Soektog duur voort ná tienjarige Limpopo-meisie

Reneilwe Makomoto. Foto: Verskaf

Reneilwe Makomoto. Foto: Verskaf

Die tienjarige meisie van Limpopo wat Dinsdag spoorloos verdwyn het, is nog nie gevind nie.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdagoggend gesê die soektog na Reneilwe Makomoto is hervat met al die rolspelers, waaronder die polisie se honde- en soek-en-reddings-eenheid asook lede van die gemeenskap.

Maroela Media het vroeër berig Reneilwe het Dinsdag spoorloos verdwyn in ʼn dorp naby die plek waar ʼn ontvoerde seun, Hluvuko Design Vukeya (7), se liggaam vroeër dieselfde dag in ʼn beesdipsloot gevind is.

Morebeng is sowat 50 km van die Olifantshoek-nedersetting, wes van Giyani, waar Hluvuko se liggaam gevind is. Hy is Sondag omstreeks 15:00 in Olifantshoek ontvoer terwyl hy saam met maatjies gespeel het. ʼn Rooi motor het na bewering in die straat stilgehou en die bestuurder het die seun gevra om in die motor te klim, waarna hy met hom weggery het. Sy liggaam is Dinsdag in ʼn beesdipsloot in die omgewing gevind, waar hy in die water gedryf het.

Niemand is nog in verband met sy moord in hegtenis geneem nie.

Reneilwe is Dinsdag om 14:00 vir die laaste keer in Capricornpark in Morebeng gesien waar sy saam met haar maats gespeel het. Sy het aan hulle gesê sy gaan huis toe, maar het nooit daar opgedaag nie.

Mense met inligting en wat weet waar Reneilwe haar mag bevind, word versoek om ao. Mokgolobotho by 082 595 6193 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Savethetigerplz ·

Nog ‘n kind wat verdwyn. Kommerwekkend. Ek hoop hulle vind haar gou en nog lewendig

m ·

Scary wat hier aangaan. Daar is n baie siek mens wat baie gou gevang moet word voor nog kinders verdwyn……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.