SOE sukkel oor geld

Foto ter illustrasie. (Foto: Josh Appel/Unsplash)

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE), wat die afgelope tyd talle ondersoeke na veral Covid-19-verwante tender-onreëlmatighede ondersoek het, werk onder al hoe groter finansiële druk. Van die eenheid se opspraakwekkendste ondersoeke is die ondersoek na die Digital Vibes-kontrak van R150 miljoen by die departement van gesondheid.

Die eenheid is glo in só ʼn benarde finansiële posisie dat dit selfs sy vermoë om gekwalifiseerde ondersoekbeamptes aan te stel, bemoeilik.

Die SOE se geldprobleme spruit glo hoofsaaklik uit die enorme bedrae geld wat aan hom verskuldig is, maar nie deur munisipaliteite en provinsiale regerings betaal word nie.

Plaaslike owerhede skuld die SOE nagenoeg R619 miljoen.

Jaco Mulder, die VF Plus se woordvoerder oor justisie en korrektiewe dienste, sê ʼn verslag wat vandeesweek in die parlement bekend gemaak is, het gewys dat die SOE se totale inkomste vir die 2020‑’21‑ finansiële jaar R756 miljoen is.

“Die wanbetaling van munisipaliteite landwyd verlam egter die eenheid se vermoë om die groot aantal korrupsiesake by staatsdepartement te ondersoek,” sê Mulder.

Ingevolge die SOE se huidige finansieringsmodel ontvang hy slegs 46% van sy begroting van die departement van justisie en korrektiewe dienste. Die res kom van departemente wat geld deur die SOE se ondersoeke herwin. Hierdie departemente versuim egter om die SOE te betaal.

Volgens Mulder kan die SOE net bekostig om 532 werknemers in diens te neem, hoewel daar 630 goedgekeurde poste in die eenheid bestaan.

Die eenheid is glo in gesprek met die nasionale tesourie om ʼn alternatiewe befondsingsmodel te ondersoek wat hom finansieel selfstandig sal maak.

“Die swak en onverantwoordbare plaaslike regerings wat al hoe meer in die skuld gedompel word, belemmer dienslewering en ekonomiese groei in Suid-Afrika,” sê hy.

“Die land bevind hom by ʼn kruispad, terwyl wanbetalende owerhede dreig om Suid-Afrika heeltemal te destabiliseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Swerwer ·

Moenie huil en kla nie , jul werk mos vir die ANC, jul weet mos wat aan die gang is.

Baardman ·

Dink regtig nie jy weet mooi wat die SOE doen nie. Hulle werk juis om ongeruimdhede te ondersoek.

Swerwer ·

Weet presies wat hul doen. Ongelukkig moet geloofwaardigheid eers bewys word.

Baardman ·

Die feit dat Mkize en sy travante uitgevang is moet mos reeds as bewys dien, anders sou hulle dit mos onder die mat invee.

Tipper ·

Hulle lek hulle lippe af vir die pensioen fondse,moenie een oomblik dink alles is stil nie.

KlipRSA ·

EK dink die munisipaliteite versuim aspris sodat hulle nie verder kan aangaan met hulle ondersoeke nie

Hennie ·

Jip, die SOE werk te goed, soos die skerpioene destyds.. Alles wat werk, word opgeneuk of gestrem deur hul finansies in te kort! ANC pong…

Sarel ·

Onder wie en wstter Departement resorteer hulle
Die Ironie is dat dit Staatsinstellings wzt ander
Staatsinstellings gekd skuld en die Sentrale Regering doen niks om die toestand te verbeter nie.

Willem Wikkelspies ·

Nou hier is mos ‘n fantastiese geleentheid vir Jan Publiek om betrokke te raak. Wat van ons stig ‘n fonds wat spesifiek dié SOE befonds met ‘donasies’! As ek donasies aan so ‘n fonds gee, dan het dit mos ‘n belasting voordeel vir my PLUS dit stu die arm van die gereg wat weer die staatskas se plundery hok sit.

.. ‘n wen – wen situasie ..

Kom Solidariteit of Afriforum, bring vir ons iets op die been hier asb!

JM ·

Die tyd was nog nooit so reg soos nou nie, dat die ANC-regering VERDWYN! Die land kan waaragtig nie langer op hierdie trant aangaan nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.