Só werk nuwe paspoort vir kinders

Argieffoto

Die regering het ’n nuwe kinderpaspoort bekend gestel wat voortaan vir oorsese reise deur alle Suid-Afrikaanse burgers onder die ouderdom van sestien jaar vereis sal word.

Die kinderpaspoorte vervang die uiters ongewilde stelsel dat die kind se onverkorte geboortesertifikaat as reisdokument dien, soos die afgelope paar jaar die geval was, en bevat onder meer die besonderhede van albei ouers of die kind se voog(de).

Om ʼn kinderpaspoort te kry, geld die volgende vereistes:

* Die tersaaklike aansoekvorm (DHA-73) moet korrek ingevul word.

* Die kind se Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat moet getoon word en ’n afskrif daarvan moet die aansoek vergesel.

* Twee kleurfoto’s van die kind wat aan paspoortregulasies voldoen, moet aangeheg wees.

* Die voorgeskrewe paspoortgeld.

* As die ouers getroud is, moet die kind en albei ouers teenwoordig wees wanneer die aansoek by die naaste kantoor van die departement van binnelandse sake of die naaste Suid-Afrikaanse ambassade of konsulaat ingedien word. Albei ouers moet die paspoortaansoek onderteken. Dit is belangrik om te besef dat ’n toestemmingsbrief en afskrif van die afwesige ouer se identiteitsdokument nie meer aanvaar word nie – die enigste uitsonderings waar albei ouers nie saam met die kind teenwoordig hoef te wees nie, word hierna uiteengesit:

* As die ouers geskei is en volle ouerlike regte betreffend voogdyskap is nie aan slegs een ouer oorgedra nie, moet albei ouers en die kind teenwoordig wees wanneer die aansoek ingedien word, en albei ouers moet die aansoek onderteken.

* As een ouer oorlede is, moet die oorspronklike doodsertifikaat by die indien van die aansoek vertoon word en ’n kopie van die doodsertifikaat moet die aansoek vergesel.

* As die kind buite die huwelik gebore is, word die biologiese moeder se toestemming en teenwoordigheid vereis by die aansoek. Indien die ongetroude vader die regte van ’n ongetroude vader uitoefen soos gestipuleer in art. 21 van die Kinderwet, is die vader se toestemming ook nodig, en in so ’n geval moet albei ouers teenwoordig wees by die indien van die aansoek en die aansoek onderteken.

* As die kind in die sorg van ’n voog(de) is wat nie die kind se ouers is nie, moet die voog(de) en die kind teenwoordig wees by die aansoek, die voog(de) moet die aansoek onderteken, en bewys van die toekenning van die voogdyskap deur die hooggeregshof moet saam met die aansoek ingedien word.

* As enige ouer nie opgespoor kan word nie of as ’n ouer weier om teenwoordig te wees by die aansoek, die aansoek te ondersteun of die aansoek te onderteken, of as ’n dispuut oor enige van hierdie aspekte ontstaan, moet die kwessie deur ’n uitspraak van die Kinderhof besleg word. Die Kinderhof se uitspraak moet saam met die aansoek ingedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Anneke Barnard ·

Waar kan ek die hele artikel 21 van die Kinderwet te lese kry? Kan iemand dalk help?

As ek dit Google, kry ek alles behalwe.

Helizna ·

Ek sal vir jou kinderwet aanstuur via epos. Stuur versoek aan Helizna at Hotmail dot com. Maroela asseblief plaas ‘n kopie!

johan ·

Wat is nuut hieraan, al in 1998 vir kinders paspoorte gekry ?

Petronella Strydom ·

Is waar Johan paspoorte vir kinders is al jare in, maar indien ek reg lees het die prosedure verander. Een ouer kan nie net skriftelike toestemming gee nie, hulle moet albei teenwoordig wees. Ek het jare terug net vir my ex man ‘n brief gegee vir toestemming om ‘n paspoort vir my seuntjie te kon kry. Nou nie meer so nie.

Rene ·

Nadat ek so gesukkel het om my kind se paspoort gedoen en gekry het nou verander hulle dit!!! Regtig nie eens 6 maande terug nie!! Nou kos dit net weer geld!!

Nico Strydom ·

NOTA: Na aanleiding van hierdie lesresnavrae het Maroela Media die departement van binnelandse sake om uitsluitsel genader. Volgens die nasionale woordvoerder van die departement van binnelandse sake, mnr. Thabo Makgola, bly die ou paspoorte geldig tot met die spesifieke paspoort se vervaldatum. Wanneer die kind se huidige paspoort in elk geval verval, sal sy/haar aansoek vir die nuwe kinderpaspoort wees. Mense wie se kinders tans geldige paspoorte het, hoef dit dus nie nou dadelik te vervang en opnuut koste aan te gaan nie, maar eers wanneer dit in elk geval sou verval. Vriendelike groete

Michelle ·

Daar is nie n opsie vir ouers wat geskei is en een ouer woon oorsee nie.Hoe gaan albei teenwoordig kan wees…

marous ·

Kan hierdie mense niks anders doen as om die wiel oor en oor en oor uite vind nie ? Nee want hoe gaan hulle dan weer biljoene uit wurg ? Pateties!

Petrisha ·

Wanneer sal dit in werking tree? Nou moet ek weer die roete doen nadat ek die unabridged birth certificates en paspoorte als in orde het…. REGTIG besig om ons geld en tyd te mors!

Nico Strydom ·

NOTA: Na aanleiding van hierdie lesresnavrae het Maroela Media die departement van binnelandse sake om uitsluitsel genader. Volgens die nasionale woordvoerder van die departement van binnelandse sake, mnr. Thabo Makgola, bly die ou paspoorte geldig tot met die spesifieke paspoort se vervaldatum. Wanneer die kind se huidige paspoort in elk geval verval, sal sy/haar aansoek vir die nuwe kinderpaspoort wees. Mense wie se kinders tans geldige paspoorte het, hoef dit dus nie nou dadelik te vervang en opnuut koste aan te gaan nie, maar eers wanneer dit in elk geval sou verval. Vriendelike groete

Mossie ·

As ek die artikel reg lees het ABSOLUUT NIKS verander nie. Moes in 2010 vir my kinders elk n paspoort kry wat slegs 5 jr geldig is EN ek moes die unabridged geboortesertifikate ook aanvra en slegs met beide was ons 2015 toegelaat om die land met ons kinders te verlaat vir n vakansie. Ons het paspoorte 2017 weer hernu en al die reels en regulasies soos uiteengesit in artikel het weereens gegeld. So wanneer sedert 2010 was die reels verander?

Spatare ·

Dit het nie juis verander nie, Die passpoorte is wel nou geldig vir 10 jaar. Dis maar net reëls dat albei ouers in kennis gestel en toestemming moet gee as een ouer oorsee gaan met kind en nie spoorloos verdwyn nie.

Jack Russl ·

As ek dit reg verstaan word die onverkorte geboorte sertifikaat se inligting in die nuwe paspoorte aangebring. In die verlede moes jy ‘n paspoort he en onverkorte geboorte sertifikaat, maar nou net die paspoort aangesien al die inligting in die nuwe paspoorte is.

Ek dink nie enige iets in die proses het verander nie

Cornel ·

Hoe maak mens as die ouers in verskillende provinsies bly? Kan aansoek gedoen word by binnelandse sake waar beide ouers nie teenwoordig is nie maar wel beide in hul naaste binnelandse sake aanmeld op dieselfde tyd?

Marcell ·

Ons was verlede jaar deur die proses, die ouers se besonderhede word op die paspoort aangebring, maar toe ons die paspoort van die kind ontvang het hulle my vrou se nooiensvan op die paspoort gedruk. By navraag by die departement was ons meegedeel dat dit korrek is, maak glad nie sin nie.

Hopelik ·

Ons vriende sal bly wees wanneer hul kinders hopelik die land vinniger kan verlaat, nes ons.

Annamarie ·

Ons is hierdie jaar deur dieselfde proses… Toe ons die paspoort ontvang, selfde storie, my nooiensvan is gebruik… Dit na elke dokument wat ons moes invul om inhandig my trou van op het… Het ook gaan navrae doen… Daar is vir my gesê dis reg… Dame se woorde “They choose what surname to use” so beteken dit nou ons moet met ons huwelik sertifikaat in die paspoort rond reis?? Verstaan ook nie altyd hulle redes nie… Maar nou ja…

Andre Potgieter ·

Dit werk nog nie. Het verlede week aansoek gedoen vir Shengen visa na Italie met nuwe paspoort.Gister deur Italiaanse ambassade laat weet dat hulle “unabridged birth certificate” benodig . Is daar iemand wat kan help.My seun moet reeds 29 Aug vertrek vir gholf toernooi en tyd te min om aansoek vir geb sertifikaat te doen. Ons het al die ander dokumente ingedien.

Jack Russl ·

Ons het ‘n paar weke terug aansoek gedoen vir ‘n “unabridged birth certificate” en hulle het dit binne 30min daar geprint, nie nodig om weke te wag nie

Yolanda Potgieter ·

Ons het dit ook so verstaan, maar dit werk nog nie. Ons het verlede week aansoek gedoen vir Shengen visum vir my seun met sy nuwe paspoort. Gister het Italiaanse Ambassade laat weet dat hy nogsteeds onverkorte geboortesertifikaat moet hê. Hy vertrek alreeds 29 Aug en is tyd nou te min om aansoek te doen. Kan iemand asb help!!

Anneke Flower ·

En wat is die een ouer in ‘n ander land bly (Engeland) en nooit SA toe kom nie? Hoe moet beide ouers en kind betrokke wees?

Eve ·

Ja great, maar julle wil nie vir my ‘n afskrif van my oorlede gewese man se doodsertifikaat gee nie. Want ek is nie familie nie..

Spatare ·

As jy kind/kinders by hom gehad het, moet hulle vir jou ‘n afskrif van sy doodsertifikaat gee.

Alida van Niekerk ·

Die “unabridged birth certificate” wat vir die Schengen-visum benodig word, is volgens die Schengen-visum se vereistes. Dit het niks te doen met die nuwe paspoort nie. As jy vir ‘n Schengen-visum aansoek doen, maak dit nie saak watter tipe paspoort jy het nie, jy moet steeds daardie geboortesertifikaat vir kinders onder die ouderkom van 18 kan toon.

Andre ·

Die volledige geb sertifikaat is deur SA owerhede ingestel maar nou het hulle dit verander dat indien ouers se naam in nuwe paspoorte is dit nie meer nodig is nie.Die boodskap het nog nie by Schengen lande se admin uitgelom nie. Dit is nou die situasie.

Linda ·

Ons het onlangs ons paspoorte gekry, en net 1 van die 2 kids se paspoorte het die details van albei ouers agter in. Die oudste (12) sin het nie die details in nie. Hoe kry ons dit verander?

Leana ·

Het mens nogsteeds die unabridged geboorte sertifikaat nodig om aansoek te doen vir die kind se paspoort?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.