SOE-hoof bedank

Vas Soni. Foto: eNuus

Vas Soni. Foto: eNuus

Die presidensie het bevestig dat pres. Jacob Zuma die bedanking van Vas Soni, hoof van die spesiale ondersoekeenheid, ontvang het.

“Dit is met spyt dat ek adv. Soni se bedanking aanvaar gegewe die goeie werk wat hy in ʼn kort tyd by die SOE gedoen het, maar ek verstaan die pynlike persoonlike omstandighede,” het Zuma in ‘n verklaring gesê. “Adv. Soni het die SOE in ‘n effektiewe instrument verander in die stryd teen wanadministrasie en korrupsie gegewe sy indrukwekkende omkeertyd met ondersoeke.”

Soni het om persoonlike redes bedank weens die swak gesondheid van sy vrou, Anitha. “Ons wens hom en sy vrou sterkte toe gedurende hierdie moeilike tydperk, “het Zuma gesê.

Soni het aan eNCA gesê hy het bedank sodat hy tyd saam met sy vrou kan spandeer. Soni het gesê sy werk was baie stresvol. “Ek dink dit was stresvol en dit is ‘n ernstige uitdaging … Ek het amper my hele loopbaan in die private sektor spandeer en het nie besef wat ‘n uitdaging dit is om in die openbare sektor te werk nie,” het hy aan die uitsaaier gesê.

Soni het aangedui dat hy weer in die private sektor sal werk. Soni is in September 2013 deur Zuma aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.