Só wil Sisulu water en sanitasie regruk

Lindiwe Sisulu (Foto: Chantall Presence/ANA)

Lindiwe Sisulu, minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, het verskeie remediërende stappe aangekondig om die skade wat aan die departement aangerig is, te probeer herstel.

Sisulu het tydens haar begrotingsrede gesê daar sal begin word deur waarnemende poste met senior personeel te vul. “ʼn Stewige personeelkomponent is noodsaaklik om die finansiële krisis op hande op te los.”

Volgens Sisulu is die finansiële wanbestuur hoofsaaklik deur onreëlmatige uitgawes. Sy het gesê personeel sal binnekort begin om sewedagskofte te werk aangesien daar baie is om te doen.

Van die probleme wat die minister gelys het, sluit in verouderde infrastruktuur, ʼn skeefgetrekte stelsel vir waterverskaffing, swak waterbestuur, myne wat nie voldoen aan waterlisensievoorwaardes nie, vandalisme en diefstal, niebetaling van dienste, swak projekbestuur en finansiële wanbestuur.

“So baie van ons topbeamptes op nasionale en munisipale vlak word ondersoek. Dit is nie ʼn goeie storie nie en ook nie ʼn situasie waarop iemand moet trots wees of moet duld nie.” Die departement gaan die nuwe boekjaar met skuld van R1,7 miljard binne.

Meer as drie miljoen mense het steeds nie toegang tot basiese waterverskaffingsdienste terwyl meer as 14 miljoen nie toegang tot veilige sanitasie het nie. Volgens Sisulu skuld munisipaliteite meer as R14 miljard aan die nege waterrade en die departement vir die verskaffing van dienste.

Die minister het versoek dat munisipale amptenare verpligte opleiding moet ondergaan om hulle toe te rus met kundigheid. Die departement se tenderprosedures sal hersien word en die konstruksie-eenheid gaan herleef.

“Ons sal die kabinet versoek om alle groot damme tot nasionale sleutelpunte te verklaar,” het Sisulu gesê. Nuwe regulasies vir waterbewaring sal opgestel word en die departement sal tegnologie inspan om al sy aandele, data en dokumentasie te digitiseer.

Van 1 Augustus af sal inspekteurs aangestel word om riviere, damme en rioolaanlegte te inspekteer. Al die departement se senior bestuurders sal deur ʼn keuringsproses gaan en alle huidige ondersoeke sal bespoedig en afgehandel word.

Sisulu het ook aangekondig dat emmertoilette binne ses maande uitgefaseer sal word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Arno Scheepers

Sisulu is nie eers in staat daartoe om haarself reg te ruk nie

Manie

Jy moes in die eerste plek beheer oor jou departement gehad het Sisulu.

B

Waar kry julle die ‘senior’ persone, en wat is hulle ervaring?

marous

Waar is Tzaneen dam se wal heen ? Of gaan sy ook se daar moet vir die vorige een gevra word ?

Zumie

Ek sit nie enige geld daarop dat hierdie woorde enige uitwerking gaan he nie – selfs al WIL sy…..