Só wil departement oor toelating by skole besluit

Belanghebbendes het tot 12 Maart om kommentaar op die beleid te lewer. (Foto: Unsplash)

Angie Motshekga, minister van onderwys, het die wysigings vir toelating tot staatskole in die Staatskoerant aangekondig. Dit stippel die beleid uit wat provinsiale departemente en skoolbeheerliggame moet volg om leerders by skole toe te laat.

Die voorgestelde beleid bepaal onder meer dat geen leerder toegang tot ʼn staatskool geweier mag word gegrond uitsluitlik op die skool se taalbeleid nie.

Die beleid lui ook dat die “mag om die taalbeleid van die skool te bepaal uitgeoefen moet word met die nodige inagneming van die waardes” in die Grondwet, asook met inagneming van dít wat regverdig, billik uitvoerbaar en gelyk is, asook die behoefte om die gevolge van vorige diskriminerende wette en gebruike reg te stel.

Ingevolge die beleid mag daar geensins teen ʼn leerder gediskrimineer word op grond van onder meer ras, geslag, gender, huwelikstatus, etnisiteit, gestremdheid, geloof, taal, immigrasiestatus of nasionaliteit nie.

Staatskole moet ook leerders met spesiale onderwysbehoeftes toelaat in soverre dit prakties moontlik is. Skole word ingevolge die beleid aangemoedig om sover moontlik hul fasiliteite vir dié leerders toeganklik te maak. Indien dit nie moontlik is nie, moet die aansoek na die hoof van die departement verwys word.

Die beleid lui ook dat leerders in beginsel saam met die res van die onderdomsgroep moet vorder.

“Die herhaling van grade lei selde tot beduidende verbetering in leer en het dikwels die teenoorgestelde uitwerking. Die norm vir herhaling is een jaar per skoolfase, indien nodig. Veelvuldige herhalings in een graad word nie toegelaat nie.”

Die beleid lui voorts dat dit egter nie gesien moet word as outomatiese bevordering nie.

Ingevolge die beleid mag ʼn departementshoof, ná beraadslaging met beheerliggame, die voedingsone vir staatskole vasstel om die getal leerders te beheer en ouers se voorkeure te koördineer.

Wanneer hierdie sones oorweeg word, moet verskeie kwessies in ag geneem word. Dit sluit in die kapasiteit van ʼn skool en ander skole in die omgewing, die taal en leerplan wat by ʼn skool en ander skole in die gebied aangebied word, die bevolkingsdigtheid in die gebied, asook die behoefte aan geografiese en ruimtelike transformasie.

Voorkeur moet ingevolge die beleid gegee word aan ʼn leerder wat in ʼn voedingsone van ʼn skool woon of ʼn boetie of sussie in dieselfde skool het, of wie se ouers in die voedingsone werk. ʼn Leerder wat buite die voedingsone woon mag steeds aansoek doen om toelating, maar dit kan nie gewaarborg word nie.

Die beleid sit ook die voorwaardes uiteen waaronder leerders wat nie Suid-Afrikaanse burgers is nie, se toelating hanteer moet word.

  • Belanghebbendes het tot 12 Maart om kommentaar te lewer op die voorgestelde beleid. Voorleggings kan by die departement van onderwys se kantoor by Sol Plaatje-huis in Strubenstraat in Pretoria ingehandig word, of kan na [email protected] of [email protected] gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Casper ·

Daar is 11 amptelike landstale.Gaan al die tale by skole aangebied word.Hierdie wetgewing is gemik op Afrikaanse skole.Die wet sal in die grondwetlike hof ongrondwetlik verklaar word.Vra maar vir Lesufi.

Blikkies ·

Bou baie meer skole en stel meer gekwalifiseerde onnies aan.

Harry ·

Hier kom groot marrakas! Funksionerende skole gaan afgetakel word om plek te maak vir almal. Sterkte julle skole!!!

Tipper ·

Tuis onderrig, so hou jy vir hom uit, lekker gebol, minister het dan geen se, hie haaa. Lekker dag vir Julle, Tata my kinders, liefies vir julle.

Kombiman ·

So laat ek reg verstaan, as ek my afrikaanse kinders by n engelse of Afrika taal skole inskryf (nie dat ek sal nie) MOET hulle die kinders akomodeer? Of geld dit net vir afrikaanse skole?

Pieter ·

Ons blankes wil mos nie wakker skrik nie. Al wat ons goed kan doen is praat. Ons moes tien jaar terug al standpunt in geneem het.

Coenie ·

Ek wil dit tog net duidelik stel daar is nie so iets soos ‘n staatsskool nie. Dit is openbare skole aangesien die ouers dmv. die beheerliggaam beheer uotoefen en nie die staat nie. Ek sien hiedie gaan nog lei tot groot gevegte.

Fritz ·

Geslag is manlik of vroulik.
Gender is manlik, vroulik en “dit”.

Johann ·

Mmmmm? Ek lees n paar goeidjies raak wat my kop laat wonder en my hart laat stop, so bv “huwelikstatus”! Om nie te praat van sussie wat n boetie wil wees of anders om nie? Is daar max ouderdom vir n graad of kan jy jou Graad 7 klas na jou 21st toe nooi? Dis nou AS jou vrou of jou man of dalk die selfde mamma en/of pappa toesig hou?

Alet ·

Hoekom nog enisgsins dan standaarde hê vir slaag of druip? Laat almal dan soos skape aangaan na die volgende jaar toe. G’n wonder baie van ons kinders moet oorbrugging doen om in die buiteland te gaan studeer. Skole hier is ‘n ramp. Kom Afriforum wanneer gaan ons weer ordentlike afrikaanse skool kry vir ons kinders? Vertl julle as ons almal bydar gaan dit nie lank vat nie en daai koshuise sal tjok en blok vol wees.

Cecilia ·

Dankie tog my kinders is klaar met skool.
Ek voel jammer vir d ouers met GR1’s.
Solank d taalbeleid by ALLE skole toegepas word. Insluitend engelse skole ook en d skole in swart nedersettings moet ook al 11 tale aanbied.
Gebied toelating moet toegepas word want in Nelspruit ry hul swart kinders met busse aan v Trust gebiede maar toe ek my kind daar inskryf 8jr trug toe moet ek bewys v adres lewer

LANA is ELANè ·

Kan Afriforum nie ‘n standaardformaat van ‘n klagte maak wat ons kan aanstuur rakende kommentaar nie, die gewone man op straat weet nie presies in wat om jou mening te gee nie, met ‘n standaard vorm kan mens net die nodige invul en per e~pos aanstuur.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.