Soektog duur voort na vermiste visserman

Soektog by Sondagsriviermond (Foto: SAPD)

ʼn Soektog duur voort na Jacques Schamrel (39) wat vermoedelik by Sondagsriviermond verdrink het, het die Oos-Kaapse polisie Donderdag gesê.

Kapt. Andre Beetge het gesê die Kinkelbos-polisie en ander nooddienste is Donderdagoggend in kennis gestel van ʼn moontlike verdrinking by Sondagsriviermond.

Ockert Erasmus (38) het berig sy vissersvriend, Schamrel, het verdwyn terwyl hulle visgevang het. Hy voer aan hulle was albei op ʼn klein vissersbootjie, wat in die middel van die riviermond geanker was, toe hy aan die slaap geraak het en Schamrel nog visgevang het.

“Toe hy om 06:00 wakker word, was Schamrel nie meer op die boot nie. Hy het sy vriend se klere op die kuslyn gewaar en met die boot uitgeroei. Hy het tussen die sandduine na sy vriend gesoek,” het Beetge verduidelik.

Erasmus het tevergeefs na Schamrel gesoek en uiteindelik sy vrou gebel wat op haar beurt die polisie ontbied het.

“Polisiereddingspanne was teen 14:00 nog besig om na mnr. Schamrel te soek, wat vermoedelik verdrink het,” het Beetge bygevoeg.

Enigiemand met inligting word versoek om die Kinkelbos-polisiestasie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

snoefie ·

hoekom sou hy wal toe geswem het, sy klere uitgetrek het en toe weer geswem het?

Simpatie ·

Jammer vir die wat deur hierdie trauma geraak is. My hartswêreld daardie. Baie baie sterkte.

Onnie ·

Enige mens kan mos sien hier is iets nie lekker nie. Hoop die polisie sien dit ook so…

Leser ·

Ek hoop die waarheid kom uit – en dat die waarheid nie is wat almal dink nie…

Outoppie ·

A young woman disappeared recently in the Cape, and her clothes were also found on the beach.
Do I detect a pattern developing here ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.