Só wil Sisulu water en sanitasie regruk

Lindiwe Sisulu (Foto: Chantall Presence/ANA)

Lindiwe Sisulu, minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, het verskeie remediërende stappe aangekondig om die skade wat aan die departement aangerig is, te probeer herstel.

Sisulu het tydens haar begrotingsrede gesê daar sal begin word deur waarnemende poste met senior personeel te vul. “ʼn Stewige personeelkomponent is noodsaaklik om die finansiële krisis op hande op te los.”

Volgens Sisulu is die finansiële wanbestuur hoofsaaklik deur onreëlmatige uitgawes. Sy het gesê personeel sal binnekort begin om sewedagskofte te werk aangesien daar baie is om te doen.

Van die probleme wat die minister gelys het, sluit in verouderde infrastruktuur, ʼn skeefgetrekte stelsel vir waterverskaffing, swak waterbestuur, myne wat nie voldoen aan waterlisensievoorwaardes nie, vandalisme en diefstal, niebetaling van dienste, swak projekbestuur en finansiële wanbestuur.

“So baie van ons topbeamptes op nasionale en munisipale vlak word ondersoek. Dit is nie ʼn goeie storie nie en ook nie ʼn situasie waarop iemand moet trots wees of moet duld nie.” Die departement gaan die nuwe boekjaar met skuld van R1,7 miljard binne.

Meer as drie miljoen mense het steeds nie toegang tot basiese waterverskaffingsdienste terwyl meer as 14 miljoen nie toegang tot veilige sanitasie het nie. Volgens Sisulu skuld munisipaliteite meer as R14 miljard aan die nege waterrade en die departement vir die verskaffing van dienste.

Die minister het versoek dat munisipale amptenare verpligte opleiding moet ondergaan om hulle toe te rus met kundigheid. Die departement se tenderprosedures sal hersien word en die konstruksie-eenheid gaan herleef.

“Ons sal die kabinet versoek om alle groot damme tot nasionale sleutelpunte te verklaar,” het Sisulu gesê. Nuwe regulasies vir waterbewaring sal opgestel word en die departement sal tegnologie inspan om al sy aandele, data en dokumentasie te digitiseer.

Van 1 Augustus af sal inspekteurs aangestel word om riviere, damme en rioolaanlegte te inspekteer. Al die departement se senior bestuurders sal deur ʼn keuringsproses gaan en alle huidige ondersoeke sal bespoedig en afgehandel word.

Sisulu het ook aangekondig dat emmertoilette binne ses maande uitgefaseer sal word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

23 Kommentare

Arno Scheepers ·

Sisulu is nie eers in staat daartoe om haarself reg te ruk nie

Manie ·

Jy moes in die eerste plek beheer oor jou departement gehad het Sisulu.

Lizelda ·

Ai, ou Manie, gee die Minister kans om in haar NUWE pos skoon te vee. Jy verwys seker na die vorige Minister wat deel vd Zuma kamp was.

marous ·

Waar is Tzaneen dam se wal heen ? Of gaan sy ook se daar moet vir die vorige een gevra word ?

Zumie ·

Ek sit nie enige geld daarop dat hierdie woorde enige uitwerking gaan he nie – selfs al WIL sy…..

GM ·

Hoe lekker giggel ek nou…

Hulle gaan in met skuld, maar voel senior poste moet geskep word om als reg te ruk? Nóg onbevoegde kaders gaan oral ingedruk word, natuurlik.

Sussie, die skuld gaan net meer word omdat sekeres nie vir dienste hoef te betaal nie, word wakker.

Gert van Wierdapark ·

Hopelik is haar planne nie “Water onder die Brug” deur nie! Gee haar gelyk dat sy die rotnes versteur het wat skynbaar lankal onder ‘n vorige mini-ster Mokonyane mooi gegroei het!!! Hopelik trek sy die PROP onder die Skelms uit sodat hulle met die Badwater uit loop! Sterkte me Sisulu – byt vas, trap water en hou die roer styf vas!

LS ·

Gert jy is reg!! Die Bosassa rotnes waarvan mokonyane die minister was wat self vingers in die koekie jar gehad het. Dit is hoekom onse minister nou se dat dit so “moeilik is omdat so baie van ons topbeamptes op Nasionale en Munisipale vlak ondersoek word”.

humor ·

Sisulu is die eeerste een wat uit haar pos verwyder moet word. Sy kan nie eens haar pruik onder beheer kry nie. Dit help nie om 7 dae werkskofte in te stel nie. Wat saak maak is hoeveel werk per skof gedoen word. Kom ons gee haar kans vir 6 maande om die toilet bedryf reg te ruk en sien waartoe sy instaat is.

Hans ·

Wonder hoe gaan die minister dit regkry dat die amptenare 7 dagskofte gaan werk-‘n droom. Nog ‘n klomp warm lug pratery.

KrokodilBotha ·

Jip, en ek sal my beste hoed op eet. Kom ons hou haar op haar woord……….6 maande . hahaha

Pieter ·

Haha wat n grap sy werk vir die anc het al baie gese ons het van die slimste ministers in die werld hulle kan enige werk doen

aj ·

Daar is nie te min water en riolering nie daar is TE VEEL MENSE!!!

Bestuur die mensegetalle … om die oorlading van ALLES te stop!

Andreas ·

Ek is nou nie meer ‘n “youngster” nie, so ek sal bly wees as sy ook my water en sanitasie kan kom regruk.

Louis le Roux ·

Verouderde toerusting – die algemene verskoning vir hul onmag om behoorlik te bestuur is ‘n bs storie. Erken liewer dat onbehoorlike instanhouding die groot rede is. 25 jaar al in beheer en nou skrik hulle wakker.

Rubber ·

Terwyl die hele Emfuleni se riool in duie gestort het, en in die rou riool in die Vaal rivier inloop, agv diefstal en korrupsie. Nie een van die 44 pompstasies werk nie. Sisulu noem nie eens die krisis nie. Binne 5 jaar sal die hele Gauteng sonder drink water sit. Emfuleni benodig 5 biljoen. En sy sy is meer bekommerd oor boere wat water het en opkomende boete wat nie het nie. Nog ‘n korrupsie rondte kom.

Kobus ·

Was sy nie op ‘n stadium betrokke by Verdediging nie. Die mense kry elke keer ‘n nuwe Dept. In plaas van om van hulle ontslae te raak. Sy is ‘n nasaat van ” Sisulu” Pasop as Zuma se nasate die Parlement betree

Adri ·

Cyril, die enigste manier hoe jy die regering gaan regkry is as jy elke departementshoof met ‘n blanke vervang. Doen dit nie en die land sal eenvoudig nooit regkom nie. Ons dom belastingbetalers moet net eers leer om op te hou belasting betaal. Maak die moeras waarin ons is nog bietjie dieper.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.