Soektog by skool lei tot daggaplantasie

Die polisie verwyder daggaplante. Foto: Verskaf

ʼn Polisiesoektog by ʼn Oos-Kaapse hoërskool het onverwags tot die ontdekking van ʼn daggaplantasie gelei.

Kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die polisie het Dinsdag ʼn soektog by ʼn hoërskool in Mgqukwebe naby Lady Grey uitgevoer en dagga in sommige van die leerders se besit gevind.

“Tydens ʼn ondersoek het die polisie inligting ontvang dat die dagga by ʼn nabygeleë spaza-winkel gekoop word. Die polisie het gaan ondersoek instel en gesien dagga word naby die winkel gekweek,” het Mdleleni gesê.

Twee verdagtes, onderskeidelik 40 en 71 jaar oud, is op die toneel in hegtenis geneem.

Hulle moet binnekort in die Lady Grey-landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dagga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Niccy ·

Los hulle – dit maak hulle sterk en slim!!!!!!!
Sal in elk geval nie veel beboet word nie. Dit is mos vir gesondheids gebruik.

Onversoenbare kulture ·

Vandat die ANC oorgevat het het dagga en dwelms die skole ingevaar. Ons en die ANC aanhangers is nie versoenbaar nie en sal nooit wees nie, nie oor basiese waardes of enigiets nie. Ons moet skei, of onderhandel vir selfbeskikking of vlug uit die land.

Schalk ·

Ek sal daai paar bossies agter op daai bakkie beswaarlik n plantasie noem.

Gemaskerde Sopbeen ·

Schalk? Daai is nie die plantasie nie………dis net die polisiemanne se “cut”…

SjN ·

Dit is slegs n sample wat gebruik gaan word vir die klag en dan gaan die bewys verdwyn.

CJ ·

Ek wonder net waaroor ons almal so lekker gaan skryf en kommentaar lewer as daar nie sulke simpel goed in ons land gebeur nie …

Neels ·

Wel, die skoolfonds moet op een of ander manier aangevul word? So word die las op die belastingbetaler se sak mos ligter of hoe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.