Soektog duur voort na ontsnaptes

Argieffoto

Die polisie in Witpoort buite Lephalale (Ellisras) het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na drie verhoorafwagtendes wat Donderdag uit polisie-aanhoudingselle ontsnap het.

Volgens die voorlopige ondersoek het die drie mans die dak van die oefeningkamer oopgesny en daardeur ontsnap.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die ontsnaptes is uitgeken as Jeremiah Mochongo (34), Lovemore Onward Morera (35) en Innocent Khumalo (43). “Die drie mans is almal van Mosambiek en is in hegtenis geneem op aanklag van moord.”

Enigiemand met inligting oor waar die mans hulself bevind kan ao Pitso Radipabe kontak by 082 414 2279.

“Die omstandighede rondom die ontsnapping word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pensioenaris ·

H oe de m…r, waar kry hulle iets om die dak mee oop te sny? En dit moorenaars, waar is hulle boeie?

C ·

Ellisras is letterlik die enigste plek waar almal ontsnap!!!! Keer op keer!!!! Pateties!!!!!

Gert J ·

KLINK BAIE VERDAG. HOE LOS HULLE MOORDENAARS ONBEWAAK???? IS DIE BLIKSKER NIE DALK OOK VIR HULLE GEGEE NIE SAAM MET N LEER?????? KLINK SEKERE FROEP POLISIE STASIE HET N PROBLEEM.

Ellisras ·

Ellisras is bekend/berug dat mense maklik ontsnap. Of daar hulp is van binne is kan ons net wonder. Maar dit is onmoontlik dat dit so gereeld kan gebeur.

George ·

“oefeningkamer”???? Kan jy jou voorstel is dit ‘n tronk of ‘n vyfsterhotel?

Wilma ·

Asb verwyder woord ontsnap. Hul us hul vryheid gegee seker vir n paar rand

Gert van Wierdapark ·

Stem saam tov sogenaamde Ont-snap! Lyk my as jy vandag gevang word, kry party “gelukkiges” in ruil ‘n “Get out of Jail free” kaartjie soos in Monopoly!!??

Susan ·

Ek sê weer gaan soek hulle by Nkandla
Ek sien my eerste komnentaar is nie geplaas nie

willem Botha ·

Die polisie is useless en moet ontbind word daar is sekuriteit maatskappye wat hulle werk kan oorval en 100% beter sal wees,jaag die klomp weg hulle mors ons belasting geld.

George in Bloem ·

Is enige beampte al gearresteer? Ek gaan liewers nie my asem ophou nie……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.