Soektog duur voort ná Welkom-egpaar beroof is

Argieffoto

Die polisie in Welkom in die Vrystaat is op soek na drie mans wat ʼn egpaar in hul huis beroof het.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 33-jarige man en sy vrou was Maandag omstreeks 10:30 in hul huis in Dagbreek, Welkom, toe twee gewapende mans skielik die huis betree het. “Die kombuisdeur het oopgestaan omdat ʼn tuinier op die erf gewerk het,” het hy verduidelik.

“Die twee mans het die egpaar met vuurwapens gedreig en kontant geëis terwyl ʼn derde verdagte wag gehou het by die deur. Een van die twee verdagtes het aan die man gesê hy moet stilbly.”

Die egpaar is met skoenveters vasgebind en hulle is aangesê om op die grond te lê.

“Die inbrekers het met die bakkie se sleutel, twee selfone, ʼn wasmasjien, Samsung-plasmatelevisie, identiteitskaart, rybewys en Standard Bank-kaarte gevlug. Hulle het met die man se silwerkleurige Toyota Hilux-bakkie, registrasienommer FMR707FS weggery.”

Die waarde van die gesteelde eiendom beloop ongeveer R20 520 en die bakkie R150 000.

“Die verdagtes is nog steeds op vrye voet en inwoners word versoek om die polisie te help om hulle op te spoor,” het Thakeng bygevoeg. Enigiemand wat die bakkie opmerk, word versoek om die naaste polisiestasie te kontak of konst. Relebohile Molefe by 057 391 6804.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Valerie ·

Sommer so helder oordag, nie eers met “Dagbreek” nie. Verwaande klompie dié, huh?

Elsa ·

Nee kyk polisie en sekuriteite het werk omte doen…SIGBAARHEID..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.