Só wil Helpende Hand kinders se leesvermoë bevorder

Bybelleesboek-HH-tassie-projek-2018

Helpende Hand het ‘n Bybelleesboekie in die tassies van die organisasie se Skooltassieprojek gesit. Foto: Helpende Hand/Facebook.

Sowat 55% van behoeftige kleuters wat deel was van ʼn ondersoek het nog nooit self ʼn leesboek besit nie en slegs 45% van gr. R-leerders het enigsins leesboeke tuis.

Solidariteit Helpende Hand het onlangs navorsing by ongeveer 60 skole gedoen om te bepaal wat die grootste behoefte is waaraan dié organisasie met die Skooltassie-projek aandag moet gee. Die navorsing het getoon min kinders word reeds van ʼn vroeë ouderdom aan boeke blootgestel, of het al ʼn boek van hulle eie gehad het.

Dit het Helpende Hand genoop om vanjaar ʼn Bybelleesboekie in die tassie in te sluit sodat elke kind wat deel is van dié projek sy of haar eie boekie het. Die hoop is dat die insluiting van dié leesboekie kinders reeds van ʼn vroeë ouderdom sal inspireer om te lees en daarmee hul opvoeding ʼn hupstoot sal gee.

Volgens Margolé Riekert, projekorganiseerder van die Skooltassie-projek, het die tekort aan skryfbehoeftes breedvoerige gevolge op die opvoeding van kinders. “Hierdie tekort dra by tot swak leesvermoëns en moet daadwerklik aandag kry indien daar ʼn verbetering in die leesvermoë van kinders verwag word.

“Dit sluit aan by die Vordering in Internasionale Leesgeletterdheidstudie-verslag (PIRLS) wat aangetoon het dat 78% van Suid-Afrikaanse leerders in gr. 4 nie met begrip kan lees nie.

“Die Skooltassie-projek is tweeledig. Op kort termyn verlig dit ekonomiese druk reg oor die land, maar op lang termyn takel dié projek leesvaardighede deur die leesboekie wat in die tassie ingesluit is. Kinders moet kan lees om te kan leer.”

jan-de-wet-hh-tassie-projek2018

Die sanger Jan de Wet het die gr.1’s vermaak terwyl hulle heerlik aan ʼn geskenkpakkie vol eetgoed gesmul het. Foto: Helpende Hand.

Die Skooltassie-projek poog om ʼn onmisbare bydrae in kinders se lewens te maak en behoeftige gr.1’s reg oor die land in staat te stel om hul skoolloopbaan op gelyke voet met hul klasmaats te begin.

Die inhoud van die tassies sluit onder meer die volgende in: uitdraaikryte, ʼn legkaart, inkleurpotlode, grys potlode, ʼn liniaal, ʼn skerpmaker, ʼn skêr, ʼn uitveër, gom, pennesakkies en ʼn witbord met penne. Die waarde van die tassie met sy inhoud is ongeveer R380.

Helpende Hand se Tuine-tak het Dinsdag ʼn totaal van 50 tassies by Laerskool Tuine uitgedeel. Die sanger Jan de Wet het die gr.1’s vermaak terwyl hulle heerlik aan ʼn geskenkpakkie vol eetgoed gesmul het.

  • Helpende Hand deel vanjaar ongeveer 4 600 tassies uit. Meer as 170 skole reg oor die land het aansoek gedoen om tassies. Jy kan die kinders in jou gebied ondersteun deur die woord “Tassie” na 42266 te SMS en só betrokke te raak by die projek. ’n SMS kos R30. Of besoek tassie.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

MAROELA? LEES die foto se onderskrif… Bybelleeboekie? Oops…

Dalene de Vente ·

Dagsê Johann

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

heila ·

mense het julle gesien hoe duur leestof is? Ek byvoorbeld is mal oor lees en as pensioenaris kan ek ook nie boeke bekostig nie. waar het jy gesien dat ‘n eenvoudige verhaal R400+ is
heila

@ HEILA ·

Dalk moet julle ‘n boekklub begin en boeke uitruil? Net ‘n voorstel .. Dalk is daar ander pensionarisse wat ook lief is vir lees dan kan julle beurte maak met die boeke? Ek sien ook by vlooimarkte dat daar tweedehandse boeke is wat spotgoedkoop verkoop word .. Dalk kan dit jou ook help as jy dit vir ‘n billike prys in die hande te kry. Lekker lees.

GMP ·

Probeer 2de handse boekwinkels! Meeste boeke is nog in ‘n baie goeie kondisie by sulke plekke.

skerwe ·

net gisteraand by n vergadering her ons gepraat van hoe skandalig duur boeke geword het. ons weet skrywers het boekverkope nodig om n bestaan te maak, maar hulle het kopers nodig om die boeke verkoop te kry. baie min van ons kan die astronomiese pryse bekostig. veral nie as jy omtrent enige boek op die internet vir n fraksie van die prys kan lees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.