerste R1 miljoen van inkomste is heeltemal belastingvry. Dit is uitsonderlik in ʼn land met ʼn besonder lae belastingkerf. Jy sal eers belasting in Suid-Afrika begin betaal op die eerste rand wat jy ná R1 miljoen verdien.

Kry die beste raad

Dudley het gesê belastingbetalers word nou aangemoedig om finansiële emigrasie te doen om te verseker dat hulle steeds nie belasting hoef te betaal nie.

“ʼn Mens is steeds verplig om belasting te betaal op enige Suid-Afrikaanse inkomste. Dit is waarom dit so noodsaaklik is dat jy die korrekte raad van ʼn gekwalifiseerde belastingpraktisyn verkry voordat jy besluite neem oor jou bates en belastingaangeleenthede.”

Nog ʼn probleem volgens Dudley is mense wat reeds jare terug uit Suid-Afrika geëmigreer het, maar nog nie heeltemal finansieel geëmigreer het nie.

“Ek dink dit is onwaarskynlik dat die SAID die uitstaande belasting van hulle sal verhaal. Wat wel kan gebeur, is dat hierdie belastingbetalers hulle status aan die SAID sal moet verduidelik,” sê sy.

“Dit is egter belangrik om te weet: indien jy ʼn ekspat is wat ʼn belastingopgawe moes ingedien het en dit nie gedoen het nie, sal SAID dit as belastingontduiking beskou. Finansiële emigrasie sal die probleem ook nie nou oplos nie.

“Daar is nog altyd van ekspats verwag om ʼn belastingopgawe in Suid-Afrika te voltooi, selfs al is hulle vrygestel van die inkomstebelasting op buitelandse inkomste, en hierdie inligting is reeds aan die SAID beskikbaar.

“Daarbenewens sal die SAID weet hoeveel in enigiemand se bankrekening inbetaal word omdat lande en banke hierdie soort inligting aan mekaar beskikbaar stel.”

Dudley het gesê hierdie soort inligtinguitruilooreenkomste is juis ʼn belangrike fokusgebied vir die SAID in ʼn poging om Jan Taks se huis weer in orde te kry. Tito Mboweni, die minister van finansies, het die ooreenkomste ook uitgelig in sy begrotingsrede vroeër vanjaar.

“Dit beteken ekspats sal toenemend op die SAID se radar wees en dit onderstreep die belangrikheid dat mense hulle sake in orde moet kry in ooreenstemming met die nuwe voorgestelde wysigings op die inkomstebelasting.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Manie ·

Hierdie rasistiese mense wat hier regeer verhinder wit mense met wetgewing om hier werk te kry. Maar nou is hulle agter hulle belasting aan. Totaal siek

marous ·

Die goue gans hier is dood gewurg . Venezuela gaan soos ‘n berg goudstawe lyk teenoor die vullishoop ….binnekort

Jaap ·

Net nog n manier om trommels vol te maak.
Want hulle weet die wat hulle nie in DA soek nie kry goeie geld elders en nou vreet ons van albei kante af.
Ja hulle sal mense uitbuit.
Siek spul,gierige spul.
Wil als vat al kom dit hulle nie toe nie.

Hanna Hoekom ·

Kyk, as mense nou vir een keer dink dat dit “maklik” is om jou gesin, familie en vriende in jou geboorteland agter te laat, moet jy weer dink. Hier sit ons in die buiteland, omdat ons eie land ons nie wil he nie. Ons sonde: ons is wit! Ons kry nie werk nie, lewenskostes bly styg en jy wurg finansieel stadig maar seker. Nou is ons geld goed genoeg vir n land wat sy rug basies op jou gedraai het? Dis nou n kwessie van “voetsek witmense, maar stuur tog net julle geld” storie.

Arm Attie ·

Oor ‘n paar maande is daardie miljoen rand slegs $100 werd, en dan lag SA Inkomste Diewe al die pad bank toe.

Belasting is geweld!

Jean ·

Sal nie ‘n enkele sent vir die SA regering gee nie. Dis maar net my manier met “non violent protest action” of te wel vreedsame weerstand. By gesê 120 751 Belasting betalers 29% van alle persoonlike belasting betaal in SA.

Winx ·

Ek stem saam met jou Jean. Om belasting aan ‘n korrupte regering te betaal is slawerny – maak nie saak hoe hulle dit wil heuning smeer.

Bly nie in SA nie ·

Ek bly nie in Suid Afrika nie maar het nog n’ Bank rekening daar en kom party keer kuier in Suid Afrika nie meer as 4 weke in 1 jaar nie. Hoe gaan ek baat by die belasting wat ek in Suid Afrika betaal? Weet iemand van n’ belasting raadgewer wat kan help met advies

Willie ·

Gaan lees die SAID se webblad. Sover ek onthou word SA persone wat minder as 45 dae per jaar na SA toe kom, nie as belastingpligtig geag nie.

John ·

Ek stem saam, ek bly al meer as 15 jaar oorsee, het burgerskap hier (maar nog my SA burgerskap ook) en betaal inkomste belasting hier in Europa. Ek gaan kuier so elke 3 jaar, vir nie meer as 4 weke op ‘n slag nie. Hoe gaan ek hierdeur geraak word en waar kan mens vir hulp aanklop. My ondervinding met die ambassades is maar baie negatief

Andreas ·

John, ek sal graag met jou wil kennis maak, verstaan wat jou laat tick. Ek het idee, as mens se ideale vertrap word is dit nie speletjies nie, juis waar jy dit als vir die land gegee het. En dan woon Leopold ook daar in die Nederlande.

Ek sê net ·

Ek is op julle bladsy. Hoekom moet ekspats belasting betaal in SA as hulle nie die “sogenaamde “ voordeel daaruit trek nie? Ons is nie goed genoeg vir enige werk hier nie, maar sodra ons oorsee werk kry, dan is ons geld goed genoeg.

Maklik.. ·

Wat nou eintlik gebeur is mens moet net immigreer, dan is al die probleme opgelos..

Maxi ·

Ekspats is van alle rasse. Ongelukkig het van hulle die grootste kritiek (soos die kritiek wat ek nou lees) met betrekking tot Suid Afrika. Ek persoonlik ondersteun die ekspats belastingwet. Plaas dat jul ons help om SA te help opbou, hardloop van jul weg. Ek verwys hier na die hordes Suid Afrikaanse onderwysers wat eerder hier kon gebly het om n verskil maak, net om een voorbeeld te noem. Baie van die ekspats het ons verlaat om die verkeerde redes, wil mos vinnig n paar “bucks” maak. Ons wat agter gebly het moet die kaiings uit die vuur krap, maar glo my dis die moeite werd en die werksbevrediging kan nie aan geldwaarde gemeet word nie. Dis n gevoel hier binne jou, wat jou hart warm maak. Ja, dis swaar partykeer maar die moeite werd. So betaal maar jul paar sente aan belasting. Soos ek die reels lees is dit eintlik heel eenvoudig. Dis my mening, gelukkig het Suid Afrika my vel dik gemaak.

Karlahari ·

Ha ha ha
Boe hoe hoe
Amper dog ek jy is ernstig.
Word wakker. Onder huidige regering is daar nie plek vir n blanke nie. Behalwe sy geld. Affirmative action verhoed jou om betrokke te raak by her opbou.

Deon ·

Maxi, indien blankes hul werk weens RA en SEB verloor en die deur gewys word by al wat ‘n werkgewer is, wat moet jy doen? Jy moet werk waar jy gewaardeer word, dikwels met vrou en kinders by die huis. Indien jy wil nie, is ‘n plakkerkamp jou voorland. En dit is wat die EFF wil hê. Die lande waar expats goeie geld maak is alles behalwe maklik, veral in vreemde kulture.

Piet Tax ·

Moenie emosies en belasting meng nie. Waar bestaan daar nog so `n belasting in die wereld ?

Sue ·

Die “brand in die bors” gevoel, is SOOIBRAND boet, van al maagsure wat opgaar in en oor die land en sy trawante… Lol!!!

Antionette ·

Maxi, dit is goed as SA nog jou hart kan warm maak wonderlik. Almal kan ongelukkig nie soos jy voel nie. Gun ander mense die keuse om te besluit vir hulself… Wil ek wag tot die aaklige realiteit in SA my en my geliefdes tref van moor alle witmense of gaan ek die kans aangryp as ek elder n nuwe lewe kan begin… Werk kry jy nie in SA as jy wit is gaan jy Maxi hand uitsteek en help as ons werkloos wel in SA bly???

Estelle ·

Maxi, jy droom! Opbou aan wat? Haat? Net oordat jy nie die ruggraat het om oor te begin nie, nou oordeel jy? Jou hele menswees agter te laat en jou wortels uit te trek nie? Wakker skrik! Hierdie land soek nie gekwalifiseerde, hardwerkende mense nie. Hulle stel net in 1 ding belang, jou kleur. Sodra my kinders oud genoeg is, pos ek hulle waar hulle op grond van hul kwalifikasies en nie hul kleur beoordeel sal word. Slaan maar die dooie perd soveel jy wil, hy sal nie weer opstaan nie.

Anneli ·

Maxi, jou vel is inderdaad dik-so dik dat jy geen empatie met mense het wat sukkel om liggaam en siel aanmekaar te hou nie. As mense wat uiteindelik werk in die buiteland gekry het en so hulle familie aan die lewe hou terugkom Suid Afrika toe, gaan jy hulle finansieel bystaan? Of moet hulle hier sonder werk van ellende krepeer? Of gaan jy vir hulle week aanbied?
Ag nee sies man, hou op om so onsensitief vir ander mense se probleme te wees. Jou onbegrip staan jou tot skande. Dat een mens soveel onsinnighede kan kwytraak verstom my.

Die Verlore Skaap ·

Maxi jy is net jaloers op mense wat oorsee gaan werk. Ek het al baie sulke mense hier tee gekom. Hulle noem altyd die geld storie.
Terloops gaan jy hulle kinders en familie veilig hou sou hulle hier gebly het ?
Feit van die saak is….mense in SA gee net vir hulle self om, hulle groot karre en groot huise. Kyk maar net hoe gevaarlik ry mense op SA se paaie !

Andreas ·

Looi die ekspatte, looi hulle, looi ook sommer die mense wat die woord ekspatte gebruik. En dan die wat nie saam met my stem nie, gee my 6 van die bestes omdat ek die woord ekspatte verguis.

xxx ·

Looi jouself Andries, ek bly al 11 jaar in die buiteland. Daar is nie manier wat ek een sent sal betaal nie… Ek werk hard vir my geld en betaal hier wat ek moet betaal (alreeds Super) ek kry nie werk in SA daarom gewaai. ek gee met GRAAGTE my citizen op as dit so moet wees. ek het geen bank rekening of enige eindom of belange meer in S.A. nie! so looi jouself!!

Deon ·

Dalk is dit moontlik vir ‘n expat om ‘n maatskapy in die buiteland te skep, iets soos ‘ n BK. Dit kan die belastingverpligtinge hier drasties beïnvloed. SARS sal jou dan soos’n besigheid moet belas, en wie gaan nou ‘n wins wys.

bosluis ·

Wel ek sien 2 oplossings raak as ek so vinnig lees : 1 werk net vir 180 dae op n slag en vat dan unpaid leave of gee jou SA burgerskap op -veral as jy al soveel jare klaar oorsee werk. Dan is dit mos nie van toepassing nie?

Deon ·

Dit kos ‘n fortuin om ‘n bestaan te maak in die VAE te maak, om nie eers te praat van Singapoer nie. Gaan SAID expats toelaat om duur lewensuitgawes af te trek, soos behuising, vars groente en vrugte, mediese fondse, skoolgelde en water? In gebiede soos Siberia en sentraal Afrika kry expats ongerieftoelaes en in Afghanistan ook gevaartoelaes. Nou gaan dit ook belas word. Dit sal beter wees om maar huis toe te kom, want die kool is nie die sous werd nie. Party expats sal moet geld leen om belasting hier betaal.

Zatopek ·

Ons “olieboorwerkers” spandeer ons geld en skep werk in SA. Ons het werkers in ons huise en tuine, ons betaal maatskappye om ons gesinne op te pas waneer ons weg is. Waneer ons petrol of diesel koop is dit belas waneer ons winkel toe gaan is daar VAT. Ons bou vir ons huise. Maar ons hoef nie daar te bly nie ons werk al klaar weg. En daarom het baie van ons al reeds begin met die immigrasie proses. Julle sal die eerste paar jaar ekstra geld in kry en daarna meer werkloosheid en minder geld. Ons betaal eerder belasting in n land waar ons veilig is en waar ons iets terug kry. Koebaai Suid Afrika…

Rasper ·

Ek dink die regering vergeet dat die meeste van die “olieboorwerkers” reeds weerhoudings belasting betaal in die lande waar hulle werk. Veral in Afrika. Dan bring daardie “olieboorwerkers” brood nodige valuta in. Dit doen hulle ook terwyl hulle nie hulle kinders sien grootword nie, want hulle werk in een of ander Afrika hool. Verder, die meeste mense wat wel so “trekarbeid” verrig is in groot aanvraag in baie ander lande, en die feit dat hulle nog nie heeltemal hulle wortels gelig het in Suid-Afrika nie, is juis dat daar ‘n tikkie liefde vir die land of iets anders in SA hulle hier hou. Dit kan dalk die laaste strooi wees wat maak dat hulle ook maar soos die ander 2,000 mense per maand, hulle goed vat en permanent trek.

Buitelander ·

Hehehe, grap van die jaar! Ek betaal belasting waar ek werk, einde van die storie.
In ander nuus, Venezu… jammer, Suid Afrika se krag is alweer af.

PIET TAX ·

`Hilary Dudley , besturende direkteur van CITADEL FIDUCIARY glo egter die bekpraatjies oor die voorgestelde verandering doen afbreuk aan die billikheid van die nuwe belasting `
Baie snaaks dat n persoon in so `n pos so `n stelling sal maak sonder om al die ander faktore wat `n invloed op die belasting sal he in ag te neem. Baie jammer dat persone wat nie belastingkundiges sulke uitsprake maak.

Jacques ·

n Nuwe goue gans , tot sy eiers ook op raak , waarheen dan . Die regering is te sleg om n lewe vir mense in hulle geboorteland te skep dan gaan werk hulle oorsee , nou wil die regering hulle geld he maar hulle was nie goed genoeg of te wit om hier te werk ???

Marie ·

“in ń land met ń besondere lae belastingkerf”…. Word hier na Suid-Afrika verwys? LOL

Marthinus Willemse ·

In Rusland betaal almal, ongeag hoeveel jy verdien, voor die voet 13% belasting.

Buite Stander ·

Gaan Charleze Theron en Trevor Noah ook hier belas word? Ek glo Elon Musk het sy SA burgerskap al lankal opgegee?

B ·

Het ekspats dan nooit persoonlike belasting betaal? (Maw die wie meer as 183 dae uitlandigs ens is)

Estelle ·

Expats, ek haal my hoed vir julle af! Vir jul durf en moed om in ñ vreemde land en kultuur van vooraf te begin. Kry ñ belastingkundige om raad hier te gee, daar sal ñ wettige manier wees om hierdie belasting so laag moontlik te hou. Bou verder aan jul drome. Ek is TROTS op julle, dit wat jul gedoen het verg moed!!

Rasper ·

Raak rustig mense…. Gaan lees weer. En as jy nie seker is nie, doen moeite en gaan praat met iemand. Daar is eers iets soos ‘n “physical presence”-toets, en dan ‘n “ordinary residence”-toets. Die meeste van julle hier sal nie gesien word as ‘n “South African Tax Resident” nie. So julle sal nie belas word nie. Praat van mekaar opwerk…….

Piet ·

As jy kies om in die buiteland te bly en werk is dit jou reg en voorreg en hoef jy nie belasting te betaal nie. As jy egter steeds stemreg wil hê in ‘n land wat jy vaarwel geroep het moet jy belasting betaal. Jy kan nie jou brood aan albei kante gebotter hê nie. Tog interressant hoe die ekspats wil kies wanneer hulle ingesluit wil word in SA reg en wanneer nie.

Leon ·

As expats kan kies tussen belasting en stemreg is die keuse baie eenvoudig.

Nederkaner ·

Al hiekom ek nog stem in SA verkiesing is vir my mense daar. Maar vir my gesin hier sal ek jou my ID boekie gee in ‘n hartslag.

Xpat ·

Mr. President,
The victims of Sharpeville had a dream. Their great-grandchildren, under your party’s leadership, have nothing.

Andre ·

Ek dink in ieder geval SARS is bankrot, dit lyk of hulle nie meer geld kan terugbetaal wat hulle skuld nie. Dis soos brandstof, net nog ‘n heffing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.