So wil regering munisipaliteite finansier tydens afsondering

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Die munisipale infrastruktuur-toelaag en die munisipale rampfonds gaan tesame met die R20 miljard wat pres. Cyril Ramaphosa as bykomende inspuiting bewillig het, gebruik word om bykomende munisipale uitgawes weens die algehele landwye afsondering te finansier.

So het die parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake Donderdagmiddag gehoor tydens ʼn departementele voorlegging wat in vlamme as ontoereikend afgeskiet is deur parlementslede van alle politieke partye.

“Die doel en agenda van hierdie vergadering is om uit te vind hoe die R20 miljard wat addisioneel bewillig is bestee gaan word. Maar nou kry ons ʼn voorlegging van 25 bladsye oor die gewone departementele begroting, met geen verwysing na die R20 miljard nie. Dit is onaanvaarbaar,” het Haniff Hoosen, DA-LP, uitgewys.

Hy is hierin gesteun deur die EFF-LP Hlengiwe Mkhaliphi.

“Ons wil weet watter munisipaliteite kry hoeveel van hierdie R20 miljard, en hoekom. Voorts wil ons weet hoe hierdie departement, met sy geskiedenis van korrupsie, gaan verhoed dat die geld net weer verdwyn,” het Mkhaliphi gesê.

Departementele amptenare het daarop gewys dat die algehele departementele begroting vanjaar R140 miljard beloop, waarvan R68 miljard regstreeks aan munisipaliteite oorbetaal word.

Een vooruitskatting wat die departement wel gedoen het, is dat die aantal hulpbehoewende gesinne gaan toeneem van 10,4 miljoen tot tussen 14 miljoen en 16 miljoen.

Hoosen wou namens die DA weet watter planne gemaak gaan word sodat mense wat nie hul munisipale rekeninge kan betaal nie, tegemoet gekom kan word, en hoe munisipaliteite wat reeds sukkel om hul oorbetalings aan Eskom en die waterrade by te bring, gehelp gaan word gegewe hul verkleinde inkomste weens die afsondering.

Die amptenary se antwoorde hierop was so ʼn getjommel dat die komiteevoorsitter, Faith Muthambi (ANC), die departement opdrag gegee het om teen Maandag 12:00 al die LP’s se vrae skriftelik te beantwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Burgermeester ·

Die ANC het nie ‘n idee hoe om te beplan, begroot, of om met fondse te werk nie. Dit wil voorkom of die ANC nie eers die verskil verstaan tussen ‘n munisipale rampsfonds en ‘n gewone departementel begroting nie, maar hulle wil die land regeer. Pffffffft!

Anel ·

1. Waar kom al die miljarde ewe skuelik vandaan.
2. Hoekom moet die geld na die munisipaliteite gaan? Betaal eerder van die skuld as wat die munisipaliteite die geld sluk.
3. Watter mense gaan gehelp word, almal of net our people?
4. Die feit dat hulle nie weet hoe om die geld te bestuur nie is ook weer bewys deurdat fie lot verdaag moes word tot Maandag.
Elkeen was seker nie tevrede met die geld wat persoonlik gaan kry nie. Hierdie regering is nou al so ‘n klug dat as dit so ernstig was dat mens wil huil nie, mens sou kon lag vie hul onvermoë.

Brett ·

Oooh lekker…. Dankie tog ons is so bly nou is daar nog 68 miljard wat iemand kan laat wegraak en geen vrae word gevra……. JIPPY…… Nie gedink nie het julle?

Johan ·

Nou gaan almal by die munisipaliteite prestasie bonus en “danger-pay” ontvang.

Fedup ·

Here we go again. The others should take note that you can only milk a cow so long, then you’re left holding the pail. No one will see one dime. If it’s not on paper, it doesn’t exist. One’s word means absolutely nothing in this country.

capie ·

Fedup, even if its on paper it means nothing to some people

Harry ·

Ek verstaan hierdie glad nie. Ek is so pas gedwing om addisioneel R13000 boonop my mandelikse rekening van R5200 aan Tshwane stadsraad te betaal. Hulle het tot hede geen verduidelikking verskaf ivm die R13000 nie. En nou word die stadsrade bygestaan met nog geld. Jinne maar hier is beslis n slang in die gras.

Ek het n kleinsake onderneming en het geen bystand ontvang vir my verlies aan inkomste nie. Nee wat. Nou sorg ek en my familie vir onsself.

Jr ·

Moet dit nie betaal tot hulle op wit en swart uitlê vir wat. Enige prokereur sal jou saak wen. No figures no detail = NO PAYMENT

Die Wolf ·

Hoekom gaan jy betaal Geen verduideliking geen betaling.

Grassie ·

Hier kom nou ‘n ongelooflike klomp korrupsie. Die regering het nie die vermoë om die munisipaliteite se uitgawes te monitor nie. Die armste munisipaliteite is juis so flentergat omdat hul amptenare die geldkassie geplunder het. Gee nou vir daardie skelm amptenare ‘n klomp geld en hulle gaan dink dit is Kersfees. Die regering sal waarskynlik ook ANC-beheerde stadsrade bevoordeel wanneer die geld uitgedeel word.

marius ·

Twak ! Gee die geld vir die mense sodat hulle hul munisipale rekeninge kan betaal . Dit gaan in die amptenarre se sakke verdwyn !

Eerlik ·

Niemand word oor die vingers getik oor wanbestuur en korrupsie by munisipaliteite nie. Instede daarvan smeer hulle alles toe en bied al die geld wat ons nie huidiglik het nie as n fopspeen om almal gelukkig te hou. Madibeng is n mooi voorbeeld maar die burgemeester met die helse slegte reputasie sit nog agter daai lessenaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.