Die soektog duur voort na vyf gevaarlike gevangenes wat tussen die Tembisa-landdroshof en Modderbee-gevangenis aan die Oos-Rand ontsnap het.
Muzi Sambula, Alex Maake, Sipho Edwin Mzimba, Sipho Mpostoli Mthethwa en Mkhulu Ndlovu het Maandag deur die dak van ʼn vragmotor ontsnap nadat hulle in die hof verskyn het,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “ʼn Lid van die publiek het die polisie, wat hulle vervoer het, in kennis gestel dat daar ʼn probleem agter in die vragmotor is.”
Een van die gevangenes is bo-op die vragmotor aangetref. Volgens Dlamini is dit nog nie duidelik watter voorwerp die mans gebruik het om die dak oop te maak nie. “Die ontsnapte gevangenes word as gevaarlik beskou en hulle het vir gewelddadige misdade soos gewapende roof, moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, sakeroof en kaping in die hof verskyn,” het hy gesê.
Hy versoek enigiemand met meer inligting om met die polisie in verbinding te tree. Hy het gewaarsku dat die publiek nie die ontsnaptes moet konfronteer nie, aangesien hulle moontlik gewapen kan wees en gewelddadig is. -SAPA
Nou hoe lyk die mans?
Hahaha – mooi gestel!
Eerstens waar kry hulle iets om die dak op te maak 2de as hulle gewapen is wie het dit aan hulle voorsien ek ruik n groot rot onder die tafel .kan nie self bepanning wees hulp is aan hulle gegee
Alet, money talks !!!
Ooi dit staan duidelik “hulp”. Hoe onstsnap iemand deur n vangwa se dak “sonder hulp” wat gaan aan by die hof? Waar was die sogenaamde sapd lede wat moet toesien dat hul “sonder drama” in die hof moet verskyn! Ja wel ! Knap gedaan! Is sulke sapd lede wat ander opregte eerlike polisie man/dames laat “sleg” lyk!
Komaan SA……………..! “Saam as n span”. Wonder!