SOE blameer IT-werknemer vir webwerf-fout

Pres. Jacob Zuma Foto: digitlab.co.za

Pres. Jacob Zuma Foto: digitlab.co.za

ʼn IT-werknemer word blameer dat hy die spesialeondersoek-eenheid se verslag oor Nkandla as “afhandel” gemerk het, omdat hy glo ʼn e-pos verkeerd verstaan het.

“Die SOE voel erg verneder deur die vorige fout op die webwerf,” het Boy Ndala, woordvoerder van die eenheid, gesê. “Die hoof van die eenheid het eers laat Woensdagaand die fout ontdek en reggestel.”

Die parlement het Woensdag bevestig dat hy kommentaar van pres. Jacob Zuma oor die Openbare Beskermer se verslag oor veiligheidsopgraderings by sy privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal, ontvang het. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het Woensdag as die sperdatum gestel vir Zuma om op haar verslag te reageer.

Zuma het in sy reaksie aangedui dat drie staatsagentskappe, naamlik die Openbare Beskermer, die ministeriële taakspan en die SOE, die Nkandla-opgraderings ondersoek het. Hy het gesê hy sal ʼn omvattende verslag aan die parlement lewer sodra hy die verslag van die SOE ontvang het.

Ndala het Woensdag aan Sapa gesê sy eenheid se ondersoek duur voort en sal teen die einde van volgende maand afgehandel wees. Hy sê die stand van die ondersoek is verkeerdelik op die webwerf as “afgehandel” aangedui. Die SOE het Woensdagaand die stand van die verslag na “ondersoek duur voort” verander.

Ndala sê die eenheid het Donderdag ʼn interne ondersoek van stapel gestuur oor die fout. Hy het glo in Februarie vir een van die personeellede gesê dat die verslag nie op die webwerf vertoon nie. Die IT-departement het dieselfde dag nog die webwerf opdateer.

Ndala het op 26 Maart weer die departement versoek om die webwerf op te dateer, waarna dit as “afgehandel” aangedui is. “Die persoon het gesê hy het besluit om die verslag as ‘afgehandel’ aan te dui, aangesien hy die e-pos van die kommunikasie-afdeling interpreteer het dat die ondersoek in Januarie 2008 begin het en in Desember 2013 afgehandel is.”

Die webwerf is Woensdag in opdrag van Ndala verander. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jakes ·

Wens my werkgewer was so vergewend! MAAR professionele mense met karakter sal na so fatale “fout” die eerbare ding doen en bedank-DUIDELlK onbevoeg vir pos wat op skoot geval het.

Lanie ·

En gaan daar teen die betrokke persoon dissiplinere stappe geneem word ? Ek twyfel dit sterk !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.