Só word studente deur gelekte Unisa-vraestelle geraak

‘n Skermskoot van die SMS-boodskap waarin ‘n eksamenvraestel te koop aangebied word. (Skermskoot: Verskaf)

Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het studente verseker dat die Mei-Junie-eksamen soos normaal sal voortgaan vir diegene wat nié hulself skuldig gemaak het aan die uitlek van vraestelle, of die aankoop van gelekte vraestelle gedurende die eksamen nie.

Martin Ramotshela, woordvoerder van Unisa, het aan Maroela Media gesê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) werk in samewerking met die ondersoekeenheid vir ernstige handelsmisdaad en die universiteit om die skuldiges aan die pen te laat ry nadat eksamenvraestelle vroeër deur middel van ʼn SMS-boodskap aan studente te koop aangebied is.

Ramotshela het verduidelik dat alle eksamens wat nog geskryf moet word, sal verloop soos beplan. Eksamenvraestelle wat reeds afgelê is, sal gemerk word.

Moderators sal egter alle vraestelle noukeurig deurgaan om te bepaal of die student moontlik vooraf die spesifieke vraestel onder oë gehad het. Enige verdagte vraestelle sal aan die ondersoekspan oorhandig word.

Studente wat nie vooraf vraestelle gekoop het nie, het dus niks om hulle oor te bekommer nie en resultate sal soos normaal op ʼn latere stadium bekend gemaak word, het Ramotshela verseker.

Volgens Ramotshela is daar talle studente wat met die uitdeel van vraestelle in die eksamenlokaal agtergekom het dat die spesifieke vraestel vooraf aan ander studente uitgelek het en toe uitgestap het sonder om die vraestel te skryf. Dié studente sal die geleentheid gegun word om weer hul eksamen af te lê.

“Enige student wat die universiteit se etiese kode oortree het, sal voor ’n dissiplinêre verhoor verskyn. Indien die student skuldig bevind word, sal die vak heeltemal van die student se rekord verwyder word. Punte sal afgetrek word en die student sal vir ’n tydperk van vyf jaar van Unisa geskors word,” het Ramotshela gewaarsku.

Ramotshela het beklemtoon dat skuldiges ook deur die polisie vervolg sal word.

Agt eksamenvraestelle onder verdenking is reeds deur studente by die universiteit aangemeld, waarvan twee beslis uitgelek het. “Al was dit net een vraestel, was dit een te veel,” sê Ramotshela.

Hoewel hy hom nie wou uitlaat oor die ondersoek nie, het hy gesê dat die ondersoek wel vordering toon en die universiteit hoop om binnekort die skuldiges, wat die vraestelle aan studente verkoop, vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marius ·

En so lewe hulle n lewe van misdaad en oneerlikheid en die eerlike man wat geleer het en sy werk ken sit op straat of hy is land uit.

LD ·

Meeste op straat! Want land uit is ongelukkig onbekostigbaar vir meeste van ons!

Student ·

Ek self studeer by UNISA, en ek kry die smse net vandag ek gerigstreer is by UNISA, dus le die probleem baie diep binne UNISA

Louwrens ·

Ons vertrou Unisa sal die aangeleentheid korrek hanteer en voorkomende maatreëls instel dat dit nie weer gebeur nie. Geen instansie is gevrywaar van oneerlikheid nie. Dit gebeur in skole, besighede, banke, universiteite, politieke partye, ens. Unisa het n belangrike rol in ons land. Daar is uiters bekwame akademici wat toegewyd is in hulle werk. Die skuldiges moet gestraf word. Oneerlikheid is so oud soos die skepping. Dit gebeur in alle sfere van die samelewing. Kom ons veroordeel nie en bou aan n positiewe samelewing. Om Unisa verbaal af te breek gaan geen doel dien nie. Ons moet lewe spreek want dit is ons skeppingsdoel. Vrede, vreugde en voorspoed vir almal.

Ag asb tog Louwrens ·

Ag jy droom, jy word seker deur hulle betaal . dit is NIE die eerste keer nie .. ek verstaan dit gaan al DRIE JAAR SO , so raak wakker uit jou diep slaap LOUWRENS en gaan soek ander werk . of wil jy jou graad verdedig? So ons mag nie SKELM MENSE OORDEEL wat duisende rande op ‘n oneerlike wyse maak nie . .mooi man Louwrens .

Erika ·

Louwrens, wanneer gaan die uiters bekwame akademici vir ‘n verandering nuwe vraestelle opstel. Glo my jy kan drie jaar terug se vraestelle begin uitwerk en die kanse dat jy presies een van die vorige jare se vraestelle gaan kry is BAIE goed. Jy hoef nie eers ‘n boek oop te maak as jy die vraestelle met hulle memorandums het nie. Dan praat ek nie eers van myUnisa waar jy net nooit ‘n reguit antwoord kry op jou vrae nie.

koos ·

of die vraestelle nou uitlek of nie, waarom hoegenaamd studeer? na jou studies, as jy wit is, kry nie nie werk nie NET omdat jy wit is. Selfs kleurlinge en Indiërs hoor reeds “sorry no job because you are not black enough”. en swart mense wat werk soek is veronderstel om dit te kry NET omdat hulle die “regte” velkleur het.

honourable member ·

Ja koos alles is nou omgekeerde rassisme maar kyk maar wie hou die werkplekke aan die gang en wie is die getroue werkers as almal laat kom en ure ete vat, beslis nie hierdie met die regte velkleur nie. Wonder wat sal gebeur die dag as ons ook so “no care” oor alles moet raak. Hoop nie ek beleef dit ooit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.