Só wil staat ekonomie laat groei ná afsondering

(Foto: Maroela Media)

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het hoop te midde van die huidige agteruitgang in die ekonomie.

Luidens ondersteunende dokumentasie wat die nasionale tesourie bykomend tot die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBPS) beskikbaar gestel het, is die regering se prioriteite op medium termyn om ekonomiese herstel en fiskale konsolidasie eerste te stel.

Herstel ná die Covid-19-pandemie en die gevolglike afsonderingstydperk gaan geleidelik en oneweredig wees, verwag die tesourie – en daar gaan terugslae wees.

In Suid-Afrika het die pandemie en die inperkingstyd gelei tot ekonomiese inkrimping van 7,8%, maar die tesourie verwag dat dit aanstaande jaar sal omsit in ekonomiese groei van 3,3% – weliswaar vanaf die laer nuwe basis, wat beteken minder as die helfte van die ekonomiese inkrimping wat vanjaar plaasgevind het, sal in die volgende jaar teruggewen word.

Die inkrimping in belastinginkomste vir vanjaar, vergeleke met die verwagte syfer soos uitgereik in Februarie, is R312,8 miljoen.

Die gekonsolideerde begrotingstekort het toegeneem van 6,4% van BBP tot 15,7% van BBP – hoewel die inkrimping in die reële BBP in gedagte gehou moet word voor kataklismiese gevolgtrekkings daaroor gemaak word.

Skuld en rente op skuld sal voortaan 21% van die begrotingsinkomste opslurp. Die reële inkrimping van die ekonomie word op 7,2% bereken.

ʼn Verdere groot bron van kommer is staatsdienssalarisse. Die tesourie sê dat staatsamptenare se salarisse deurgaans meer as inflasie styg en dat staatsamptenare nou beter vergoed word as diegene in die private sektor.

Namate die binnelandse ekonomie herstel, word BBP-groei van gemiddeld 2,1% per jaar oor die volgende drie jaar verwag, met ekonomiese uitset en produksie wat eers weer in 2023-’24 die vlakke sal bereik wat teen die aanvang van die afsonderingstyd gehandhaaf is.

Die tesourie benadruk die belangrikheid van die beperking van koste vir die staatskas, veral sodat die begrotingstekort verklein en staatskuld gestabiliseer kan word. Die ekonomiese herstel- en ontwikkelingsplan wat reeds deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is, sal op kort termyn help as aanspoorder vir ekonomiese groei, met die staat se Operasie Vulindlela, gemik op die oopmaak van die ekonomie, wat dit na die medium termyn moet laat oorspoel.

Operasie Vulindlela sal die langverwagte vleis aan die bene sit vir die ekonomiese struktuurveranderings waaroor Mboweni en pres. Ramaphosa nou al so lank praat. Mboweni en die nasionale tesourie gee in die ondersteunende dokumentasie toe dat gebrekkige instemming tot ekonomiese struktuurveranderings, gebrekkige inwerkingstelling van beleidsbesluite en gebrekkige vermoëns binne die staatsdiens die deurvoer van herstruktureringsplanne strem.

Operasie Vulindlela sal geskoei wees op soortgelyke ingrypings in die Verenigde Koninkryk en in Maleisië. Die presiese aard van die strukturele veranderings is nogmaals nie uitgespel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jaco ·

Hier word NIKS van die volgende gesê nie: net na inperking begin het, het ramaphosa meer as eenkeer gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop. Beteken die huidige totale stilte oor dié beplande aksie teen wit mense dat dit nie meer gaan gebeur nie, OF is dit net ‘n stilte voor die storm – ‘n storm waarin wit mense genadeloos onderdruk gaan word.

Erik ·

Geen salarisverhogings vir staatsdiensamptenare vir drie jaar nie, maar meer as R10 miljard word opsy gesit vir SAL? Die vakbonde gaan nie hiervan hou nie en ek voorspel baie stakings wat die ekonomie net verder gaan knou.

JohanR ·

Skryf dit in HOOF LETTERS oorals…..”the ANC destroyed the economy and NOT Covid-19!”

Stefan ·

Ek lees nerens hoeveel diefstal en korrupsie gaan opslok nie.
Dis so wesenlike deel van ons bestel dat daar maar vir begroot kan word!

Wielspore ·

Gedurende 1997 het my vrou die staatsdiens verlaat en in die privaat sektor begin werk. Dit was eerder ‘n logistieke besluit as wat dit ‘n ekonomiese besluit was. In daardie tyd was haar staatsdiens salaris baie klein waar sy gewerk het as BTW invorderaar by die Inkomste diens. Hulle groep het hard gewerk en baie trots op hul prestasie. Vandag kry dieselfde persone heelwat meer salaris en soos ons weet is die kliente diens by omtrent alle staats instansies baie swak. Meer geld swakker diens – ANC beleid.

Maria ·

Dit lyk asof Operasie Vulindlela nie n nuwe ding is nie “In the late 1980s, the African National Congress (ANC) embarked on an operation to bring exiled ANC leaders and military capacity into South Africa despite legal and military obstacles. Operation Vulindlela, more commonly known as Operation Vula, successfully established an underground network of operatives within the country who were in regular contact with one another, with ANC leadership located in neighboring Zambia, and with supporters around the world. ” https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/GarrettEdwards-RevolutionarySecrets-prepress.pdf

Hennie ·

Hierdie swartgallige regering het nie ‘n benul van die omvang van hul sotlike besluite nie! Hulle sal NOOIT OOUT die land kan reg ruk nie. In 1994 het hulle ‘n Westerse bestel oorgeneem. Dit is nou verkrag en verbrand tot ‘n ashoop iewers aan die suidpunt van Afrika!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.