SOE verslag ‘gebrekkig, ongegrond’ – Mkhize

Dr. Zweli Mkhize. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Zweli Mkhize glo die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek na die omstrede kontrak tussen Digital Vibes en sy voormalige departement, het onbillik geskied. Mkhize hou ook vol dat die SOE se verslag waarin hy nou geïmpliseer word, “gebrekkig en ongegrond” is.

Nietemin het hy besluit om as minister van gesondheid te bedank “om sekerheid en stabiliteit in hierdie belangrike portefeulje te bring,” lui sy bedankingsbrief aan pres. Cyril Ramaphosa.

Die nou voormalige minister het Donderdag bedank, enkele ure voordat Ramaphosa verskeie skuiwe in sy kabinet aangekondig het. Dr. Joe Phaala is in Mhize se plek aangestel.

Mkhize stel dit egter in sy bedankingsbrief duidelik dat hy nie die saak daar gaan laat nie en sê hy gaan ’n aansoek by die hooggeregshof indien om die SOE se verslag te laat hersien.

“Meneer die president, dit is ongelukkig duidelik dat die SOE met ’n voorafbepaalde uitkoms en geslote gemoed gewerk het in die ondersoek,” lui Mkhize se bedankingsbrief aan Ramaphosa.

Mkhize beskuldig die SOE onder meer daarvan dat die eenheid tydens sy ondersoek reeds tot gevolgtrekkings gekom nog voordat Mkhize se kant van die storie aangehoor is.

“Ek is van mening dat dit belangrik is dat ’n hof ’n onafhanklike gevolgtrekking maak rakende die wettigheid van die ondersoekproses en die gevolgtrekkings en bevindings wat gemaak is.

“Die optrede en gevolgtrekkings van die SOE kan nie geïgnoreer word of onveranderd gelaat word nie.”

In ’n beëdigde verklaring, wat Maroela Media onder oë gehad het, sê die SOE dat Mkhize en sy seun, Dedani, glo voordeel getrek het uit die omstrede R150 miljoen-kontrak wat die nasionale departement van gesondheid aan Digital Vibes vir kommunikasiewerk toegeken het.

Die VF Plus meen Mkize het ná volgehoue druk besluit om eerder te bedank voor die vernedering om deur die president afgedank te word.

Philip van Staden, die VF Plus se woordvoerder oor gesondheid, sê dié party sal egter nie toelaat dat Mkhize se bedanking hom vrystel van vervolging nie.

“Deur die korrupte daad waarby Mkhize betrek word, is geld wat vir die bekamping van die virus bedoel is, gesteel. Dit kon daartoe bygedra het dat gesondheidswerkers en staatshospitale verlede jaar met die uitbreek van die pandemie sonder voldoende mediese toerusting en beskermde kleredrag gelaat is.

Dit het op sy beurt lewensverlies onder gesondheidswerkers en pasiënte tot gevolg gehad. Hieroor moet rekenskap gedoen word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Baardman ·

Almal spin dieselfde storie. Onskuldig, en die ondersoek is altyd verkeerd, dan die hofsaak, dan die appél, dan konstitusionele hof, dan kat en muis, dan ………

Persheks Adri ·

Jy’t vooraf geweet wat aangaan so los jou stories! Ek gaan nie eers sê dis ‘n skuldige gewete nie, want duidelik bestaan dit nie by julle nie

SjN ·

En die maan is van kaas gemaak………………..hoop jy kan die teendeel bewys anders moet jy maar vir jou kry.

Keith ·

Such a pity he “resigned” , more like he was “told” to resign. Now we will never know if Squirrel ever intended to fire him. Aai the ANC are darem ‘n klomp skelms.

Bertie ·

Die kaders is altyd onskuldig. Dis altyd die hele wêreld, behalwe hulself, wat skuldig is. Is al so keelvol dat hulle altyd slagoffer speel.

Wielspore ·

My pa het altyd verwys na ‘n eenman vertoning wanneer ‘n persoon weet hy is skuldig en lewer allerhande ongegronde kommentaar om homself te verontskuldig. Wel, na my mening is Zweli Mkhize besig met ‘n eenman vertoning.

Kokerboom ·

Dis ALTYD skreeuend ironies dat die gierige kaders grootskaals blatant onreg pleeg en dan ALTYD skuld ontken!! Die woorde/begrippe eerlikheid en integriteit bestaan eenvoudig NIE in ANC verwysingsraamwerk. Dis westerse konsepte. Dis om van siek te word. Daar bou ‘n magtelose woede op in Jan Alleman !!!

Persheks Adri ·

Dink nie eers hulle verstaan wat eerlikheid en integriteit beteken nie! Ons woordeskat is eenvoudig te groot vir hulle om te verstaan…

marius ·

Gebrek aan grys stof tussen die ore is die grootste probleem .

Michal ·

jy is so gaaf om te bedank, geniet die tax payer se geld daar by vibes en geniet ook jou nuwe redeployment posisie

Strandloper ·

Mkhize se kant van die storie moet wees ek is mans genoeg om te erken ek is n dief!

Casper ·

As jy dan so onskuldig is meneer minister hoekom het jy bedank of is jy aangesê om te bedank.Daai land Cruiser moet maar terug gegee word maar ek glo jou seun het ‘n Mercedes om mee te ry of dalk ‘n fiets.

MakersMark ·

Dis waar die blm denkwyse vandaan kom. Maak soos jy wil tot die nagevolge kom dan is hul die slagoffer van rassisme, beswadderings veldtogte, ontegverdige prosedures ens. Siek daarvoor.

Nico ·

Graag wil ek net weet, is Mkize se doktergraad werklik, die nuut aangestelde minister van gesondheid werklik ‘n graad in medies.

Tubac ·

Vat jou hoed,kierrie en koerant en gaan geniet jou maklik verdiende geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.