Die polisie in Mpumalanga is op soek na 10 mans wat Maandag op twee juwelierswarewinkels in ʼn winkelsentrum in Nelspruit toegeslaan het.
Die tien mans het omstreeks 17:45 toegeslaan op Arthur Kaplan en Browns The Diamond Store by Riverside Mall.
“Volgens inligting was die mans gewapen en hulle het die personeel met vuurwapens aangehou,” het Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, gesê.
“Hulle het na bewering eers ʼn veiligheidsbeampte, naby aan die twee winkels, aangerand voor hulle ook personeellede van ʼn skoonheidswinkel in die omgewing voorgekeer en hulle van ʼn onbekende bedrag kontant en persoonlike besittings beroof het,” het Bhembe verduidelik. “Hulle het daarna gelyktydig op die twee winkels toegeslaan, die personeel met vuurwapens aangehou en ʼn verskeidenheid juwele gebuit.”
Die verdagtes het in drie voertuie van die toneel gevlug, ʼn silwerkleurige Volkswagen Jetta, ʼn wit Audi en ʼn blou Toyota Yaris. Die nommerplate is nie bekend nie. “Twee van die wegkomvoertuie, die VW Jetta en die Audi, is kort daarna verlate gevind langs die R40 in die omgewing van die Mpumalanga-rampbestuursentrum. Die voertuie is onlangs in KwaZulu-Natal gekaap.”
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie sal onverpoosd werk om die oortreders aan te keer. “Ons doen ook ʼn beroep op die gemeenskap om met die polisie saam te werk en enige inligting te verskaf wat die ondersoek kan aanhelp,” het Zuma gesê. Enigiemand met inligting kan die ao Boy Billa kontak by 082 221 8817.
Is daar geen kameras by die sentrums nie?
Joh 10.10 die vyand het gekom …..om wat te doen ????te moor te rROOF te slag en te steel. So kan mens wie is hulle vader maar Jesus het gekom dat julle kan lewe en lewe in oorvloed. Die rowers se end is die dood
as dit wit rowers was, was hulle al aangekeer.
Hierdie roof is met militere presiesie beplan – selfs nie een van die verskeie wegkom motors was `n Ford Kuga nie.
Maak besighede se deure toe , hou op met produksie en boerdery dat hierdie mergeling op ‘n einde gedryf word en klaarkry.