Sodwana-gastehuis: ‘Drastiese stappe’ kom

Andre Slade en Katarina Križáni, bestuurder van die gastehuis. (Foto: Sodwana Bay Guest House)

Andre Slade en Katarina Križáni, bestuurder van die gastehuis. (Foto: Sodwana Bay Guest House)

Die KwaZulu-Natalse LUR vir toerisme, Sihle Zikakala, sal Woensdag die omstrede Sodwana Bay Guest House besoek om “drastiese stappe” teen die gastehuis aan te kondig na aanleiding van die gastehuis se beleid om nie swart kliënte of regeringsamptenare toe te laat nie.

Maroela Media het vroeër berig Andrew Slade, die eienaar van die gastehuis, het ʼn herrie ontketen nadat hy op ʼn skriftelike besprekingsversoek van ene Sizakele Msimango gereageer het deur te sê swart mense is nie by sy gastehuis welkom nie.

Bheko Madlala, woordvoerder van Zikakala, het Dinsdag aan Maroela Media gesê dat ʼn ondersoek na die voorval afgehandel is en dat daar nou drastiese stappe gedoen sal word.

Op ʼn vraag wat hierdie stappe behels, het Madlala geantwoord: “As ek jou nou sê, wat is die punt daarvan om môre die gastehuis te besoek? Die mense van Suid-Afrika sal môre sien dat gedrag soos [Slade] sʼn nie geduld sal word nie. Ons sal natuurlik binne die grense van die wet optree, maar hierdie gedrag kan nie toegelaat word nie,” het hy gesê.

Hy wou ook nie meer inligting bekendmaak oor die ondersoek of die bevindinge daarvan nie.

Slade het intussen in ʼn onderhoud met East Coast Radio erken dat hy nie swart mense of staatsamptenare in sy gastehuis toelaat nie weens vorige voorvalle en “arrogante optrede” in die verlede. Hy het ook in die onderhoud verduidelik dat hy glo dat wit mense geskape is om God te dien en dat swart mense geskape is om wit mense te dien. Hy beweer dat dit glo só in die Tora geskryf staan, wat hy verduidelik die eerste vyf boeke van die Bybel is.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het intussen bevestig hy is ook besig om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Brittz ·

Hy kan mos sy plek bestuur soos hy wil dit is mod sy plek !

Kappie Kapp ·

As ek jou nie wil toelaat in my huis nie gaan jy nie nie daar inkom nie want dis my plek. Gaan soek vir jou ‘n ander plek om te bly dan. Intimidasie gaan nie werk nie maar volgens sekere wesens in die land is dit al hoe hulle kan wegkom met iets wat nie hulle sin is nie.

AFRIKAANS ·

LUR siestog,shame on you, julle almal diskremineer,moenie dink julle is onskuldige LUR’e nie! Dis “walglik”!

Marietjie ·

Zikakala julle swart mense het n probleem wat elke dag net meer sigbaar is. Sal zuma toelaat dat die mense in Ndkandla gaan bly, die antwoord is nee. Hy wou nie eers die DA daar toelaat om te kyk na die opgraderings nie. En so kan ons ook byvoeg dat die ministers en LP’s nie sal toelaat dat iemand wat wit is in hul huise oornag nie. So waar trek jy die streep. Andre het presies gese waarom hy nie swart mense toelaat nie. Dit is nog steeds sy eiendom en reg. Julle swart mense is al wat regte in SA het. Ek weet ook van n gastehuis in Pretoria wat geen wit mense toelaat om daar te bly nie. Hulle wil ook nie die wit mense se kos eet nie. So spring op jou perdjie en galop na al die gastehuise en maak jou opnames.

Koolkop ·

Wat is die straf vir die unisa dosent wat na witmense as kokkerotte verwys? Niks?

Gnomen ·

Ek wil dit ook graag weet. Die MRK bly maar tjoepstil daaroor, nê…?

Lolapot ·

Le ‘n klag by die MRK of die Equity court as jy so steroid voel daar oor moenie net hier sit en kerm nie!!

Genoeg ·

Lolapot, is jy net hier om ander mense aan te val? Vertel ons wat doen jy om dinge beter te maak?

Kiepie ·

Hy het nie na witmense in die algemeel as kokkerotte verwys nie, hy het na ‘n spesifieke wit man as ‘n kokkerot verwys. Daar is ‘n verskil. En as dit daardie wit man plak kan hy hom gerus gaan verkla (ek wens hy wil want die lektor is heeltemal te groot vir sy skoene). Daar is ‘n veskil tussen lasterlik en rassisties. Ons vra mos heeldag dat alle witmense nie onder dieselfde kam geskeer moet word nie want “ons is nie almal so nie”. Eers die dag wanneer ons verby veralgemenings kan kyk en elke saak op meriete kan beoordeel sal ons verby hierdie rasse ding kom. Albei hierdie mense se optrede was verkeerd en elkeen moet daarvolgens gestraf word. Konsekwentheid is al waarvoor ons kan vra of hoop.

Idee ·

Maroela kan dalk n berig plaas oor wat ons kan doen om klagtes in te dien.

NICKEY VAN NIEKERK ·

1) Ek stem nie saam met die deel “dat swart mense geskape is om wit mense te dien nie.( daai dae behoort aan die verlede).
2) Dis seker Slyde se reg om as gevolg van vorige onaan gename ondervindinge te kies wie, en wie nie in sy gastehuis gaan oornag nie. Ek is seker hy het ‘n” Reg van toegang voorbehou” bordjie by die ingang van die gastehuis As gevolg van staatsamptenare wat duidelik nie weet hoe om hulle in die publiek te gedra nie, het die onaangename situasie voort gespruit. Slyde as jy blankes kry wat nie weet hoe om hulle te gedra nie,,,,,,,, Dis jou reg om hulle die trekpas te gee. VASBYT.

Jaques ·

Kan die sogenaamde LUR nie net so vinnig plase besoek waar boere bloediglik vermoor word nie?

Om jou gaste huis volgens jou reels te bestuur is mos ‘n baie belangriker kwessie om aangespreek te word.

Ek se nie dis reg nie, maar die ou het obviously ondervinding, and soos die spreekwoord se, moet almal nou onder dieselfde kam geskeer word.

Karma ·

Skerp …. en baie slim, Hennie! Jy het lyk my darem die vooruitsig gehad om te weet in die nuwe SA doen jy nie dinge soos mnr. Slater nie. Om te sê jou gastehuis is vol is neutral – en hulle moet kan bewys dit was nie so nie …….. Ek het respek vir mnr. Slater wat die waagmoed gehad het om dinge op ‘n briefhoof en op radio uiteen te sit, maar ek sou dit nie gedoen het nie. Dit was nou vir moeilikheid soek daardie!

Iemand sit agter dit ·

Hoe stupid kan mens wees om so iets op n briefhoof te sit en op die radio te erken? Iets klink nie reg nie. Ek dink daars iets groter agter hierdie regtig irrasionele uitlate wat party witmense op media doen. Word hulle nie dalk betaal om dit te doen nie? Daar is kragte wat wel rassehaat in ons land wil sien gebeur, ek wonder of hulle nie dalk agter dit sit nie?

Speedguard ·

Se ek ook , NIEMAND is so dom nie, veral nie as jy ‘n besigheid het nie, ek ruik n’ Rot!

Skokkend ·

Luister gerus na pastoor olivier se preek…ek kan nie dink dat enigiemand reg in sy kop, en dit na penny sparrow as voorbeeld, dit steeds doen nie. Neewat, iemand wil rassehaat aanmoedig in ons land, en se vir die mense wat om te se.

Dave ·

Ek dink nie hy is so dom as wat julle dink nie, ek vermoed meer hy wil n blik wurms oop maak hier en die ding dryf tot in die Grondwet hof om n punt te bewys, ek dink so!

Irene ·

Die omblik wat a witmens se of doen is hulle op jou maar wil niks met afrikaans in univ te doen nie wat nou gaan jul seker dwing om engels met hulle te praat

Karma ·

OK, dié ou het die reg om “reg van toegang voorbehou” uit te oefen. Privaat eiendom is privaat eiendom en hy het die reg om enige persoon – pienk, pers, geel, oranje, of-wat-ookal – toegang te weier. Maar om nou te sê dat witmense G-d moet dien en swartes witmense moet bedien, is mos nou openlik rassisties – en die pô-pô gaan nou mos weer die “fên strike” daaroor! Jinne, wanneer gaan ons blankes leer om te LEER uit ander se foute? Jy kan DINK wat jy wil, maar jy kan nie DOEN of SÊ wat jy wil nie!!! Ek wonder wat hy gaan doen as miesies of miester Zikalala daar aankom more? Hy/sy val in beide kategorieë wat mnr. Slade nie toelaat in sy gastehuis nie – hy/sy is swart en ‘n regeringsamptenaar ….. I’m watching this space ……..

Oupa Neels ·

Ek kan nie verstaan nie. Dis sy geld, sy gastehuis. Hy kan daar laat bly wie hy wil. Ek kan in my huis toelaat wie ek wil. Wonder maar net.

Karolis ·

Hy mag wel sy plek bestuur soos hy wil maar dalk moet hy oorweeg om effens meer diskreet te wees oor sy bestuurstyl.

NICKEY VAN NIEKERK ·

As iets die mense nie pas nie,, hol hulle koerante toe.
Hulle hou nie van “wit mense” nie, so,, wat soek hulle daar?
Ek weet nie waar dit in die vyf boeke van Moses staan nie/

Sterkte

sjoe ·

Sjoe ou, in alle nasie kry jy ongeskik en arrogant, jou verdere uitlating pla my egter, daar is groot fout met jou! Verder aan die mense regte, ek weet jul gaan die een lees, ‘n uitdaging om mense regte van alles slagoffers van mishandeling, verkragting en moord ook so te beskerm. Ek is bly jul tree op teen ‘n persoon met sulke wanopvattings, maar regtig ons kort julle ook in beskerming van die publiek van die land, lees maar elke dag eers koerant en tree ook op in belang van die veiligheid, ja dit is deel van jul werk. Daai protesoptogte met brande, verwoesting, onskuldige klein handelaars plunder, beseer en afbrand – beskerm hulle ook!

antoinette ·

Oral word tog gesê: “Reg van toegang word voorbehou”. Dis sy keuse. Maar ek dink hy het ñ wanpersepsie van Die Bybel.

Christo Grobler ·

As dit privaat eiendom is het hy die reg om toegaang vior te behou. As hy n diens lewer aan di publiek van die perseel af mag hy die keuse hê wie hy wil bedien.
Maar of dit aanvaarbaar is in vandag se lewe is n hele ander storie.
As hy n punt wou bewys het gaan hy maar die gevolg moet dra.
Die LUR en die res moet ook net n bietjie ontspaan. Die grondeet sê hy het die reg tot asosiasie.
Gee asb net vir die man n Bybel met die regte skrifte in.

Stem ·

Hierdie man staan op vir dit waarin hy glo,hoeveel ander kan dit doen al glo hulle in dieselfde as hy? I LIKE!!!!!!

Koos Karoo ·

Ek kies wie ek as gaste in my huis wil ontvang en innooi.

Scalla ·

Mnr Slade, dit was die beste gratis, wereld wye advertensie wat jy gekry het. Dit is jou persoonlike plek en bestuur dit volgens jou styl. Jy moes beslis al voorheen onsmaaklike gevalle gehad het. Stem nie noodwendig met al jou sienings saam nie. Mag jy nou so vol bespreek word dat daar nie plek vir n muis is nie dan is jou probleem ook opgelos.

Poplap ·

For crying out loud ons is deel van hierdie land. Die ou Suid Afrika en apartheid is Dood mors dood. Hou so aan en ons gaan almal os gatte sien

Karma ·

Poplap, ons gaan anyway almal ons gatte sien – ook jy, die ewige liberalis en linksgesinde. Met ‘n regering soos dié en die ANC wat nou die laaste troefkaart wat dit nóg het – wit-op-swart rassisme – speel, is daar nie veel hoop vir SA nie. Ek gaan in elk geval nie stem nie; waarvoor my tyd en energie mors as my stem, wat nie vir die ANC sal wees nie, anyway nie getel gaan word nie?

Petrus Oppiwater ·

Deur die Bybel so verkeerd aan te haal, skep jy ‘n skewe beeld van Christene, witmense en die Here. Substansieer eerder jou weerstand met feite oor gedragsprobleme wat jy ondervind het en stel dit dat reg van toegang voorbehou word. Moet dit nie weereens aan die swart/wit klok hang nie-jy vra vir iets wat kon gebly het.

celeste ·

Die werklikheid ongelukkig van sy besluit gaan kos dat hulle alles nou in hulle vermoe gaan doen om sy plek se deure te sluit. hulle sal nie ophou nie tot hulle wys wie is in beheer – se maar net

Dis gestage ·

Dit is gestage, net soos pastoor Andre Olivier se preek wat nou so wyd versprei word. Geen manier dat n rasionele persoon dit sal se nie. Hier word ingemeng, heel moontlik deur die ANC of EFF om haat teenoor die witmens te te verskerp sodat swartmense eerder vir hulle as vir die DA wat steeds as wit gesien word, te stem. Hoor wat ek se.

Moegviraldiebeloftes ·

Wel slaan my met ‘n nat vis dat ek nou omval en flou word!!! Daar was so ‘n jaar of wat terug by die konferensie sentrum naby ons ook ‘n insident waar ‘n skool wou gaan kamp het, die bespreking is aanvaar (2 mense werk daarmee die een met blok bespeking het vergeet om dit in te skryf en die bevesting klaar gedoen, toe die 2de persoon die bespreking wou bevestig besef hulle die plek is volbespreek en kan hulle nie die skoolkinders toelaat nie) en toe is daar besef dat hulle ‘n dubbele bespreking was en die skool is toe inkennis gestel en hulle deposito vir hulle teruggegee (daar is wilde diere ook op die perseel met die gevolg is dat daar net ‘n sekere aantal mense toegelaat word) – toe een of ander slimjan ook koerante toe gehardloop en gesê dat hulle toelating geweier is omdat daar swart kinders betrokke was!! vir ‘n ruk het dit woes en wild gegaan maar hulle moes toe die aftog blaas toe hulle al de dokumentasie sien ter stawing van die dubbele bespreking. Die eienaar was omtrent ergelik want hy het nie eers geweet daar is swart kinders in die skool nie.

Anoniem ·

Ek en my man was vir n week by die einste gastehuis by Slade in Sodwana Bay verlede jaar September op ons eerste wittebrood trip voor ons Mosamnique toe was. Slade was baie gasvry, maar ook baie by gelowig moet ons erken. Hy het aan ons gese die dag wat ons na Mozambique toe vertrek het, dat ons, ons laaste maande op aarde moet geniet, daar gaan n groot Meteorite die aarde slaan en dit gaan die einde van die wereld wees 12 Desember 2015, volgens hom staan dit in die Bybel. Hy en vrou maak al klaar reg daarvoor. Dit was heel skokkend om dit te hoor. Is nie berbaas om hierdie stories ook te hoor nie.

Poplar ·

Gelowig se alie man die man is duidelik van sy sinne beroof om die twak te praat. Miskien ly hy aan ‘n geestessteuring maar beslis nie geestelik

Moegviraldiebeloftes ·

In elk geval ons het self so ‘n insident beleef toe my dogter wat pas geskei is toegang geweier is iewers in oos of noord transvaal (nie heeltemal seker waar nie) – net dat my dogter vir weke daarna so woedend was dat sy slange kon vang, doodbyt EN uitspoeg oor wat vir haar gesê is in ‘n epos – dat hulle nie enkellopende mense toelaat om op hulle perseel vakansie te hou nie net paartjies!!!

Enkellopend ·

Ek is Enkellopend vir dekades, en toer die land vol, en nerens het n gastehuis my ooit weggewys nie, inteendeel, ek word gesien as n geliewe gas.

Jannie ·

Mnr hou asb jou gastehuis oop. Ek en my gesin sal by jou kom oornag meer as gereeld. Met ervaring kan ek se hoeveel keer ek my gesin gevat en geloop het by plekke wat se gaste hul nie kan gedra. As die gaste wit is spreek ek hulle aan om ander in agteneem, as hulle swart is word vir my gese jy is n rasis. Net sodat julle weet ek is nie een nie. Maar die gastehuis eienaar is 100% reg. Ek maak boeking vir Dec sommer vandag nog.

Nooi ·

Dis mos nie staats eiendom nie so hy kan mos toelaat wie hy wil. Ons het ook n vakansiehuis wat ons uit verhuur maar kies nog steeds ons gaste. Ons laat ook nie diere toe nie, gaan die DBV my nou kom aanvat

Amanda Borrett ·

Ek glo die reg van toegang word voorbehou. Mnr Slade kan toelaat wie hy wil. En wat het geword van die swart man (sy naam ontgaan my nou) wat ‘n paar maande gelede gesê het witmense is kokkerotte? Daar sou ook ondersoek ingestel gewees het maar ek het nog nie gehoor van ‘n boete wat HY moes betaal nie???

Theuns ·

Met eending stem ek saam. Ek doen nie besigheid met die Regering en sy amptenare nie want hulle betaal nie!

Herman Goosen ·

Vreemd hoe vryheid van assosiasie net van toepassing is op insluiting, en nie uitsluiting nie.
Gaan ons nou meisies skole ook nou ‘lesse” kan leer as hulle nie seuns toelaat nie?
Waarom word daar wette toegepas om BEE maatreels af te dwing?
Sekerlik kan privaatinstellings dan ook WEE beleide volg as hulle wil?
Is dit nie ons reg om te kan vereenselwig met wie ons wil nie?
Tyd dat ons die regering ‘n les leer op vryheid van assosiasie!

Genoeg ·

Siende dat jy so sterk daaroor voel..gaan jy dit doen? Dalk sommer sy afsprake vir hom maak en die kostes betaal?

Se ne ·

Sien dis waar wat Brittz se hy kan sy plek bestuur soos hy wil, maar n mens hanteer dinge anders. Waneer gaan blanke mense LEER. Hoop hy kry sy loesing en goed ook daar is n plek en tyd om dinge te se en in SA moet mens maar mooi dink voor jy se.

Rina Pretorius ·

laat hy dit as n klub bestuur en die wat daar wil bly moet n lid van die klub wees so dan kan jy mos mense kies wat aan die klub behoort

Tiger ·

Lolapot jy sit die pot ver mis.Hy kan toelaat wie hy wil as die gaste huis op privaat eiendom is.”Reg van toegang voorbehou”.En sou ons ‘n gastehuis bedryf het sou ons net so kieskeurig gewees het wie ons toelaat !Ek sou die hekke sluit en die minister more toegang weier as ek hy was!

Joann ·

Dit is my voorreg en my reg wie en wat ek by my deur in nooi.

Chris W ·

Mnr .Slade ,sluit jou hek more toe dat daai sogenaamde “minister” nie kan inkom nie.Sy het NIKS op jou perseel verloor nie!Laat sy maar ‘n lasbrief kry as sy kan.

Stommerik ·

Díe man sê mos nou daar is twee kategorieë mense wat sy gastehuis níe akkomodeer nie. Nou klink dit vir my die afvaardiging wat dreig om die gastehuis môre te besoek val in altwee kategorieë. Nie in één nie, in altwee. Verstaan die mense nie Afrikaans nie?

RK ·

Die land se mense raak al hoe meer belaglik. Jou reg maak nie my reg verkeerd nie. Wens die mense wil mekaar uitlos en dat elkeen fokus op sy eie lewe.

Phillip ·

Daar sal altyd diskriminasie wees ons moet gewoond raak daar aan

Ben Prinsloo ·

Mnr Slade u is 100% korrek. Dit is u besigheid en u besluit wie is gas en wie nie. Ek ookhet ook dieselfde siening as u oor geloof. Ek wil egter net vir al die “potte” in hierdie kommentaar sê pasop dat julle nie breek nie, manne soos ek gaan jou nie optel nie.

plaasjapie ·

Baie bly om te sien dat daar al hoe meer van ons volkie is wat dieselfde glo. Ons is nou wel baie in die minderheid, maar ja net soos in die verlede, is die massas nie noodwendig reg nie. Net n vraag wat ek wil vra… Hoekom het baie van wat die meeste van ons vandag glo so baie verander en “aangepas”….het die bybel onlangs ook verander ?

Chris Ws ·

Goed gese Ben!Stem 100% met jou siening saam.En vir PLAASJAPIE wil ek net dit se: Die bybel is oor baie jare hee met elke vertaling verdraai.As mens na die oorspronklike Hebreeus se bybel kyk dan is daar al ‘n reuse verskil tot en met die huidige vertaling.Vertalers is nie altyd Christene nie en Satan gebruik hulle juis om die Woord te verdraai!

Ignatius Erasmus ·

Ek dink die jafel was bitter slim, dit was nou ń netjiese besigheids foefie. Ek weet verseker waar ek moet inboek as ek weer in daai geweste kom. Ek hou van sulke tipe gastehuise.

Wanda ·

Ek weet waar ek vir my volgende vakansie gaan ! Slade kan my plek maar boek !!

jaco ·

ek het self n gastehuis bedryf. ek weet watter gesukkel dit is om betalings te kry vir besprekings wat deur staatsdepartemente gemaak word. Dit neem of tussen 6 maande en n jaar, OF dit word eenvoudig nooit betaal nie. na die soveelste slegte ervaring het ek die betaling slegs gekry nadat ek n DA-parlementslid gevra het om die betrokke staatsdepartement warm te maak om te betaal. My reel was deurgaans om besprekings deur staatsamptenare net te aanvaar as hulle kontant betaal het. Ek het egter nooit ras as oorweging gebruik om nie staatsamptenare as gaste toe te laat nie.

zelda ·

Ek dink ook dis sy reg wie hy in sy gaste huis wil laat bly as die gaste huis deel is van sy huis dan beskerm hy net wat syne is en dis tog sy veilige hawe waar hy en sy gesin elke dag bly.Dink nou net as hy elke Jan en sy trawante toe te laat om sy drumpel deur te loop dan stel hy sy familie se lewe in gevaar. Ek verstaan nie hoekom die wit en die swart met mekaar baklei nie apartheid is al dekades verby, ek weet nie wat in die apartheids jare gebeur het nie en wil ook nie weet nie want dit klink nie lekker nie,ek was n tjokkertjie gewees,so dis nie net die die swart mens wat seer het nie ons wittes het ook mens verloor en wat van die kleurlinge en indiers en ander rasse,as ons mensdom so gaan aan hou om klippe te gooi dan kan ons SUID AFRIKANERS maar vergeet om voorentoe te gaan en om die land op te bou.Daar is van die GOVERNMENT wat inkel geval die van die mense steel soos die plase en en en maar daar word niks aan dit gedoen nie.

Drikusd ·

Ek stem nie saam met die gastehuis se uitlatings nie. Wil egter net sê dat instellings soos die Swart Sakekamer by implikasie dieselfde soort diskriminasie toepas t.o.v. lidmaatskap.

C ·

So, as een van my swart kolegas by my oor die naweek wil kom braai en ek laat hul mooi verstaan dat ek my eie vriende het en saam met hul wil braai nie gaan die LUR my kom besoek en sommer straf ook oor die keuses wat ek in die lewe maak en my dwing om met my swart kolegas saam te kuier. Is gastehuise nou staats eiendom, en is dit die LUR se besluit oor wie daar mag oornag en wie nie? Ek sou ook mense weg wys wat hulself nie kan gedra nie, selfs al is hul wit, dit bly nogsteeds Slade se private eiendom.

Peet J ·

Mnr. Slade jy is volkome reg die Torah is die Woord van die Almagtige God en die mens moet dit eerbiedig en onderhou. Jammer om te sê die Christelike geloof is grootliks uit die nuwe Testament en deur die Katolieke Kerk ge-implimenteer.

plaasjapie ·

Chris Ws..stem saam met jou oor die bybel wat met die tyd al so verdraai is. Hoe ouer vertaling mens kan kry, hoe beter. Die punt wat ek egter wou maak is….baie mense se sienswyses, veral in ons land, het darem al baie meer verander as wat die bybel verander het in die afgelope paar jare, terwyl die nuwe sieninge gestaaf word met die bybel. Hoop jy my punt insien.
Vir Slade….sterkte met die klomp wat moontlik jou gaan kom pla vandag…staan sterk en daar is van ons mense wat net soos jy voel….wat ek glo reg is !

E.K. ·

Ek glo die plek gaan nou BAIE meer gaste kry – ‘n sekere kleur natuurlik.

Neptunis ·

Ek stem volkome saam dat Mnr. Slade ten volle geregtig is om sekere mense te verbied op grond van slegte vorige ervarings en gevolglike verlies aan inkomste. Dit kan nie betwyfel word nie, veral as hy dit as n’ besigheids man kon bewys. Niemand kan hom dan wetlik verkwalik nie. Ongelukkig vir hom was hy nie baie slim met sy opmerkings oor die Bybel nie. Daai informasie moes hy baie liewers vir homslef gehou het. Hy het nou net a lat vir sy eie alie gepluk. Hy is seker geregting om te glo wat hy will, maar praat nou van jou kop direk in n’ by nes steek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.