‘Soek beter rede as rasse-integrasie vir LLB-graadprobleem’

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ernstige bedenkinge oor die aanname dat té min transformasie een van die redes is waarom LLB-graadkursusse aan sekere universiteite die gevaar loop om hul akkreditasie te verloor.

Die Noordwes-Universiteit, die Walter Sisulu-Universiteit, Unisa en die Universiteit van die Vrystaat kan moontlik hul LLB-akkreditasie verloor as dié universiteite nie voor Oktober hul akademiese programme wysig nie, het die raad op hoër onderwys onlangs gewaarsku.

Dít volg nadat die raad in 2016 die LLB-kwalifikasies van universiteite landswyd hersien het met die oog op die verhoging van die gehalte van regsopleiding in die land.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, meen ’n gebrek aan integrasie tussen studente van verskeie rassegroepe in die LLB-program is een van die redes waarom die NWU se regsgraad in gedrang is.

“Dit is belaglik om aan te voer dat ’n gebrek aan rasse-integrasie tussen studente een van die redes is waarom die NWU se akkreditasie in gedrang is. Hoe kan integrasie die gehalte van onderrig bepaal? Moet daar nie eerder na die inhoud van programme en die gehalte van dosente gekyk word nie,” het Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gesê.

Volgens Bailey is dit ook verregaande om aan te voer dat rasse-integrasie ’n voorwaarde moet wees om bekwame regslui te lewer. “Is ’n advokaat of prokureur byvoorbeeld dan nie by magte of bevoeg om sy Chinese kliënt te verteenwoordig omdat hulle nie aan rasse-integrasie blootgestel was nie?”

Sy meen AfriForum wil ook weet of die raad op hoër onderwys behoorlik navorsing in die werkplek gedoen het om vas te stel of die gehalte van LLB-studente wat ander instellings aflewer, bo verdenking en op standaard is.

Olivia Mokgatle, hoof van die raad se afdeling wat nasionale standaarde hersien, het nie gesê op grond waarvan die vier universiteite moontlik hul akkreditasie kan verloor nie, maar het wel genoem dat die instellings as deel van die hersieningsproses ʼn vraelys moet invul wat deur ʼn paneel van die raad ondersoek word. Sy meen indien die raad nie tevrede is met dié vorderingsverslae in Oktober nie, hy nie sal huiwer om akkreditasie terug te trek nie.

Luidens mediaberigte het dr. Theuns Eloff, voormalige visekanselier van die NWU, gesê die raad kyk gewoonlik na die aantal nagraadse kwalifikasies wat personeel aan die fakulteit het, die verhouding van studente teenoor dosente en die navorsingsuitsette van personeel.

Daniël Laäs, ʼn prokureur van die regsfirma Laäs Doman Ingelyf in Waterkloof, Pretoria, het gesê die instansie waar regstudente hul studies voltooi, is belangrik, maar nie die enigste kriterium wat in die aanstelling van kandidaatprokureurs oorweeg word nie.

“Hoewel ons gevind het dat klerke van sekere universiteite wel beter resultate lewer en meer praktiese kennis het, kyk ons firma steeds na die instansie waar studente hul kwalifikasie verwerf het sowel as na individuele vaardighede én kennis.”

Johanette Rheeder, ʼn advokaat van Johanette Rheeder Ing., sê haar firma fokus op kandidate se akademiese rekord en hul bereidwilligheid om te leer en deel van ʼn span te wees.

“Omdat nuwe klerke geen werkservaring het nie, kyk ons na hul ywerigheid en die algemene indruk wat hulle maak tydens hul onderhoud. Ons fokus ook natuurlik op hul akademiese rekord, maar vind nie noodwendig dat spesifieke akademiese prestasies aan spesifieke instansies gekoppel kan word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

M'Lady ·

Dis nou professore wat so redeneer. Hulle het by die transformasie rympie vasgehaak. Dis nie agv te min transformasie nie, maar agv te veel transformasie wat alles in so n gemors is. Ek gee op.

andrea van vuren ·

M’Lady, dis die waarste waar woorde! Ek sê steeds die aanvoorwerk is ‘n jaar of twee gelede deur die Afrikaanse pers aangevoor. NWU is tans een van die ordentlikste, waardigste en akademies sterkste universiteite in die land. Hoekom stuur almal deesdae hul kinders daarheen? Integriteit. Net jammer oor die vise-rektor wat nou skielik uit sy skuilplek gekruip het om ‘n eier of twee te kom lê!

AL ·

Het daardie sogenaamde LLB raad ñ IK van ñ muskiet? Het ek April fool dag gemis dat dit nog moet kom?! Hahaha!
En ek is nie eens ñ regsgeleerde nie! Eish mama!

Danie ·

Hulle erken daar diep binne dat hulle ons nooit sal inhaal nie. Hulle het dit nou self die afgelope 30 jaar ondervind en is innerlik geskok. Nou moet ons uit. Hulle begin besef dat apartheid ‘n klein gedeelte van hulle probleem is. Hulle probeer nou na alle kante toe keer dat die innerlike besef nie in die openbaar uitkom nie. Dit is hoe die LLB graad se gehalte aan integrasie gekoppel word.

Riaan ·

Afriforum sê dit so goed. En ja transformasie is politiek en sê niks van die gehalte van die graad nie. Ek moedig almal aan om n maandelikse donasie aan Afriforum te maak – al is dit klein. Wie anders behartig nog ons belange?

JC ·

Presies Riaan, presies. En ook aan Akademia, ons eie privaat AFRIKAANSE universiteit.

Diana ·

Ag vlieg in jul glorie! My LLB was hard bekom, en ek WERK vi my geld. Jul wil als op ‘n skinkbord hê….vlieg!!

Diana ·

‘N LLB by Unisa is distance education….hoeveel interaksie tussen studente verwag jul nou eintlik…….??

Bekommerde ouer van LLB student ·

Ons was geskok oor die opskrifte asook artikels in die Raport die naweek. Dit het voorgekom of die genoemde universiteite onder die standard is. Dit was egter nie die geval nie – die standard is te hoog! My seun is besig met sy LLB, het vandag die skrywe gekry vanaf UFS via Varsity College – volgens die universiteit is hulle meegdeel dat daar te veel krediete is vir ‘n 4 jaar kursus, en dat dit aangepas moet word met minder kredietvakke. My seun het eers sy Inginieurswese kwalifikasie gedoen, nou LLB, met die oog om sy LLM by Harvard te doen. ‘n Jong kind se drome is aan skerwe oor ons regering se sub- standaarde – hy werk hard om punte van 85% +plus te behaal vir sy Harvard droom – wat gaan oorsese instellings se opinie wees oor LLB grade hierna ? Ek sal graag Webber Wentzel se opinie ook wil hoor – my seun wil bitter graag sy klerkskap daar doen – wat is hulle gevoel rondom die situasie? Dit is ‘n internasionale regsfirma en ek sal graag wil weet wat hulle hiervan dink en hoe dit hulle keurings op klerke gaan beinvloed

chris.l ·

lyk my die man het ok sy graad gekoop (dalk graad 3) om sulkke snsinnige twak kwyt te raak

Ruby ·

Die aanslag op Afrikaans (wit) kan deur ‘n blinde gesien word.

Alle wit dosente moet onttrek en by Akademia inskakel. Hulle word gebruik om die massas gehalte onderrig te gee.

Zach Coetzee ·

Na die NWU visi-kanselier se gebalanseerde kommentaar in ‘n stuk in Beeld van’n paar weke gelede, wys hy nou weer sy ware kleur. Sy eerste reaksie is dat ras en taal die probleem is. Lyk my dat die beter perspektief van onlangs dalkies deur iemand anders geskryf is om weer Afrikaanse studente te lok vroeg in die jaar! Lyk asof die prof maar ook teen homself beskerm moet word.

pietie ·

Die staat maak van alles waarby hy inmeng ‘n gemors. Het self ondervinding hoe die Raad vir Hoër Onderwys te werk gaan en dit dwing nie juis respek af nie. Prof Kgwade praat deur sy nek om transformasie het in te sleep.

John ·

Drastiese oorname, ooreenkomstig ekonomiese vergrype, word eintlik beoog. Hoewel die ANC kerm dat wit mense se koloniale doen en late hul ten diepste grief, wil hulle inspeel. Hoekom nie eie unieke geneties-deurspekte denkwyses verwesenlik en wegbly van wat hul so bitterlik grief nie. Hulle haat wit maar kla oor apart en wurm hul masochisties in en verkla hul geliefde vyand vir pyn en lyding. Wat sal ‘n regter bevind? Hoekom nie eie universiteite ens ens uitbou nie, maar nee. Dit lyk eerder na parasitisme vir eie gewin… ‘n Tragiese grap want die ANC en Gupta’s gryp na wit en Afrikaanse regslui (teen betaling nogal) om tot in die grondwethof te pleit en dit met hul glo so swak en verwerplike wit-gefundeerde regsopleiding. Politiek staan agter die deur… en die vuil toga steek uit…

Basson ·

Daar is baie dinge agter die skerms aan die gang by universiteite, ongelyke en onbillike behandeling van universiteite teenoor wit studente wie wel toegelaat word (geen vergunning / redelike gesprekvoering moontlik) terwyl ander studente met baie meer buigbaarheid hanteer word, ens ens.
Myns insiens word studente ook soms met opset gedruip (op arbitrere wyses!) net sodat uni’s meer geld kan kry?

Finale jaar ·

Die enigeste plek oor waar die regering nog nie geraak het nie is op die regstelsel en as hulle dit reg kry is ons land eerlik waar verlore. 80% van die studente in eerste jaar was ander kleurig. Nou in 4de jaar is 10% as dit soveel is. Die probleem het niks met rasse te doen nie… nie alles word gegee in hierdie lewe nie en die gewoonte dat alles gratis is is belaglik.

dirk L ·

Dit is tipies. Akademia kan daaraan dink om privaathospitale te nader vir mediese opleiding op breer vlak, regsfirmas, privaat ingenieurs maatskappye vir voornemende ingenieurs, ens. Ek hoop dit gebeur gou. Ek is oortuig akademiese personeel by universiteite is raadop en sal dit verwelkom as daar beter en regverdige opsies vir hulle is.

LLB Unisa Student ·

Ek kan dit nie glo nie ek is besig met my laaste 4 vakke in LLB by Unisa. In die jare wat ek daar geleer het kan ek met alle eerlikheid sê moet daar regtig gekyk word na die dosente se passie om studente te help. Ek het een dosent gehad wat regtig uit haar pad gegaan het om my in `n krisis tyd te help verder het die ander dosent tydens hierdie tyd homself nie eers verwerdig om te sê vlieg in jou glory nie. Onbeantwoorde epos navrae oor die werk, boodskappe wat gelos word op antwoordmasjiene wat steeds onbeantwoord is. Nee wat rasse integrasie het bogorol te doen met jou LLB graad. Dit is amazing. Nee dink regtig ek gaan maar vir my werk soek in `n ander land hierdie land raak nou belaglik wat gaan daar eendag vir my kinders wees. Basson ja ek kan getuig ek is seker in my een vak het hul my met opset gedruip want ek bly ook daar terugvoering vra maar geen reaksie, Unisa studente sukkel verskriklik om by enige dosent (daar is uitsonderings my geval een) enige tipe interaksie te kry. Glo my dit is `n helse “challenge” om net met `n boek te sit en nie alles met `n lepeltjie gevoer te word nie.

Jan maak n Plan ·

Hoe gouer studente by die huis kan bly en hulle klas in sy eie taal oor die internet kan bywoon, hoe gouer sal al die probleme verby wees.

Sny af wat pla ·

Die akademiese standaard op die Potchefstroom – kampus is 100%. Ons sit egter met die Mafikeng – kampus waar dit nie noodwendig die geval is nie. Die studente en dosente is nie noodwendig op standaard nie, en omdat dit bloot te duur is om die kampus af te sny as ‘n onafhanklike Universiteit, moet die NWU nou hierdie kampus inlyn kry met Potchefstroom – kampus. Ek is regtig jammer dit moes so ver gaan dat die NWU nou in gedrag is, hoewel, die vrot kolletjie maar klein is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.