Soektog duur voort na vermiste Paternoster-vissermanne

NSRI Mykonos Gemini-reddingsboot Foto: NSRI

NSRI Mykonos Gemini-reddingsboot Foto: NSRI

ʼn Soektog duur voort na twee vissermanne wat Maandag in Paternoster in die Wes-Kaap in die see verdwyn het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Dinsdag gesê.

“Die twee plaaslike vissermanne het Maandagmiddag in hul boot op die see uitgegaan om te gaan visvang,” het Craig Lambinon, woordvoerder vir die NSRI, in ʼn verklaring gesê. “Die laaste kontak wat iemand met hulle gehad het was Maandagmiddag om 18:00.”

Toe hulle om 19:30 nog nie teruggekeer het nie, is die mans as vermis aangemeld.

ʼn Soektog het nog nie enigiets opgelewer nie.

Die mans se boot en een van drie lewensreddingsbaadjies het Dinsdag uitgespoel. “Dit beteken dat die mans moontlik die ander twee lewensreddingsbaadjies aan het,” het Lambinon gesê.

Die NSRI, ʼn helikopter van die SA Lugmag, Telkom-maritieme radiodiens, Maritieme reddingskoördinasiesentrum, en die Transnet Nasionale Hawe-owerheid neem almal deel aan die soektog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.