SOE-ondersoek na korrupsie in Limpopo word verwelkom

Argieffoto

Die VF Plus verwelkom die ondersoek van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) na korrupsie in Limpopo.

Die SOE het vandag op die kantore van Lepelle Noordelike Waterraad toegeslaan en op dokumente beslag gelê wat glo dui op miljarde rand se beweerde tenderbedrog met die groot infrastruktuurprojek in en om Giyani.

Marcelle Maritz, provinsiale leier van die VF Plus in Limpopo, het gesê die projek van R3,5 miljard was bedoel om water aan Giyani en omliggende dorpe te lewer, maar die afgelope agt jaar is daar dorpe rondom Giyani wat geen skoon drinkwater het nie.

Die projek is van die begin gekenmerk deur korrupsie en onreëlmatige uitgawes.

“Hierdie projek is net een van vele in Limpopo wat dui op die ANC-regering se onbevoegdheid om selfs net basiese dienste aan sy inwoners te lewer. Die VF Plus sal voortgaan om te veg teen korrupsie tot voordeel van al die inwoners van Limpopo.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

wilma ·

Ek wag vir die dag wanneer ons berigte lees waarin gemeld word van al die verdwene miljarde wat verhaal is en die skuldiges aan die pen ry. Sal seker nie in my leeftyd gebeur nie, indien ooit!

Leon ·

Ek wag vir die dag wat hulle sê hulle het x miljard terug gekry. Help nog niks as die skuldiges aan die pen ry nie want hulle gaan ons nog meer kos as hulle in die tronk sit. “Pay back the money”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.