SOE-ondersoek kom dalk oor Winnie-museum

Winnie Madikizela-Mandela se huis in Brandfort (Foto: Heritage Portal)

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het aangedui dat hy moontlik die beweerde bedrog en wanbesteding van R3 miljoen, wat die nasionale departement van kuns en kultuur aan die Vrystaatse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning toegeken het om Winnie Madikizela-Mandela se huis in Brandfort in ʼn museum te omskep, sal ondersoek.

Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê hy verwelkom die “opregte belangstelling” van die SOE om ondersoek in te stel. Die party het op 12 April die SOE skriftelik versoek om die bewerings te ondersoek, het Patricia Kopane, leier van die DA in die Vrystaat, gesê.

“Ek het Vrydag, 13 April, met die Bulumko Stemele, provinsiale hoof van die SOE in die Vrystaat, vergader. Hy het ontvangs erken van die DA se klag en die proses verduidelik wat moet volg om te bepaal of die saak binne die SOE se mandaat val. Hy is vol vertroue dat dit wel die geval is en het homself daartoe verbind om binne sewe dae terugvoer te gee aan die DA,” het sy gesê.

“Meer as R11 miljoen is oor die afgelope dekade deur die provinsiale en nasionale departemente van kuns en kultuur begroot en R3 miljoen hiervan is aangedui as uitgawes tot op datum. Dit is volgens terugvoer wat van die openbare beskermer ontvang is. Niks kan egter gewys word vir dié uitgawes nie.”

Kopane het gesê die DA sal die departement aanspreeklik hou ter ere van Madikizela-Mandela en die inwoners van Brandfort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tokkolos ·

Wat wil hul hier doen met my tax geld goue krane insit Verstaan ek verkeerd wat wil hul met so baie geld maak Is n museum nie iets wat jy net so hou soos dit is nie. Sy het mos n nice mansion gehad in jhb Weet hul hvl huise kan hul vir arm mense bou met daai geld wat hul nouweer vat van my en jou tax geld Regtig

Peet Schabort ·

As ek reg onthou is dit dieselfde departement wat jare gelede my nie kon en wou antwoord oor die toestand van die Voortrekkermonument, Winburg.

Cobus ·

Sa geld word gedruk met voete en bene. Loop sel rond aangedien dit “verdwyn”….

E.K. die eerste ·

Dis duidelik sy het SELF nooit die plek netjies en in stand gehou nou moet ons belastinggeld doen wat nooit gedoen is nie.

Lynette Schultz ·

Monumente is nie deel van alle kulture nie. Dit is waarom monumente, nasionale gedenkwaardighede, ens. nie onderhou word in die nuwe SA nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.