Soektog duur voort na vermiste tieners

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Awian van Schalkwyk en Kim Swarts

Die soektog na twee tieners van Pretoria wat vermoedelik saam weggeloop het, duur voort en brei nou na ander provinsies uit.

Kim Swarts (15) en Awian van Schalkwyk (17) word sedert 7 April vermis.

Maroela Media verneem die soektog het na ander provinsies uitgebrei. Die Pink Ladies, ‘n organisasie wat hom toespits daarop om vermiste persone op te spoor, wou Donderdag nie verdere besonderhede aan Maroela Media verskaf nie, omdat dit moontlik die soektog kan benadeel.

Die organisasie het versoek dat die publiek foto’s van die tieners sal versprei in die hoop dat iemand hulle moontlik sal herken.

Van Schalkwyk se ouers het hom laas gesien toe hy op Sondag, 7 April, omstreeks 14:00 sy huis in Doringkloof, Centurion, op sy motorfiets verlaat het. Hy ry ʼn swart Honda CBR 125-motorfiets met die registrasienommer VFV 299 GP. Hy was glo op pad om by Swarts in Amandasig te gaan kuier. Hy het donkerbruin oë, swart hare en ʼn brandmerk op sy bors.

Swart is ook op 7 April laas by haar huis in Amandasig gesien nadat Van Schalkwyk haar opgelaai het. Sy het glo ‘n swart valhelm met wit kolletjies daarop. Sy het groenblou oë en lang, donkerblonde hare.

Enigiemand wat die tieners herken of weet waar hulle hulself bevind word versoek om dringend 084 485 6448 of 072 214 7439 te skakel.

Lees ook:
Nog steeds geen teken van vermiste tieners
Vermiste tieners steeds soek
Ma se boodskap aan vermiste tieners
Pretoria-tieners nog soek
Wenk ontvang oor PTA-paartjie wat glo saam wegloop
‘Vermiste’ kinders loop glo saam weg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Sterkte aan beide ouers. Wil myself nie indink waardeur die ouers gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.