Soektog ná bejaarde pastoor verdwyn

Oubaas Jonas Mokau. Foto: Verskaf

Die polisie in Limpopo het saam met die gemeenskap ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn 75-jarige pastoor van Modimolle (Nylstroom) wat spoorloos verdwyn het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die pastoor, Oubaas Jonas Mokau van die One Body Church, is op 26 Desember om 10:00 vir die laaste keer gesien.

“Die bejaarde man is vir die laaste keer deur sy familie gesien toe hy sy huis verlaat het om vir sy suster in die Phahameng-nedersetting te gaan kuier. Hy het nooit by sy suster se huis opgedaag nie en daar is sedertdien geen spoor van hom nie,” het Ngoepe gesê.

Hy het ʼn swart broek met ʼn maroen langmouhemp en blou skoene aangehad toe hy die laaste keer gesien is.

Enigiemand met inligting wat die polisie in hul soektog kan bystaan, word versoek om konst. Criste de Lange by 078 813 3621 of 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.