Só wil Mbalula spoordiens regruk

Fikile Mbalula, minister van vervoer. (Foto: Department of Transport/Facebook)

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Maandag sy planne aangekondig om eindelik weer die land se spoordiens op die been te bring, nadat dit al jare lank gebuk gaan onder verwaarlosing, vandalisme en kabeldiefstal.

Die regering het die witskrif oor die nasionale spoorbeleid in die Staatskoerant bekendgemaak, wat die private sektor nou toelaat om in te gryp en self passasierspoordienste te bedryf.

“Die beleid poog om kapasiteitsuitdagings aan te pak en waar Prasa nie dienste kan bedryf nie, het die beleid dus toegewings ingestel sodat die private sektor spoorlyne kan bedryf,” sê hy.

“Dit sal dan die spoordiensmark oopstel vir ander operateurs om mee te ding en bedryfsdoeltreffendheid te verbeter, wat nodig is om diensgehalte en mededingende pryse in hierdie sektor te verbeter.”

Die witskrif oor die nasionale spoorbeleid is reeds op 23 Maart deur die kabinet goedgekeur.

Mbalula het erken dat die huidige bronne van finansiering vir vrag- en passasierspoordienste onvoldoende is, daarom maak die witskrif voorsiening vir die betrokkenheid van die private sektor by die finansiering van konstruksiewerk en die opknapping van infrastruktuur oor die hele land.

“Die kernpunte van die witskrif oor die nasionale spoorbeleid is om belegging in ons spoorweë moontlik te maak, met spesifieke aandag aan ons spoordiens se tegnologie.”

Ekonome het dié beleid vroeër gekritiseer, aangesien beleggers dermiljoene rande sal moet belê ten einde net vir twee jaar toegang tot ʼn deel van die spoorlyn te kry. Dit is egter nie seker of dié bepalings intussen gewysig is nie, aangesien die Staatskoerant se webwerf vir etlike maande reeds buite werking is.

Volgens Mbalula beoog die beleid om die spoordiens weer op die been te bring sodat dit ʼn betekenisvolle rol in die land se ekonomie kan speel deur verbeterde toegang tot landelike gebiede en verhoogde werkskepping en mobiliteit.

“Die beleid skep nie net beleidsekerheid nie, maar stel ook radikale strukturele hervorming in die sektor in. Dit is bedoel om ruimte te skep vir private belegging en doeltreffende ekonomiese regulering wat billike toegang tot die primêre én sekondêre netwerk moontlik maak.”

Kaapse metro op Mbalula se spoor

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Ashraf Hendricks/GroundUp)

Die Kaapstad-metro het reeds verlede maand aangekondig dat hy oorweeg om die spoorpassasiersdiens by die nasionale regering oor te neem en dié diens self aan te bied, aangesien die spoordiens skaars in die stad funksioneer.

Mbalula het kort ná die aankondiging uitgevaar oor die voortydige aankondiging en gesê dat net hy kan besluit om hierdie diens aan die stad Kaapstad oor te gee. Hy het wel Maandag die kwessie weer aangeraak.

“Dit is die harde werklikheid dat munisipaliteite nie altyd die nodige vermoë het om spoordienste te beplan en te bedryf op ʼn wyse wat ʼn geïntegreerde diens moontlik maak wat ook die munisipale grens oorskry nie,” sê hy.

“Die witskrif oor die nasionale spoorbeleid erken egter die belangrikheid daarvan om openbare vervoerfunksies tot die laagste vlak van die regering af te wentel. Die beleid vereis egter die ontwikkeling en goedkeuring van ʼn strategie om die suksesvolle oordrag van die spoordiens se bestuur na munisipaliteite te verseker.”

Die Kaapse metro het reeds ʼn lewensvatbaarheidstudie van stapel gestuur om te bepaal of sy planne om die diens oor te neem inderdaad uitvoerbaar is.

Volgens Mbalula sal ʼn breedvoerige strategie om hierdie dienste in die toekoms af te wentel, deel vorm van die volgende weergawe van die nasionale strategiese landvervoerraamwerk, wat in 2023 in werking sal tree.

Hy het bygevoeg dat die Wet op Landvervoer van 2009 voorsiening maak vir diensvlakbeplanning deur munisipaliteite vir passasierspoordienste. Die wet bemagtig Mbalula as minister van vervoer om hierdie regeringsfunksie aan ʼn munisipaliteit oor te dra, “mits die munisipaliteit oor voldoende kapasiteit beskik om daardie diens te verskaf”.

“Ons sal saam met die vereniging van plaaslike regerings werk om ʼn raamwerk te ontwikkel wat munisipaliteite sal help om die nodige kapasiteit te vestig om die spoorfunksie te bedryf,” het hy afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Bertie ·

As stap 1 nie is om te bedank sodat ‘n bevoegde minister aangestel kan word nie, gaan geen planne werk nie.

Jaco ·

Die vraag is, in vandag se dae, waar kry jy nog ‘n bevoegde minister, veral binne die ANC.

Johanna ·

Hy het allerhande mooi praatjies en daar kom niks van nie.

Miss J ·

Julle wil als REGRUK, met geen sukses. As dit van die begin onderhou was, sonder korrupsie, sou NIKS hoef reggeruk te word.!!!!Net ekstra geleenthede om julle hande in die “cookie jar” te kry. Skandelik!!!

Jaco ·

Hy moet homself dalk eers WAKKER RUK. Dan sal hy dalk beseg hy het nie ‘n idee wat hy doen nie, en eerder gaan af tree met die miljoene wat hy oor die jare “ingesamel” het

Suzette ·

Jy is heeltemal reg Joni. Bloemfontein is nou al by die derde regrukker en nog niks is reggeruk nie, maar hulle kry die geld.

Jacobus ·

Hou sy hande so ver moontlik van vervoer af. Alle aspekte so opgeneuk dat…….!

Elméne ·

Jip, met die puppet regering van SA is daar kort kort “April’s fool day”!!

piet ·

Ek het net een probleem met privatisering van openbare vervoer en dit is dat jy verseker kan wees die verbruiker meer sal moet betaal. Dit kan ek jou waarborg. Die hele stelsel is egter in sy maai in so daar is nie eintlik ‘n ander opsie nie, maar die verbruiker gaan hoes.

Jaco ·

Hopenlik sal die privaat sektor meer doeltreffend wees, en minder korrupsie sal gepleeg word. Met dit in gedagte kan die prys dalk selfs af kom. Privaat sektor sal een persoon het, wat die werk doen van 10 mense nou.

piet ·

Die privaatsektor gaan alles “upgrade” en weer netjies, skoon en nuut maak. Die verbruiker gaan hoes maar gaan ‘n beter diens kry. Geen private maatskappy gaan egter betrokke raak sonder ‘n winsmotief nie.

Misky ·

Begin asb met jou bedanking Mbalula. Eerste tree in die regte rigting.

Sarel ·

Maar niemand antwoord hoekom was die verwaarlosing toegelaat nie.
Privaatsektor moet betrek word sonder belasting verligting vir Burgery

Freda ·

Kannie eens die herstel van slaggate bestuur nie nie wat nog te sê die spoorlyne !

Jaco ·

So kortweg opgesom wil hy he die privaat sektor moet betaal om alles weer reg en operationeel te kry, sodat hulle dit weer van voor af kan af breuk.

Jacobus ·

Tipies van n kommunistiese staat, privaatsektor moet eers weer alles oorvat en regmaak net om weer deur die staat teruggevat te word om geplunder te word.

Frikkels ·

Hulle regruk strategie beteken slegs dat hulle dit wat hulle so geplunder het tot feitlik onherstelbaar, nou weggee sodat hulle later weer die wette kan wysig en weer begin plunder nadat herstel plaasgevind het.

Roebs ·

Nog geld wat iewers gaan weg raak…. hoe gaan hulle diefstal en mense se veiligheid waarborg? Moes van die begin af reg gehanteer geword het dan was dit nie nou ‘n probleem nie… Hello Eskom.

Marius ·

Mbalula – jou grapgat , WEER op bou om weer af te breek ??

Swerwer ·

Daar moet eers nog baie water in die see loop voor dit gaan gebeur! Eers moet al die vrot appels verwyder word, sien dan wie en wat bly oor voor daar verder uiting aan die planne gegee kan word.

Vonkprop ·

Mbalula, ruk jouself eers wakker voordat jy aan enigiets vat om reg te ruk.

koos ·

Jy weet, hierdie huidige regime is ongelooflik DOF! So dof soos stof! Die vorige regering het die spoorweë gbruik om die arm blanke-vraagstuk na die 2de wêreldoorlog op te los. Gee almal wat wil werk ‘n ou joppie. Huidiglik sit ons met rekordvlakke werkloosheid, en nou wil die stof kindertjies die spoorweë weggee en aanhou SASSA betaal. Jy kan meer beheer oor iemand uitoefen wat werk want hy kry meer as SASSA geld, dus het hy meer om te verloor. Maar natuurlik moet die kaders eers hulle vervoermaatskappye toemaak……. gaan nie gebeur nie. Cry the beloved country.

Andre ·

Skelm streke weer oppad g’n mens kan die klomp vertrou nie dis al vroeg in ons geskiedenis al bewys klomp gemors

Manie ·

Ruk eers jou agterryers, naamlik die taxi verenigings in die bek, voordat jy eers probeer om die spoordiens wat in elk geval bokant jou vuurmaakplek is te probeer regruk.

SjN ·

Nog by elke afdeling waar hy betrokke was, was n flop. Wat soek hy nog daar?

Toy ·

Begin by die kriminele en stel Polisie aan soos jare terug, maak die treinstasies veilig.

Karen ·

Ai ai ai, ek kan maar net my kop skud. Ruk die ekonomie reg.

Wakkerslaper ·

‘n Praktiese voorbeeld van die Dunning-Kruger effek… sien mense met hierdie sindroom elke liewe dag rondom my in Suid Afrika…

Dup ·

Sekere ministers het darem ñ lekker joppie losgeslaan…..ry heeldag rond,praat heeldag nonsens en stop dan by KFC vir aandete oppad huistoe…tussen treine,tussen stasies,lê daar basies nog net ñ paar spore…..

Delia ·

Net n vraag of 2. Hoe gaan die taxi operateurs in bedwang gebring word. Hulle laat nie eers busse soos Interkaap met rus nie.

Sal privaatoperateurs toegelaat word om mense aan te stel wat die werk kan doen van punt ATot Z of sal transformasie dit ook in die wiele ry.

Koffiepens ·

Gaan hul tyd en geld mors. Die treine gaan tog net weer gebrand en gevandaliseer word.

JohanR ·

Boswell en Wilkes Sirkus toe hulle nog aan die gang was het Mbalula soe gemis!

Waarnemer ·

En wie in die private sektor gaan hierin belangstel?Oud minister Filemon so- en so en al sy chomme wie se hand in die staatskas was.

boerie ·

Hy erken nou dat hulle niks kan bestuur nie want eie sakke is veel meer belangrik.

Kobus ·

Weet iemand wanneer hy verjaar? Ek wil vir hom ‘n pakkie skenk soortgelyk aan die wat narre by sirkusse dra. Bla Bla Bla, praat dat die spoeg spat maar as dit by doen kom is hy verward. Het hy die Taxi vereenigings betrek? Wat is hulle houding oor dit? Soos dit is verwoes hulle alles wat met vervoer te make het en is hierdie projek verseker kompitisie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Wanneer gaan Vasteland China ‘n ooreenkoms met die ANC-leierskap van eMzansibabwe sluit om ePrasa en die hawens reg te ruk in ruil vir die reg om die hawe en lughawe van eKaapMzansibabwestad te gebruik as halwegstasie na die Weste? Ons leef tans in ‘n ANC gekkeparadys bekend as eMzansibabwe.

Fanie ·

aangesien die Staatskoerant se webwerf vir etlike maande reeds buite werking is. Die land in geheel buite werking.

Ruby ·

“….private sektor toelaat om in te gryp….”

Kyk, as dit nou nie selferkende onbevoegdheid is nie eet ek my hoed.

Maghonger sal cANCer weerhou om die leisels oor te gee aan bevoegde mense, dit weerspieël in al die regerings departemente.

Andrew ·

O hel, die “stand up comedian” al weer . “We must go to war on these white monopoly monies and not make such colonialist things as trains work.”

Schalk ·

Ongelukkig gaan jy mense se kulture en opvoeding moet verander om nie alles te vernietig nie. Dit is onmoontlik om misdadigers se denke en vernielsugtigheid sonder gewin of met gewin te verander. Probeer eerder ‘n roos plant en verwag ‘n Protea opkom. Daarby gevoeg verander die totale parlement dan sal daar dalk 1% kans wees dat vrugte sal kom daarvan

Heinrich ·

Bring die spoorwegpolisie terug en skiet enige iemand wat besig is met sabotasie.

annie ·

… op die been bring… Oei… Dalk is dit waar ons gaan opeindig soos baie lank gelede in Afrika…

Willi ·

Mens kan maar net lag vir die mannetjie se grappe. Wil maar net in die nuus wees.

Agie@toeka ·

Hulle gaan net weereens hulle “eie” bevoordeel met geen regverdigheid as dit kom by besighede wat onregverdig behandel gaan word.

Reynier ·

Klink slim, belê in spoornetwerk en treine sodat dit voor die eerste rit af gebrand en geplunder kan word. Nee wat hou verby.

Ockert ·

Who’s going to do the work? B-BBEEE contractors and upon receiving money upfront(usually) 50 to 80% they’re gone like the proverbial last month’s pay.
Just another scheme to defraught the gutterment out of billions

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.